‘Beduidende afname’ in vigs-gevalle in SA

Argieffoto (Foto:  Ri Butov / Pixabay)

Suid-Afrika het sy eerste beduidende afname in die getal mense wat aan MIV ly, aangemeld. Die land bly egter in die greep van die seksueel oordraagbare epidemie, aldus ʼn opname wat Maandag vrygestel is.

Die land is een van dié wat die ergste getref is in die wêreldwye epidemie waartydens 10 miljoene mense die afgelope vier dekades oorlede is.

Die Raad vir Geesteswetenskaplike Navorsing (RGN) het gesê ʼn opname het bevind dat 12,7% van die bevolking van sowat 62 miljoen mense, ongeveer 7,8 miljoen mense, nou MIV het wat tot vigs lei.

Dié getal is laer as die 14% wat in 2017 aangemeld is.

Khangelani Zuma, uitvoerende direkteur van die RGN en hoofnavorser van die opname van sowat 76 000 mense, het gesê dit is nie moontlik om ʼn rede te gee vir die daling van 107 000 mense nie. Volgens hom was die Covid-19-pandemie egter ʼn groot gesondheidskrisis in die vyf jaar sedert die vorige opname gedoen is.

Zuma sê dit is ook duidelik dat mense “langer met MIV leef as in vorige jare”.

Suid-Afrika het meer individuele MIV-gevalle as enige ander land en verteenwoordig sowat ʼn derde van gevalle in Afrika. Meer as 85 000 mense het jaarliks die afgelope paar jaar weens vigs gesterf.

Die toenemende gebruik van anti-retrovirale terapie (ART)-medisyne het ook die vooruitsig verander vir vigs/MIV-lyers.

Suid-Afrika se swart gemeenskap is veral swaar getref deur MIV en die digbevolkte KwaZulu-Natal is die provinsie wat die ergste hierdeur geraak is.

Zuma en ander navorsers is steeds besorg oor die hoë getalle van vroue en jong kinders wat met MIV besmet word.

“Ons weet dat ouer mans jonger vroue besmet,” het John Blandford, landsdirekteur vir die Amerikaanse president se noodplan vir vigsverligting, gesê. Dié organisasie het die afgelope 20 jaar meer as $100 miljard spandeer in die stryd teen die epidemie. Die wêreldwye afname in die gebruik van kondome, wat as ʼn doeltreffende hulpmiddel beskou word in die voorkoming teen die verspreiding van vigs, word ook uitgelig.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

electricmango ·

Slegste nuus in dekades – dit was veronderstel om n gelykmaker te wees….

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.