Beesboer (79) in Oos-Kaap vermoor

(Argieffoto)

’n Bejaarde beesboer van Nqanqarhu (Maclear) in die Oos-Kaap is Sondag in die vroeë oggendure in sy plaashuis doodgeskiet.

Die boer is sedertdien as die 79-jarige John Viedge geïdentifiseer.

Jason Kümm, landelike veiligheidsbestuurder van Agri Oos-Kaap, het aan Maroela Media gesê ’n onbekende aantal verdagtes het omstreeks 04:00 toegang tot die plaashuis verkry. Hulle kon egter weens ’n veiligheidshek nie toegang tot die slaapkamer kry nie.

Viedge is na bewering deur die veiligheidshek doodgeskiet.

Die betrokke polisiewoordvoerder kon nog nie bereik word nie.

Agri Oos-Kaap het intussen die moord in ’n verklaring veroordeel.

“Hierdie ongelukkige en onnodige gebeurtenis het ons landelike gemeenskap se behoefte om vuurwapens te besit vir die doel van selfverdediging net verder beklemtoon,” lui die verklaring.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

13 Kommentare

Persheks Adri ·

Om te dink hoedeman wil ons ontwapen! Waar is die uniforms om ons te 24/7 te beskerm? Hoed kan nie en wil ook nie hy’t mos hoeveel gewapende wagte gggmmmfff!

Charles ·

Weereens ʼn bewys dat ons vuurwapens moet hê vir selfverdediging!!

Persheks Adri ·

Presies my punt ook Charles! Dis mos nou ‘n nasionale sport in die land pffft

Tipper ·

verlaat maar die land,niks sal meer help nie,hier sal niks jou meer beskerm nie,al slaap jy ook in n kerk vir die volgende diens.

Hoekom ·

Dan moet jy nogsteeds aan die ANCartel belasting betaal…

Joe Olivier ·

Net nog ‘n bewys dat as jy ‘n vuurwapen besit vir selfverdediging, jy hom feitlik 24/7 aanj ou as persoon moet dra en hom dan vir selfverdiging gebruik sou dit nodig wees.

Persheks Adri ·

Stem Joe! Dis mos wat ons al klaar doen ons het nie meer ‘n ander keuse nie magtag man dis erg

Nie Verbaas ·

En so trippel Suid Afrika met die onbevoegde ANC in beheer daagliks nader aan Zimbabwe.

jzjz05 ·

Nie Verbaas , hulle staan al klaar bakhand by die weste vir wie hulle so haat vir almoese net soos Zimbabwe.

Mariana ·

Snaaks die een is nie ook as roof gegee nie, nee dit is net doodeenvoudig moord. Vuurwapen afstaan!!!nee nie maklik nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.