Beeldmateriaal staaf Piet Retief-boere se weergawe

Dié vyf boere word aangekla van moord en aanranding van twee broers in Piet Retief. (Foto: Tania Heyns)

ʼn Video-opname van die gebeure wat die noodlottige skietery op 9 April op Pampoenkraal in Mpumalanga voorafgegaan het, moet bewys dat die staat se weergawe van dié noodlottige dag twyfelagtig is.

Die opname is van statiese videokameras verkry wat op die plaas geïnstalleer is en is Maandag in camera in die landdroshof in Piet Retief vertoon.

Daniel Cornelis Malan (38), Cornelius Lourens Greyling (25), Othard Johann Klingenberg (53), Ignatius Michael Steynberg (31) en Zenzele Mzikayise Patric Yende (48) se borgtogaansoek is Maandagoggend voortgesit.

Dié vyf boere word daarvan beskuldig dat hulle twee broers, Mgcini Amos Coka en Zenzele Coka, op Pampoenkraal in die Dirkiesdorp-omgewing doodgeskiet het.

Die video bewys glo dat boere nie aggressief opgetree het, soos die staat beweer nie. Die beeldmateriaal wys hoe betogers op die plaas aankom en plaaswerkers verjaag. Dit wys ook hoe die eerste oorledene in ʼn konfrontasie met sy broer, wat in dié stadium op die plaas gewerk het, betrokke raak. Die video beeld egter nie die gebeure tydens die skietery uit nie.

AfriForum het ʼn prokureur aangestel om gebeure in die hof te monitor. Marnus Kamfer, AfriForum se regs-en-risikobestuurder vir gemeenskapsveiligheid, sê die feit dat die twee oorledenes aggressief voorgekom en vóór die voorval met mekaar slaags geraak het, doen afbreuk aan wat die staat en politieke groepe tot dusver aangevoer het.

Betogers was heel kalm vandag in Piet Retief waar die vyf beskuldigdes in die landdroshof verskyn het (Foto: Verskaf)

“Daardie mense het duidelik aggressief opgetree en dit kon ʼn wesenlike rol speel in wat daarna gebeur het. Dis ʼn goeie aanduiding dat weergawes wat tot dusver as die waarheid aanvaar is, nie noodwendig die regte weergawes is nie,” sê Kamfer.

Kamfer sê die verdediging het wel ʼn effense terugslag beleef deurdat hul versoek om afdrukke van ondersoekbeamptes se dossiere te kry, geweier is.

Daar was ook van vroeg Maandag af ʼn sterk polisieteenwoordigheid buite die hof waar die beskuldigdes verskyn het. Dit volg nadat ʼn groep betogers verlede week moeilikheid in die dorp veroorsaak het.

ʼn Groep betogers, wat glo geregtigheid vir die Coka-broers se dood eis, het weer in die strate van Piet Retief byeengekom. Hulle kon egter nie Maandag naby die hof kom nie, aangesien doringdraad sowat 150 m vanaf die ingang na die hof gespan is.

Ná ʼn reeks gewelddadige betogings wat verlede week op dié dorp plaasgevind het, het AgriSA Sondag vir kalmte buitekant die hof gevra en versoek dat lede van die publiek nie die hofsaak bywoon nie, aangesien dit meer spanning kan veroorsaak.

Maroela Media het verlede week berig twee polisievoertuie is tydens betogings beskadig en ʼn motoris met klippe bestook. Polisielede het skokgranate na betogers gevuur.

Maroela Media het navraag aan kol. Donald Mdhluli, polisiewoordvoerder in Mpumalanga, gerig oor Maandag se betogings, maar nog geen terugvoer ontvang nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

27 Kommentare

Chris dupreez ·

Gaan die boere nou vrygelaat word, en die klomp liegbekke van regsverydeling aangekla word.

Frank ·

Jy vat die woorde so uit my mond!!! Hulle moet bietjie les geleer word wat meineed beteken!!

Wakkerslaper ·

Glad nie, gaan kyk wat gebeur in die VSA… maak nie saak wat die FEITE is nie, die links-liberale agenda is al wat saak maak.

Werner ·

Hulle is onskuldig dit was in die Eerste plek betreding van private eiendom en in die twee plek was hulle gewapen dit maak hulle krimineel wat Niks oorgekom het nie waar is hulle gearesteer die poliesie weet waar bribes Vandaan kom mag God reg en geregtigheid laat geskied

Daleen ·

Laat hierdie vir die lesers wat altyd se doodstraf moet terugkom ‘n voorbeeld wees – in die land is dit nie wesenlik nie. Bid dat die boere se onskuld bewys kan word en dat hulle hierna kan aangaan met hulle lewens.

SomeOne ·

kamera weergawes kan nie in twyfel getrek word nie
indien enige konfrontasie dalk gaan ontstaan, skakel jou telefoon kamera aan of net opneming (voice recording), dit mag dalk net die skaal na die regte kant toe laat tip

Aikie ·

Ek verwonder my of dié wat die polisie voertuie beskadig het ook in hegtenis geneem en met groot fanfare voor die hof gedaag is soos die Senekal boer.

