Beduidende verlaging in brandstofprys voorspel

Argieffoto

Argieffoto

Die AA het vandeesweek voorspel dat Suid-Afrikaanse motoriste teen die einde van die maand ʼn aansienlike verlaging in die petrolprys te wagte kan wees.

ʼn Skerp styging in die rand/dollar-wisselkoers is geneutraliseer deur internasionale petroleumpryse, het die AA gesê in reaksie op die middelmaand-petrolprysdata wat deur die Central Energy Fund vrygestel is.

“Die rand het aansienlik teen die US dollar verswak sedert die laaste week in Julie. Gelukkig vir Suid-Afrikaanse petrolverbruikers het internasionale oliepryse aanhou daal, wat beteken daar is steeds ʼn redelike moontlikheid van ʼn verlaging in die brandstofprys aan die einde van die maand,” het die AA gesê.

Die prys van petrol kan moontlik tussen 55 en 64 sent per liter verlaag, diesel tussen 53 en 57 sent en paraffien ongeveer 60 sent. “Sonder die impak van die wisselkoers se onlangse swak vertoning, sou die voorspelde vermindering tussen 75 en 83 sent per liter gewees het,” het die vereniging gesê.

Die AA het egter gewaarsku hoewel hy seker is die brandstofpryse sal teen die einde van Augustus verlaag, kan Suid-Afrikaners aan die willekeur van die Rand oorgelaat wees indien oliepryse in die volgende maande stabiliseer.

© RDM News Wire

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.