Beendere gevind op Pongola-pastoor se eiendom

Argieffoto

Argieffoto

Die polisie het beendere gevind op die eiendom van ‘n pastoor van Pongola, KwaZulu-Natal wat vroeër in hegtenis geneem is nadat liggaamsdele van ‘n vierjarige seuntjie in sy kerk gevind is.

Kapt. Thulani Zwane, woordvoerder van die polisie, sê forensiese spesialiste het die pastoor se eiendom gefynkam toe daar op die beendere afgekom is.

“Die beendere is vir forensiese ontleding gestuur om vas te stel of dit van ‘n mens is of nie,” het Zwane gesê.

Die 51-jarige pastoor is in hegtenis geneem nadat liggaamsdele van die vierjarige Kiki Ntuli Saterdag in sy kerk in Ncotshane gevind is. Die pastoor is egter nog nie aangekla nie.

Die polisie het Dinsdag op ‘n kopbeen en ander beendere afgekom by ‘n vrou se huis in Ncotshane terwyl hulle besig was om vir die res van Ntuli se liggaamsdele te soek. Dit is ook vir forensiese ontleding gestuur.

Inwoners het die vrou en pastoor se huise Dinsdag aan die brand gesteek en 15 mense is in hegtenis geneem. Hulle sou Donderdag in die Ncotshane-landdroshof verskyn het maar die hof is egter Woensdagaand afgebrand.

Die 15 het toe Vrydag in die Pongola-landdroshof verskyn en is op waarskuwing vrygelaat.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Grassie ·

Dit klink vir my al hoe meer na ‘n mensvretery. Wel, as hulle honde kan eet………

Belinda ·

Hoekom sy huis brand……………….as hy wel skuldig is aan MOORD!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.