Bedrywighede hervat by Sibanye-Stillwater in Rustenburg

Argieffoto

Sibanye-Stillwater het Vrydag gesê ondergrondse bedrywighede het by sy Thembelani-skag in Rustenburg hervat ná die skag veilig gesertifiseer is vir normale hysbedrywighede.

Spoorstawe wat Dinsdag ondergrond vervoer is, het losgekom en in die skag afgeval. Ongeveer 1 800 dagskofwerknemers moes ondergrond op die 14de vlak wag terwyl ʼn inspeksie gedoen is. Hulle is later die aand veilig na die oppervlak gebring.

Neal Froneman, uitvoerende hoof van Sibanye, het Vrydag gesê herstelwerk aan die skag, verwydering van die spoorstawe en ʼn onafhanklike assessering van die skag is veilig afgehandel. “Ons sal nou bepaal hoe die spoorstawe losgekom het. Veiligheid bly ons eerste prioriteit en alle veiligheidsprosedures is gevolg om seker te maak dat nie een van ons werknemers te enige tyd in gevaar was nie.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.