Bedrogspul met goud kos SAID miljarde

(Argieffoto ter illustrasie Agnico-Eagle Mines Limited via Wikimedia Commons)

Die Suid-Afrikaanse Inkomstediens (SAID) het ʼn goud-bedrogspul van byna R28 miljard blootgelê waar munte en juwele onwettig tot goudstawe gesmelt is, wat dan in die buiteland verkoop is.

Tussen 2012 en 2020 het die swendelaars die regering uit miljarde rande geswendel deur die inkomstediens te bedrieg, het ʼn ondersoek van die amaBhungane Sentrum vir Ondersoekende Joernalistiek bevind.

In die bedrogspul het maatskappye onwettige goue munte, ou juwele en goudklonte van kleinskaalmyners in goudstawe vir uitvoer gesmelt.

Wanneer goud in Suid-Afrika verkoop word, moet belasting daarop betaal word, maar wanneer goud uitgevoer word, word dit nie belas nie.

Die maatskappye het dus vervalste fakture geskep waarin hulle beweer hulle het die belasting betaal, lui ʼn verslag oor die ondersoek. Wanneer die goud dan belastingvry uitgevoer is, het hulle fakture by die inkomstediens ingedien om miljarde rande in bedrieglike terugbetalings te eis.

Altesame 65 maatskappye word betrek. Net twee van hierdie maatskappye het in 2019 belastingterugbetalings van meer as R8 miljard teruggeëis.

“In daardie jaar het die skema glo bedrae behels wat gelykstaande is aan ʼn verstommende 70% van alle goud wat in 2019 wettig in Suid-Afrika gemyn is – en weereens as net die bedrywighede van dié twee rolspelers in ag geneem word.”

Die SAID het die sake nog nie in die openbaar bespreek nie, maar ondersoekers het die berig daaroor danksy hofrekords en ander dokumente saamgestel.

Die inkomstediens was eens een van die land se toppresterende agentskappe. Die Zondo-kommissie van ondersoek na staatskaping het egter verlede maand onthul hoe die SAID tydens oudpres. Jacob Zuma se termyn tussen 2009 en 2018 ineengestort het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

12 Kommentare

Nie Verbaas ·

So wat is nuut? Alles wat deur ANC en ander BEE kaders bestuur word is n gemors. Nou wat nou van die onwettige bedrywighede? Of gaan die geld ook nou maar as verlore afgeskryf word?

Kokerboom ·

Goeie werk AmaBhungane. Kan die name van maatskappye net bekendgemaak word..natuurlik na skuldigbevinding

Johann ·

Amper absurd om te dink dat so iets gebeur…en mense daarmee weg gejom het? Steeds gaan? Vraag bly soos met.al die bedrog en kapings en diefstal en en en. Wanneer word mense actually toegesluit, en hoe kry ons daai geld terug? Waarakeinlik om weer gevat te wors deur die bankrot ANC….

AW ·

Viva South African Democracy !!

Dit is maar nou net so omdat die meerderheid vir die ANC gestem het en bly vir hulle stem’ dat die minderheid maar aan die kort end sal trêk.

Anoniem ·

Aan wie behoort die maatskappye betrokke, wie is hulle aandeelhouers, direkteure, ouditeure, bankiers en uitvoer maatskappye? Kon niemand êrens in die kringloop fout bespeur het nie of is dit ‘n slangnes?

Renier ·

Sluit hulle almal toe. Neem beslag op bates sodat ANC ook kan eet. Sarkasme.

Hansie slim ·

Dink net hoeveel beter af hierdie land en sy mense kon gewees het, as … as.. as daar nie so baie bedrog was nie… Wanneer gaan hulle leer?… seker nooit!!

Mariana ·

Daar het niks tydens Zuma se presidentskap staande gebly nie. Daar is nie ‘n enkele departement wat nie vrot is van korrupsie nie. Maar hy word beskerm nadat hy ons land vernietig het. Hy en sy ANC en Guptas boeties moet boet vir wat hulle gedoen het.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.