Beeldmateriaal wys Ajay Gupta is landuit

Ajay en Atul Gupta. Foto: ANA

Ajay Gupta, wat Donderdag in die Bloemfontein-landdroshof moes verskyn, het volgens beeldmateriaal van die OR Tambo Internasionale Lughawe 10 dae gelede die land verlaat.

Leigh Gunkel-Keuler, woordvoerder van OR Tambo, het aan Maroela Media bevestig dat Gupta volgens hul rekords op 6 Februarie om 20:30 vanaf OR Tambo op ʼn Emirates-vlug na Dubai vertrek het.

“Ons werk nou saam met die Valke,” het Gunkel-Keuler gesê. Sy het bygevoeg dat sy nie kan bevestig of hy moontlik weer terug in die land is nie. “Indien hy is, het hy moontlik deur ʼn ander plek die land binnegekom. Daar is niks op ons rekords nie.”

Gupta was veronderstel om Donderdag in die hof te verskyn in verband met die Vrede-suiwelprojek. Brig. Hangani Mulaudzi, woordvoerder van die Valke, het gister gesê hulle is nou op soek na Gupta nadat hy versuim het om homself aan die polisie oor te gee soos wat met sy regsverteenwoordigers ooreengekom is. Hy word nou as ʼn voortvlugtige beskou.

ʼn Neef van die Gupta-broers en sewe ander mense het Donderdag in die landdroshof in Bloemfontein verskyn nadat die Valke klopjagte op die Guptas se huis in Saxonwold en ander persele uitgevoer het.

Die saak is tot 17 Augustus uitgestel vir verdere ondersoek. Daar word glo ook gesoek na oudpres. Jacob Zuma se seun Duduzane. Die polisie wou egter nie die berigte bevestig nie.

Die aanklagte hou verband met die Vrede-suiwelprojek wat deur Estina, ʼn maatskappy wat met die Gupta-familie verbind word, bedryf is.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

23 Kommentare

christa ·

As ek reg onthou was dit reeds verlede jaar dat die lughawesns aan gese is om te sorg dat die skelms ie mag landuit gaan nie. Maar OR Tambo het weer eens gewys hulle is bo die gereg.

Hein Malherbe ·

As hy op 6/2 weg is, wie was dan op 7/2 by Optimum myn met helikopter?

Antjie ·

“Gevra” is ongelukkig nie deel van die regstelsel nie. Hulle moes ʼn hofbevel gekry het…

Phillie ·

Or Tambo amptenare moet aangekla word vir dwarsboming van die gereg

Denise ·

Nou wonder ek wie het hom ingelig en so word die saak net uitgestel en wie betaal vir die saak defnitief nie kersvader nie !!!!!

neels ·

Het mos lankal gese hulle gaan die land verlaat . Die oomblik toe dinge vir hulle handperd, die gewese hoofman oor miljoene begin skeef loop toe verlaat hulle die sinkende skip. Nou staan die gewese hoofman alleen sy vriende het hom verlaat en hy alleen sal moet verduidelik. Die spreek woord se mos nie verniet in tye van nood sal jy jou ware vriende leer ken.

Justice ·

Nou sluit dan solank dadelik die ander boetie Gupta toe – vir wie en wat wag die Valke dan?

AG TOG ·

Hoekom het hulle nie sy paspoort gevat nie , genade hulle kan hom mos nie vetrou nie . Ek sou dink hy sal vlug .

Mielie ·

Natuurlik n informant wat hom gewaarsku het. Dit moet ook ondersoek word. Ek glo JZ het gewag dat Duduzane veilig is voor hy bedank het.

Antjie ·

Maak ʼn baie openbare versoek vir uitlewering, groot asseblief! UAE het laasjaar aangedui hulle stel belang in die feite oor die geld wat daarheen gestuur is. Hou dit warm, asseblief!

marous ·

Net soos Al Bashir en Grace Mugabe en al die ander maatjies … geen gevolge.

cassie ·

In die lig van die erns van die aanklagtes teen die man gaan dit my verstand te bowe hoe die valke sy woord aanvaar het dat hy sou aanmeld.Regtig was dit nie gedoen met die doel dat hy moet ontsnap niem.Alle poorte is gewaarsku om op die uitkyk te wees vir die mense.

anti verrotting ·

Getting to hot in the kitchen!!!
Mooi man – ek geniet dit!!

Casper Labuschagne ·

Wie ook al dink die Guptas gaan in hul spreekwoordelike land van Kanaan agterbly om aan die pen te ry, is uiters naïef. Die enigste voordeel is dat sou jy ooit in Dubai uitkom, dan kan jy gerus vir die Guptas kontak en jouself oornooi vir ‘n koppie tee en ‘n beskuitjie waarvoor jy as belastingbetaler lankal reeds dubbeld en dwars betaal het.

Boet Fasie ·

Shame en daar los hulle vir Zuma alleen agter om als uit te sorteer en hy weet niks, hy het niks verkeerd gedoen nie en weet ook nie hoekom hy nou gestraf word nie, hoop Cyril gaan darem toelaat dat Zuma en sy makkers SAL kan gebruik

Andre ·

Die media en die mafia waarsku hom al lank genoeg dat die NPA / polisie oppad is. Geen verassing en ook nie dat hy sommer deur die landsgrense kan beweeg sonder enige probleem nie. Daar was gesorg vir hom / hulle.

CHRISTA ·

Hoekom sal dit enigeen verras? Hulle het tot ons lugmagbasis, waar ek en jy nie eers toegelaat sal word nie, gebruik as hulle private lughawe!! Zuma is mos hulle maatjie!!
HEHEHEHEHE!!!

Alida ·

Sy broers en Zuma weet baie goed waar hy en Duduzane is !!!

Ben ·

Siende dat hul regsverteenwoordiger die ondernemings namens sy klient gemaak het, sluit prokureur toe tot hy praat en sê waar sy klient is anders is hy medepligtig..

Sinies ·

Indien Dubai hulle nie wil uitlewer nie of nie nie die geld wil teruggee nie, kanseleer hulle landingsregte in SA. (Emirates)

ontevrede leser ·

ek lees van beeldmateriaal waar gupta by or tambo int uit is, wys dit ook vir ons

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.