Beendere wel dié van vermiste man

Adriaan Scheepers (55) van Gqeberha in die Oos-Kaap het in September 2020 vermis geraak. (Foto: SAPS)

DNS-toetse het bevestig dat die geraamte wat verlede maand in ’n beboste gebied in Gqeberha (Port Elizabeth) gevind is, dié van die vermiste Adriaan Scheepers is wat meer as ’n jaar gelede verdwyn het.

Kapt. Sandra Janse van Rensburg, polisiewoordvoerder, het dié nuus Dinsdag bekend gemaak.

Dít nadat familielede van Scheepers (55) vroeër reeds aangedui het dat die klere en selfoon wat by die geraamte gevind is, aan hom behoort.

ʼn Brandbestryder het op 25 Oktober op die geraamte in Walkerweg in Sherwood afgekom nadat hy ʼn veldbrand daar geblus het.

Scheepers word sedert September 2020 vermis.

PE Express berig Scheepers het verdwyn nadat hy ’n Whatsapp-boodskap aan sy seun gestuur het. Hy is op 29 September verlede jaar vir die laaste keer in Harlechstraat gesien waar hy gewoon het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.

1 Kommentaar

jongste oudste gewildste
TASHA

Nou kan die familie finaal afskeid neem sterkte