Beduidende toename in plaasaanvalle opgemerk

(Argieffoto: pixabay)

Altesaam 31 plaasaanvalle, waar slagoffers tydens vier van die aanvalle dood is, het die afgelope maand in Suid-Afrika plaasgevind. Dit blyk of plaasaanvalle oor die afgelope paar weke toegeneem het vergeleke met ander weke gedurende die algehele landwye afsondering.

Só het Ian Cameron, AfriForum se hoof van gemeenskapsveiligheid, Saterdag aan Maroela Media verduidelik kort nadat ’n bejaarde vrou en haar seun Vrydagaand op hul plaas buite Petrusburg in die Vrystaat erg aangerand is.

In Limpopo het sewe aanvallers vroeër die dag op ’n plaas in die omgewing van Mokopane (Potgietersrus) toegeslaan en ’n boer, sy vrou en van sy werkers met dasse en kabelbinders vasgebind. Die boer is in die proses met ’n mes gesteek.

Volgens Cameron wil dit ook voorkom of die gebruik van geweld gedurende plaasaanvalle begin toeneem.

Maroela Media het vroeër berig Dianne Kohler Barnard, die voorsitter van die DA se taakspan vir landelike veiligheid, het Donderdag tydens ’n mediakonferensie gesê daar was die afgelope maand ’n beduidende toename in die getal plaasaanvalle. Sy het gesê aanvalle die afgelope twee weke was veral wreedaardig en slagoffers is erg gemartel.

“’n Boer of plaaswerker in Suid-Afrika het ʼn vier keer groter kans om vermoor te word as die gemiddelde Suid-Afrikaner. Altesaam 5 475 plaasaanvalle en 2 073 plaasmoorde is sedert 1990 in die land aangemeld,” het Barnard gesê.

AfriForum se statistieke toon dat 137 plaasaanvalle waarvan 17 plaasmoorde sedert die begin van vanjaar plaasgevind het.

Volgens Cameron vind die meeste plaasaanvalle in Gauteng plaas aangesien ’n groot hoeveelheid mense in dié provinsie in landelike gebiede soos kleinhoewes woon. Die provinsie het ook ’n groter konsentrasie van mense, het hy verduidelik.

Die DA het aangedui dat die party daarop aandring dat plaasaanvalle, indien nodig, as haatmisdade geklassifiseer word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

15 Kommentare

jongste oudste gewildste
Ertjie

Dis hartseer dat daar so min of selfs geen media dekking gegee word as n wit of bruin persoon aangeval en/of vermoor word maar dit word uitbasuin as dit slagoffers is van n ander kleur. Hulle word bygestaan deur politici en hooggeplaastes en mens sien dit oral in die media. Elkeen se lewe is mos kosbaar of hoe?

JohanR

Wat word hierdeur bereik. Dit lyk my taxis word gebruik on aanvallers van een provinsie na die ander te ry, en as die aanval gebeur het, om hulle weer soe vinnig as moontlik uit die provinsie te kry. Is die idee om plaas moorde met soeveel geweld te pleeg, dat boere sal naderhand vlug en die land sal leeg le. Wat sal daarvan kom? Geen voedsel sal produseer word nie. Miskien dink die ANC dat hulle kos verskyn net elke Maandag more op die rakke van Woolworths soos towerkuns, en dan die volgende Maandag more is die weer daar soos… Lees meer »

Leonard

Watter blywende & REGVERDIGE VONNIS vir sulke MISDADE?

Schalk

Hoed en dr Zol is doodstil hieroor. Soos te verwagte kan wees want dis nie our people nie.

Schalk

Maar laat jy nou een woord spreek wat half klink na rassisme dan sit Eskom jou krag af, kyknet jou tv af, en hoed klop aan jou deur met boeie en ‘n heavy boete. Mense kan vermoor word, moet net nie iets rassisties se nie.