Bedrywighede by SAL hervat

(Argieffoto)

Die Suid-Afrikaanse Lugdiens (SAL) het Vrydag bevestig al sy vlugte sal oor die naweek volgens ʼn skedule hervat word, nadat die lugdiens vroeër vandag ’n ooreenkoms met stakende vakbonde oor ʼn loonverhoging aangegaan het.

Dít volg nadat werkers van die SAL en sy tegniese afdeling, SAAT, sedert verlede Vrydag gestaak het – optrede wat die staatslugdiens nagenoeg R50 miljoen per dag gekos het.

Luidens ʼn verklaring sal dienste by die lugdiens vanaf Saterdag stelselmatig weer terug na normaal keer. Hoewel daar Saterdag nog sekere gekanselleerde binnelandse en streeksvlugte (vlugte na lande op die Afrika-kontinent) gaan wees, verwag die lugdiens om steeds dienste aan alle passasiers te bied.

Tlali Tlali, woordvoerder van die SAL, verduidelik in die verklaring enige passasiers wat alternatiewe verblyf benodig weens ʼn uitgestelde vlug of ʼn alternatiewe lugdiens moet gebruik, sal dienooreenkomstig gekontak word of op die lughawe van waar hulle vertrek gehelp word.

Volgens Tlali sal alle dienste teen Sondag herstel wees. Dit beteken dat die SAL oudergewoonte dienste in al drie sy netwerke sal bedryf: plaaslik, streeks en internasionaal.

“Ons is verheug om die normale skedules te hervat. Ek wil egter namens die SAL my opregte spyt uitspreek oor die ongerief wat ons lojale kliënte tydens hierdie nywerheidsdispuut ervaar het. Ons sal aanhou om die passasiers wat nog nie kon reis nie, so gou as moontlik te help om hul beoogde bestemming te bereik, ” sê Philip Saunders, die hoof‑ kommersiële beampte van die SAL.

Lees meer hier oor die ooreenkoms wat SAL en die vakbonde bereik het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

piper ·

wat word nou gedoen aan die vakbonde wat die lugdiens miljoene skade gekos het. loop hulle net weg van die toneel af. die vakbonde moet aanspreeklikheid aanvaar vir verliese

Kobus ·

Soos gewoonlik word hulle vergoed vir hulle staking. Hervat Vlugte???? Hoeveel passasiers is daar ?

Mikefg ·

So aangesien ek as belasting betaler vd bedrog spul betaal kry ek seker gratis vlugte vir my en my gesin. Maar dis ok die SAL het nou opdrag gegee dat daar meer geld deur die druk pers gaan sodat meer geld gedruk kan word en hulle meer geld kan kry- patetiese mindset vd mense

Jaco ·

As jy nog steeds hierdie lug redery vlieg moet dan nie kla. Daar is soveel ander beter, goedloper opsies

Callie van der Merwe ·

Jaco, met respek maar behalwe vir Airlink is SAL strate beter as die ander. Stem saam hulle is duur en eintlik moes hulle die lugdiens likwideer.

Pieter ·

Dit is hoe die siek ANC is gee vir hulle geld wat hulle nie het nie pravin is net soos sy broers dit is om dat die unies die ANC regeer en ons blankes is die domste belasting betalers in die werld

elsa ·

vakbonde moet afgeskaf of eerder ontbind word. Hulle sakke is vol geld en hul dreigemente gaan nie meer werk nie. Vakbonde het neie die laaste se nie , hul saai vrese en dit is wat hulle gaan terug OES Tyd vir.Kundigheid en bekwaamheid.

Ed ·

Ons werk aan vliegtuie, skil nie lemoene,, daar is nog technicians hier wat trots is op hulle werk

Vaalseun ·

Ed, verstaan ek reg, is ‘n Australiër nou aangestel as hoof van die SAA se Tegniese Dienste? Wie doen sulke onpatriotiese en rassistiese aanstellings, terwyl daar meer as bevoegde en ervare Suid-Afrikaners is?

Australië is histories baie meer rassisties as Suid-Afrika. Een van die gevolge van Japan se oorwinning in die Russies-Japannese Oorlog in 1905 was dat Japan tydens die Versailles vredes onderhandelinge in 1919-1920 ‘n rasse-gelykheidsbeginsel vir die te stigte Volkerebond voorgestel het. Australië se premier, Billy Hughes, was lynreg teen Japan se Rasse Gelykheids voorstel vir die nuwe Volkerebond gekant. Hughes se politieke slagspreuk was, “Wit Australië”!

Nadat die Volkerebond gestig is, sonder insluiting van Japan se voorstel, het Hughes verklaar, “Australië het ‘n nasie geword!” Australië het al in 1901 ‘n beleid aanvaar wat enige nie-wit immigrasie beperk het.

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.