‘Beëindig beurtkrag voor einde vanjaar’ – ANC

(Argieffoto)

Die ANC het na afloop van sy lekgotla gesê die voortgesette kragkrisis was ʼn fokuspunt tydens die beraad en ʼn program van aksie is aangeneem om ʼn oplossing te vind.

Pres. Cyril Ramaphosa het vroeër bevestig dat die lekgotla die inwerkingstelling van ʼn hernieude ramptoestand, spesifiek om die kragkrisis te pak, steun.

Die regerende party sê nou in die soeke na ʼn oplossing vir die kragtekort, gaan die ANC opnuut met gemeenskappe moet beraadslaag omdat hy nie ʼn “monopolie van idees” het nie. “Ons doen dus ʼn beroep op die ganse samelewing om saam met ons te werk om die uitdaging te pak. Dit raak ons almal en veral die armes en werkersklas,” lui die ANC se verklaring.

Pravin Gordhan, minister van openbare ondernemings, het aan die lekgotla verduidelik dat ʼn bykomende 46 000 MW by die bestaande kapasiteit van 26 000 MW gevoeg moet word. Die ANC vra ook vir die verbetering van Eskom se bestaande kragsentrales en vernuwing en uitbreiding van die huidige kapasiteit. Hy vra ook dat alle planne versnel word sodat daar “teen die einde van die jaar geen meer beurtkrag is nie”.

“Om hierdie doelwit te behaal, het die nasionale uitvoerende komitee (NUK) ooreengekom dat alle maatreëls getref moet word om Eskom te beskerm, te herbou en te red,” lui die verklaring.

Hoewel voorstelle om die kragkrisis vinniger op te los verwelkom word, waarsku politieke partye dat dit nie sonder behoorlike oorsig ingestel kan word nie.

Dr. Pieter Groenewald, leier van die VF Plus, sê daar mag nie ʼn herhaling wees van die magsmisbruik wat tydens die Covid-19-ramptoestand gesien is nie. “Dit is belangrik om te voorkom dat korrupsie nie weer soos met die Covid-19-ramptoestand op groot skaal plaasvind met fondse wat maklik toeganklik raak deur spesiale maatreëls nie.

“Daar moet onder meer behoorlike parlementêre oorsig wees oor die uitvoering van enige beplande ramptoestand oor die elektrisiteitskrisis. ’n Ad hoc-komitee moet ook aangestel word om die proses te monitor,” sê Groenewald.

Die DA deel hierdie siening en sê ook dit is belangrik dat ʼn onafhanklike paneel van ervare kundiges deursigtigheid verseker en die proses deurlopend monitor.

Groenewald sê ook Ramaphosa moet dit baie duidelik maak hoe lank die ramptoestand sal duur.

“Die ironie in hierdie geval is dat die regering self die probleem veroorsaak het wat hy nou met ’n ramptoestand wil beëindig. Beter oorsig is daarom allerbelangrik om te keer dat hierdie beplande ramptoestand, soos met Covid-19, nie in ’n korrupsieramp van sy eie ontaard nie.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

36 Kommentare

Groen Ghoen ·

Gedog dit is Woensdag 1 April. Glo die mense darem nog vir hulself? Om ‘n onlangse kommentaar aan te haal: “Tussen praat en doen is daar ‘n baie groot see. En die boot is vol gate.” In S.A. se geval is die boot se seile ook weg, is die enjin stukkend, en het ook nie roeispane nie. Die kaptein is ? Die kompas is weg. Die roer van die boot is af. Hierdie boot…. hy gaan bly net daar waar hy is. Gestrand en op die rotse. Sonder Eish.

Jack ·

Grap.Ek sien geen einde aan die toestand as die ANC enigsins betrokke is nie.Die oplossing is deels om die ANC geheel en al uit te sluit.

Henri ·

“Die ironie in hierdie geval is dat die regering self die probleem veroorsaak het wat hy nou met ’n ramptoestand wil beëindig. Beter oorsig is daarom allerbelangrik om te keer dat hierdie beplande ramptoestand, soos met Covid-19, nie in ’n korrupsieramp van sy eie ontaard nie.”

Ek dink daar moet ‘n ramptoestand afgekondig word vir die tydperk wat die cANCer nog aan bewind is. Cyril en sy kadawers IS die ramp.

Helgard ·

Ek stem volkome saam, raak van die oorsaak van die probleem ontslae!!

domheks ·

GROOOTTTT GROEN TENT KORT! Die narre is alreeds bymekaar.

Nie Verbaas ·

Teen die einde van die jaar geen beurtkrag nie? Wat n grap. Die ANC verstaan nog steeds nie die enormiteit van Eskom se probleme nie en dit alles is te danke aan dieselfde hopelose, korrupte en onbevoegde ANC dat Eskom is waar dit is.

Waarnemer ·

Shame ou cyril,jy verdien onderwater elektriese roomys maker as eerste prys.Ek hoop jy gebruik dit ten vollr.

Shakespeare ·

Ag tog. Hoe laag kan politikuste vd ANC daal met blatante belaglike leuens.

Vonkprop ·

Hahahahaha. Teen die einde van die jaar!!!! Klink my klomp senior ANC-lede wil op pensioen gaan en wil gou nog groot skep terwyl hulle kan. Wil hierdie sien gebeur.

Adriaan ·

Ek onthou nog slap cyril se “3 weeks to flatten the curve” en hoe Groenewald elmbogie – elmbogie met hom gespeel het. Ons weet hoe dit uitgedraai het. Groenewald is daardie tyd met n slappe gevang en ek dink dit gaan weer gebeur.

