Beendere in Alberton-spruit gevind

Foto: Fox Security, Facebook

Foto: Fox Security, Facebook

ʼn Geraamte is Woensdag in die Natalspruit in Alberton, Gauteng, gevind.

“Persone wat riete gesny het, het op die skelet afgekom,” het lt.kol. Lungelo Dlamini, woordvoerder van die polisie, aan Maroela Media gesê. “Hulle het dadelik die polisie ontbied.”

Die geraamte is in die Natalspruit, op die hoek van Ring- en Helstonweg gevind.

“Die polisie stel ondersoek in,” het hy bygevoeg.

Fox Security het meegaande foto op sy Facebook-blad geplaas met die byskrif dat die liggaam van ‘n man gevind is toe dit in die water gedryf het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.