Bedryfshoof van myngroep ernstig beseer in huisroof

Bert van den Bergh. (Foto: LinkedIn)

Pan African Resources se bedryfshoof is ernstig beseer tydens ʼn vermoedelik mislukte rooftog by sy huis in Johannesburg.

Die mynmaatskappy het gesê die rooftog het Sondagaand by Bert van den Bergh se huis plaasgevind.

“Pan African en sy werknemers wens Van den Bergh ʼn spoedige herstel toe en sal die mark op die hoogte hou van verdere verwikkelinge,” lui die verklaring.

“Die groep het die nodige planne ingestel vir al sy bedrywighede ten einde die kontinuïteit van die onderneming te verseker.”

Fin24 berig intussen Van den Bergh is tydens die rooftog geskiet en sterk in ʼn hospitaal aan. Sy toestand is glo bestendig.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.

3 Kommentare

jongste oudste gewildste
Misky

Moontlik meer agter die huisroof as mens dink aan die Richardsbaaise mynkaptein wat vermoor is. Sterkte en wens hom vinnige beterskap toe

AmY

Ai tog. Dis erg.
Hoop hy herstel gou.