Beeste geskut ná ‘kreatiewe poging tot grondgryp’

Die trop beeste. (Foto: Verskaf)

ʼn Trop van 150 beeste is Donderdag op ʼn plaas buite Vaalwater in Limpopo geskut nadat ʼn betreder verlede week aangevoer het dat dié plaas aan hom toegeëien is en hy toe sy trop beeste op die plaas laat wei het.

Llewellynn Hemmens, AfriForum se assistentveiligheidskoördineerder vir die Noordstreek, het gesê ’n helikopter is vroegoggend gebruik om die beeste op aangrensende plase op te spoor en bymekaar te maak. Die trop is op vragmotors gelaai en na die skut in Mokopane vervoer.

Hemmens vertel dat talle boere van Ellisras, Matlabas en Nylstroom ten tyde van dié operasie op die plaas was om bystand te verleen.

Volgens Hemmens het baie van die beeste meer as een brandmerk gehad terwyl sommige glad nie gebrandmerk was nie. “Dit is onwettig vir ’n bees om verskillende brandmerke te hê en ons het daarom ’n sterk vermoede dat heelwat van die beeste gesteel is,” sê hy.

Talle boere van Ellisras, Matlabas en Nylstroom was ten tyde van dié operasie op die plaas om bystand te verleen. (Foto: Verskaf)

“Boere wat moontlike eienaars kan wees, is reeds hiervan in kennis gestel en hulle is versoek om die beeste by die skut te gaan uitken. AfriForum dring ook daarop aan dat die SAPD ’n deeglike ondersoek na aanleiding van die saak instel.”

Die betreder sal die koste moet dra vir die beeste wat tans by die skut is asook die vervoerkoste wat tydens die operasie aangegaan is.

Jaco Grobbelaar, AfriForum se distrikskoördineerder vir Limpopo, sê die burgerregte-organisasie beskou die betreder se gedrag as ’n “kreatiewe poging” tot ’n grondgryp. “Die wyse waarop die betreder okkupasie op die grond probeer bekom het, is uiters agterbaks en boonop onwettig,” sê Grobbelaar.

Hemmens het verder bygevoeg dat die gemeenskap se spoedige optrede daartoe bygedra het dat die probleem sonder enige konflik opgelos is. “Ons het ook seker gemaak dat die regte prosedures tydens dié aksie gevolg is en dat dit aan alle wetlike aspekte voldoen het.”

Lt.kol. Moatshe Ngoepe, woordvoerder van die polisie, kon nie onmiddellik die voorval bevestig nie. Maroela Media wag op terugvoer.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

26 Kommentare

Waarheid ·

Mooi manne!
Sal die betreder n les leer en nou moet hy betaal ook!!!
Mooi man!!

Andre ·

Natuurlik ja, die wit baas het moes nog altyd vir hom gesorg. Hoekom help hulle eie mense (ANC) hulle dan nie.

Wurmpie ·

En wanneer word al die diere wat so langs paaie envin dorpe wei geskud

Ellisras ·

In Vaalwater wei beeste en dit pla min mense. Ons leef met die beeste saam. Leef en laat leef.

Phillie ·

Ek hoop dat jy hulle ook sal in nooi wanneer hulle hul familie bring om in jou huis te bly

Jerry ·

As ons beeste kan gaan oplaai en skut toe vervoer, hoekom dan nie die grondgrypers ook oplaai en in Zimbabwe gaan dump. Menseregte behoort nie te geld as jy nie wetsgehoorsaam is nie. Miskien moet “slaan terug” aandring op sulke wetgewing!

Antie ·

My kommentare word nooit geplaas nie. Moenie hulle in Zim gaan dump nie, want dan kom hulle terug. Die Bermuda Triangle sal baie beter werk

Johannes ·

Ek dink hierdie is nog net die begin… dinge gaan binnekort totaal handuitruk… gee net kans dat die ANC onteiening wettig maak. Ek dink ons gaan ‘n paar huise en standhuise ook sien wat toegeken word aan die massas…

Chris Ws ·

Lt.Kolonel so en so van die polisie weet nie wat om hom aangaan in sy gebied nie dis duidelik!