Flip ·

Baie waar woorde en ek stem 100% saam. Gaan hulle ook aangekla word van terrorisme of word dit van selfspekend net aanvaar omdat hulle swart is?

Jr ·

Waar’s die hoof 2ltr coke bottel – mal emma en wat het daai coke bottel te sê oor skade aan staats eiendom. Sy bek was mos groot toe ons dit kamstig gedoen het.

Spook ·

Nou raak dit lekker interessant! Dit gaan nog interessanter uitdraai. Daar is blykbaar nie eers bewysstukke op die misdaadtoneel ingesamel nie. AO Nhlapho het nie die regte prosedures gevolg nie. Die boere het vir hulle swaargewig regsverteenwoordiging gekry. Almal van ons kon van die begin af sien dat die saak in nog ‘n Coligny kan uitdraai. Die video gooi bietjie ietwat van ‘n stok in die staatsaanklaer se speke. :-)

gatgogga ·

Ja, maar kan ons op ‘n regverdige hofuitspraak staatmaak?
Met ons hoogste hof wat deur Zuma se middelvinger stil gemaak word?

Werner ·

Aangesien die ondersoek beampte net die swartes se verklarings afgeneem het.Is hy nie bevoeg om sy werk te doen nie moet hy sowel as doe polisie wat die boere onregmatig gearristeer het dadelik van hulle poste onthef word.Daar moet siviele eise teen hulle persoonlik ook gemaak word.Dit sal die ander polisie manne en vroure leer om nie mense voor die voet onnodig te arristeer nie.

Mariana ·

Hulle sal wel iets soek sodat die boere om een of ander rede wel skuldig moet lyk. Dit is SA en hier is kriminele mos baas. Dit klink of die broers nie lekker oor die weggekom het nie. Die boere hoort op hul plase nie in tronk. Wie beskerm nou hul gesinne en plase……

LANA is ELANè ·

Die belaglikheid vd hele insident en dan die inhegtenisneming van die boere is net ‘n teken van hoe bevooroordeeld die SA reg is as dit by rasgedrewe insidente kom. As so iets by my huis gebeur sal ek beslis ook nie arms gevou staan en my eie veiligheid op die spel plaas nie, maar jy mag jouself net nie beskerm nie, veral as jy wit is.
Die tipe goed breek boere se moed en maak dat hulle oppak en dan maar eerder arbeider op buitelandse plase word.

Wakkerslaper ·

Regdenkende mense met Christelik-konserwatiewe beginsels het groot moeilikheid onder die nuwe links-liberaliste wêreldorde….

Flip ·

Waar is die Suid Afrikaanse blm leiers nou? Hoekom is greame smith, ab de villiers en francois pienaar so stil? En ek skryf hulle name in klein letters want dis wat hulle is in my oë. Kom nou outjies, julle bekke was groot verlede jaar, waar kruip julle nou weg?

Nico ·

Die hele aangeleentheid is weereens ‘n bewys van die onvermoë van die polisie by ‘n ondersoek, dis mos net die wittes wat rassisties in die swartes is mos nie rassisties nie en hulle kruip weg agter dit. Hoekom is die dossiere van die ondersoek beampte geweier, hierdie is mos ‘n bewys dat hele saak verdraai is en dit is weer net om die wittes te beskuldig.

Anel ·

Ja, Nico. Ek stem met jou saam. Die staat mag nie weier om afskrif aan die verdediging te verskaf nie. Ek dink daar is soveel ongeruimthede in daardie dossier en dat daar geen behoorlike ondersoek tot dusver gedoen is nie. Ek glo ook nie dat die verklarings behoorlik afgeneem is nie. En ek glo ook alles is eensydig. En dit is ook na regte teen die polisiewet. Die polisie in veronderstel om onpartydig te wees, maar deesdae lyk dit my besluit hulle sommer self of iemand sukldig is of nie. Ekhoop en glo dat geregtigheid ook hier sal seevier.

Pierre ·

Ek hoop van harte daar word ‘n saak teen die kamtige ondersoek beampte ook aanhandig gemaak. Duidelik net eensydig sy werk gedoen…

Jack ·

Daar word baie duidelik in die land n onderskeid getref tussen wittes wat altyd skuldig is en ander wat altyd onskuldig is. Besliste vooroordele wat met tyd net meer en meer sal word. Die stryd vir onskuld sal al hewiger word vir wit mense en het niks met reg en geregtigheid soos ons grootgeword het te make nie.

Johan ·

Ek hoor niks van die swape wat dadelik die Boere veroordeel het nie? Jul raak maar gou stil. “Dis n vreeslike ding wat die Afrikaners gedoen het”…bla, bla, bla…vra gerus onverskoning.

Anoniem ·

Waar is Mnr Bek Cele nou. ????? Hy ken mos al die prosedures!!!!!

Anton ·

Die betogers en die wat hulle toestemming gegee het om te betoog moet maar pa staan vir die skade

Buks ·

Kla die “betogers” wat op die plaas was aan van terrorisme

Genis ·

Polisie moet ook aangekla word, resverydeling en hoog verraad. Hulle laat ook terrisme toe, en hits rassime aan, daar is n arm vol misdrywe… Hoop hulle word ook siviel individueel aangekla, in hulle privaat hoedanigheid.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.