Beëindiging van aandklokreël geëis

Argieffoto (Foto: Clker-Free-Vector-Images/Pixabay)

AfriForum se regspan het vandag ’n aanmaningsbrief aan Nkosazana Dlamini-Zuma, die minister van samewerkende regering en tradisionele sake, gestuur waarin die organisasie aanvoer dat die voortdurende implementering van die aandklokreël as deel van die nasionale ramptoestand irrasioneel en ongeregverdig is. Suid-Afrika is sedert 15 Maart 2020 in ’n ramptoestand.

In die brief aan die minister het AfriForum die volgende versoek:

  1. Dat redes skriftelik verskaf moet word oor waarom daar ’n nasionale aandklokreël ingestel is sowel as bewyse ter ondersteuning van die effektiwiteit van die aandklokreël as voorsorgmaatreël teen Covid-19.
  2. Dat die dokumente en ondersteuningsdokumente, deskundige verslae, bewyse en data wat die besluit om ’n aandklokreël in te stel ondersteun, beskikbaar gemaak moet word .
  3. Dat die implementering van die nasionale aandklokreël summier beëindig moet word.

AfriForum het die minister versoek om op 19 November voor die einde van die werksdag op die brief te reageer.

“Die voortdurende afdwing van aandklokreëls op die publiek is onaanvaarbaar en nie gegrond in feitlike bewyse nie. Daarom tree AfriForum in om hierdie irrasionele besluit te stop,” sê Jacques Broodryk, bestuurder van veldtogte by AfriForum. “Indien AfriForum nie ’n reaksie op die bogenoemde datum ontvang nie, sal die organisasie verplig wees om die hooggeregshof te nader om die verdere implementering van ’n aandklokreël te verbied, hangende die departement en minister se voorsiening van die aangevraagde data, ondersteunende bewyse en redes.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

Jywilwat ·

Hoekom is ons nog enigsins onder ‘n ramp toestand? Om dit vir die regering makliker te maak om geld te maak sonder ordentlike oorsig!

Elizabeth ·

Afriforum moet liewer vra waarom die ramptoestand weer verleng is! Wat is die rede daarvoor.

Samuel ·

Die voortsetting van die ramptoestand is “n ramp. Ek het nêrens gelees van hierdie nuwe aankondiging nie.

ANC wil net ons lewens beheer.

Lood ·

Ek hoop hulle het vir haar ‘n prentjie geteken saam met die brief.

Candice ·

Absurd! ANC sit goed in plek wat glad nie nodig is nie. Maak kerke toe, maar die malls loop oor.. hulle wil belangrik voel en slim lyk.. dis crazy..

JohanR ·

Moenie NDZ pla nie….sy kry te lekker om die land op te sluit! 72 going on 73. Is dit nie tyd om die doek af te tree nie? Die land sal jou glad nie mis nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.