Anoniem ·

Kyk ek wil nou nie tegnies en te polities raak nie, maar twee dekades terug het ons vir hulle die ‘land’ gegee wat ons so mooi opgebou het van niks af nie. Sisteme het gewerk, wanbesteding van belastingelde het glad nie bestaan nie. Sou iemand dit waag is hy uit die kabinet geskop, summier. Ons staatshospitale was van TOPgehalte, die infrastruktuur het GEWERK, en ons het nooit KRAGONDERBREKENINGS gehad nie.

Daar gee ons die land vir hulle en twee dekades daarna, kyk hoe gaan dit in die parlement, wanbesteding van gelde, almal wil mekaar vrek maak, staatshospitale is vuil en besmet en walglik en ‘n gesondheidsrisiko, die infrakstruktuur is ‘n grap en paaie word nie eens instand gehou nie, en skielik het ons LOADSHEDDING…………………………..

Nou is my vraag: Ons het aan hulle iets gegee wat reeds opgebou is en in werkende toestand was……………….waarom kon hul nie met hul ‘kennis en vernuf’ voortbou hierop en ‘n algehele sukses van hierdie geleentheid maak in alle SA burgers se belange nie?? Is daar dan geen selfrespek of trots sodat ons land ook ‘n goeie voorspoedige beeld kan reflekteer na die buiteland nie? Waarom altyd floreer op iets afbrekends en negatiefs? Kom Ramaphosa antwoord ons, sal met liefde saam met jou tee wil drink en jou deurdenkte antwoord wil aanhoor.

Alwyn ·

Mnr Hemmers maak slegs een fout, ‘n bees kan meer as een brand merk hê. Indien iemand bees by my koop dan moet hy sy eie brandmerk daarop aanbring.

Cherokee ·

Arme diere.. elke keer as hy van eienaar verwissel moet ‘n groot nuwe merk met rooiwarm staal in sy vlees ingebrand word. Geen diereregte.

Boer ·

Die wet sê n brandmerk word op regter boud gebrand vir eerste eienaar dan regter blad vir tweede eienaar dan linker boud vir derde en linker blad vir vierde eienaar. n Bees se nek is gereserveer vir die staatsveearts

Lag net ·

Moet dit nie onwettige betreder wees nie? Indien jy wettig op eiendom is, dan het jy dit betree.

Cherokee ·

Jy sê dit so asof daar wettige betreders is. Betreding is onwettig by verstek.

Verniel/ afbreek/ verwoes ·

Anoniem, HULLE HET GEEN trots, vernuf, kennis en selfrespek nie. Is dit dan nie duidelik nie?

Terloops ·

Hulle kan dankbaar wees die vee is geskut en nie geskiet nie.

jennefer ·

Die betreder moet ook aangekla word vir dieremishandeling, die diere stres met verskuiwings en ek wonder of hul toegang tot water gehad het.

Cherokee ·

Vir jòu, wat spog ‘n diereliefhebber te wees, is dit belangriker om jou eie skrywes mbt diere stres met verskuiwings en toegang tot water te publiseer as om feite soos deur my genoem in die gesig te staar. Hou op om te spog met self maar begin omgee vir diere.

aj ·

Kla die krimineel aan vir dieremishandeling by die DBV. Hopelik sal hy verbied word om weer diere te mag aanhou!

Ben ·

Boer… laat my jou brandmerk op n plek waar jy nie gebrandmerk wil wees nie….wat de wet ook al sé!

Hennie ·

Net so ter inligting sou die grond oneindig sonder vergoeding deur gedruk word dan is ons as witmense mos ook geregtig daar op nie net die swartmense nie die grond Wet maak tog voorsiening vir almal in SA .

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.