Piet 6 ·

Indien al die geld wat verlore is as gevolg van die ANC se korrupsie gebruik was om kragstasies sonder korrupsie te bou, sou daar nog genoeg geld oor gewees het om al die paaie in die land reg te maak, al die munisipaliteite reg te ruk en ook genoeg hob huise te bou sodat daar nie meer een shack oor was nie.

Nou is al die geld in luukse huise en karre en duur whisky en horlosies en duur klere vir die ANC kaders.

es ·

Ag ASB ……Julle het als op gemors en nou soek julle hulp…WHATEVA!!!!! Maak julle eie gemors reg

Herman L ·

Die ANC het Eskom verwoes, nou vra hulle vir “die ganse samelewing om saam met ons te werk” om die probleem op te los (dit beteken om die komende verkiesing te wen). n Benoude kat maak benoude spronge! Die weermag moet nou Eskom teen sindikate beskerm en ons benodig ‘n ramptoestand. Ek is bevrees Eskom is lankal reeds is breindood en geen poging van Ramavakie en kie sal sal hom kan red nie, al klop sy hart nog effens. Die ANC is besig met sy swanesang!

Grassie ·

Ek weet nie wat die doel met die noodtoestand is nie. Daar is verskeie organisasies wat die regering hof toe wil sleep oor hul Eskom mislukkings, miskien is die doel van die noodtoestand om hulle teen sulke sake te beskerm. Daar is ook instansies wat krag wil opwek buite Eskom se beheer, as daar ‘n noodtoestand is het CR al die mag oorgeneem en moet almal na sy pype dans. Wat die ANC-regering werklik wil hê is alleenmag, hulle wil diktators wees.

Anel ·

Sovêr ek weet het alles 100% en meer gewerk so klompie jare terug. Toe slaan die ANC toe en nou moet daar ‘n ramptoestsnd afgekondig word om hul gemors tevprobeer regmaak. Paar 100 breek die land in rekord tyd af en miljoene word weer eens gevra om te help. Maar hulle soek nie kundiges nie, want die kundiges is wit!!! Man, foeter aan. Maak ‘n plan! Julle is mos sooo slim.

Kobus ·

Vreemd dat ANC nou skielik aandag gee aan Eskom. Terwyl de Ruyter en Oberholser teen al die aanslae moes veg was daar geen ondersteuning. Noudat die twee blanke menere die diens gaan verlaat weet die ANC dat hulle deur anderskleriges vervang moet / gaan word en dat die hele wêreld in afwagting gaan wees vir sukses. Helaas, dit gaan nie gebeur nie. Vele kundiges verwys na die Mbeki era waar daar waarskuwings was dat die netwerk nie gaan hou nie. Maar nee, ANC is mos heethoofdig, niemand kan hulle iets vertel nie. Verkiesingstyd is op hulle, die mense van SA glo nie meer hulle beloftes nie

57 Chevy ·

Die ANC is bankrot ……die ramptoestand wat hulle wil in bring vir Eskom klink vir my meer om al die koffers oop te maak vir geld beskibaarheid om hulle campaign te sponsor vir 2024 verkiesing

SwartBees ·

Bwhahahahaaaaa….nee stop dit, ek kan nie, my maag spiere kan nie meer nie.

Jacobus ·

Die ANC regering homself is die grootste ramptoestant wat hierdie land getref het.

Johan ·

Ek dink FW en sy bende was ‘n groter ramp, dit is immers hulle wat die pad vir ons bepaal het. Maar nou ja, dit is wat dit is.

LANA is ELANè ·

Ek kan nie glo dat ander partye die ANC hierin steun nie. Besef niemand wat die skade aan mense se waardigheid en welvaart was met die sg ramptoestand ter wille van selfverryking vir slegs ñ sekere groep mense nie? Dit sal ñ skande wees as almal weer soos diere in ñ hok ingehok word met allerhande reëls wat afgedwing word, deur mense wat bemagtig voel omdat hulle vir die regering werk of in ñ uniform is.
Hierdie regering het nie die vermoë om hierdie krisis te bestuur nie, al wat hulle sien is nog ñ geleentheid om hulself te verryk en verdere magsvergrype. En as ander politieke partye hulle steun is hulle deel van die klug!

Andrew ·

“Ons doen dus ʼn beroep op die ganse samelewing om saam met ons te werk om die uitdaging te pak.

“Om hierdie doelwit te behaal, het die nasionale uitvoerende komitee (NUK) ooreengekom dat alle maatreëls getref moet word om Eskom te beskerm, te herbou en te red”.

Hulle gaan die publiek vir geld tap en die privaat sektor oor reguleer. Dit is wat ek lees.

SomeOne ·

waaroor is die grap, april fool day is nog ver
die kinder storie is al ‘n paar jaar gelede vertel

annie ·

… net ‘n wonderwerkie om al die skade en skandes sedert 1994 reg te stel? Waar gaan die ANC die towerstaffie koop, afpledge of moet ons hele samelewing die bloufee help soek. Gordhan ken die hele tyd toe die antwoord. Moet ons maskers dra uit simpatie en ‘n jab kry as teken van onderdanigheid? Is ons bankrekeninge veilig?

Blikkies ·

Die regering wat eintlik ook Eskom is wil nie na enige iemand anders se idees luister nie, hoekom nou skielik die regte goed sê en voorstel en ons wil insluit. Dit is slegs lippe taal en leë beloftes. Hulle lieg vir almal asof hulle in staat is om alle beurtkrag teen die einde van die jaar te kan oplos. Dit is net om vir hulle stemme te werf vir volgende jaar. ‘Back at the ranch’ het hulle nie ‘n benul wat hulle moet doen nie. ‘Put your money where your mouth is’ ou Grote.

Duck ·

En hier dog ek dis 1 April………..happy April fools day in advance

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.