Beeste lewend buite Pta geslag

plaas-polisie-veld

Argieffoto

Die Nasionale Dierebeskermingsvereniging (NDBV) het ʼn ondersoek van stapel gestuur nadat ʼn paar beeste verlede week lewend vir hul vleis geslag en vir die dood agtergelaat is.

Colette Barnard, nasionale inspekteur van die NDBV se plaasdierebeskermingseenheid, het Maandag gesê sy is Woensdag na die “gru-toneel” in die De Wildt-omgewing noord van Pretoria ontbied.

“Die oorskot van minstens vier beeste se karkasse is verspreid op ʼn konstruksieterrein aangetref. Twee beeste het tussen die verwoesting gesit. Hulle kon nie beweeg nie, aangesien die senings aan hul agterpote afgesny was. Met verdere ondersoek is ʼn kalfie, wie se senings ook afgesny is, ook lewend gevind,” het Barnard gesê.

Barnard het gesê terwyl inspekteurs en polisiebeamptes op die toneel besig was om ondersoek in te stel, het een van die beeste se eienaars opgedaag met die bedoeling om die beseerde beeste na ʼn slagpale in Brits te neem. Die NDBV en polisiebeamptes van die Soshanguve-honde-eenheid het egter die drie beeste op die toneel van kant gemaak om hulle van enige verdere lyding te spaar.

“Dit is onbegryplik dat hierdie oortreders sonder enige medelye opgetree het en hierdie diere gemartel het, sonder om ag te slaan op hul lyding. Die toneel was verskriklik en hartverskeurend,” het Barnard gesê.

Die NDBV en polisie ondersoek die voorval. Niemand is nog in verband met die voorval in hegtenis geneem nie. Enigiemand met meer inligting word versoek om die NDBV se plaasdierebeskermingseenheid by 011 907 3590 te skakel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

21 Kommentare

Elsa ·

Voorkoming ….as Polisie patroleer en gereeld roetes ry sal die sort van misdaad stop…sigbaarheid en as Polisie te min is, doen opleiding en werf mense wat eerlik en betroubare Polisie manne en vroue sa wees

saarkie verkoue ·

nee Elsa. dienpokisie is nou te besig om vuurwapens waarvan sie lisensies verval het, te konfiskeer en kopers te vind. vervolg die wreedaards tor die letter van die gereg! maar nee, jy leea nou daarvan op mm en dan sal gn haan weer daarna kraai nie. die afgeSLAANDE hakskeen senings is n ou gewiinte onder diwe beeste en sover ek weet het die ndbv nog geen woord gerep oor wat san met hierdie arme diere gebeur nie.

Robert ·

Hierdie tipe van vleis diefstal is algemeen, dus nie nuus nie. Die kriminele is gepla dis hoekom die beeste nog lewend gevind is. Die konstruksie terrein was heelwaarskynik afgekamp wat die bymekaarmaak van die beeste vergemaklik het. Gewoonlik kry jy net die binnegoed en die res is weg. Vind ook baie plaas met skaap diefstal. Ek verskaf maar net info, ek keur dit glad nie goed nie dis boos.

Shame ·

Hartseer. Nou lyk die ou wat ‘n jong os platgetrek het na presies wat dit was – simoel, maar nie wreed nie. Hy sal aangekeer word, want hy het ‘n adres. Hierdie wreedaards sal los rondloop en dit weer en weer doen. Dit het al in 1989 die eerste keer op ons plaas gebeur. Die polisie, shame, aa hulle eerste by die toneel kom, verdwyn nog van die vleis, in die vangwa in.

Nel ·

Die verskriklike wreedheid spreek boekdele… nie mens of dier is meer veilig in hierdie land nie.

Wouter ·

Dit is dieselfde wat hulle in Kenya gedoen het, en in ander plekke in Afrika. As ons diere en on eie regte wil beskerm moet ons ons eie veilige, eerbiedige land skep waar lewe gerespekteer word.

Oopsie ·

Hallo Maroela. Die heel eerste sin lees nie reg met n “het” en n “is” in nie.
Lekker dag

Tania Heyns ·

Dagsê Oopsie

Dankie vir jou kommentaar. Ons vra om verskoning vir die oorsig, die berig is reeds gewysig.

Groetnis
Tania nms Maroela Media

Pippie Langkous ·

NDBV, dis vir sulke sake wat julle belonings moet uitloof om die skuldiges te vang. Los eerder sakies soos die boerklong wat die kalfie platgetrek het. Verg julle aandag aan eersgenoemde en soortgelyke sake.

HPV ·

Tydens ons weermag dienstyd in 1967 is die volgende dokumentêre film meer as eenkeer aan ons gewys “Africa Addio” Alle Suid Afrikaners behoort dit ten minste eenkeer in ‘n leeftyd te sien. Niks het verander in 50 jaar nie, sal dit in die volgende 50 jaar verander? Nee!
“Google” en kyk dit. Sien die werklikheid van Afrika soos dit was, steeds is en gaan bly!

gatiep ·

Jy is reg ek sien ook nou raak dit gaan so aanhou tot alles verwoes is.
Ek het nog hoop op Putin wat op pad is na SA.Dink nie hy kom vir mooi praatjies nie.
Ek wil graag sien of malema hom sal sleg se oor hy wit is.
Hy sal lelik 2de kom.

Ella ·

@HPV: my man was self daardie tyd in die weermag en het dieselfde gese.
En jy is reg dit sal nie ophou nie. Die wreedhede van hier die geweldenaars laat mens verstom en verbyster. Iemand het verlede week gese vroue, kinders en diere is slegs kommoditeite vir sommige volke.
Kan sulke optrede dalk deel wees van inisiasie en rangorde in bendes?

Careltjie ·

Wat van die tradisie waarin jong seuns ‘n lewendige bees se tong moet uitskeer as deel van hul inisiasie? NDBV jul het baie werk. Dit is onmenslik en wat as kultureel aanvaarbaar beskou word is nie menslik nie.

Careltjie ·

Pippie Langkous, jy is 100% reg, maar onthou, dit is makliker om die arme boertjie vas te trek.

Peet J ·

Kenya, die mau mau het ook geen genade vir die Britse setlaars gehad nie omrede hulle in opstand gekom het teen die Britte terwille van hulle vryheid. Hulle het baie Britse setlaars vermoor. Nou ondervind Kenya na onafhanklikheid probleme bv. populasie neem toe wat werk en voedsel tekort veroorsaak korrupsie en armmoede is aan die orde van die dag. Laat my dink Suid Afrika is besig om in dieselfde bootjie te vaar.

Theresa B ·

Hoe siek kan jy wees om so iets te doen. Daardie arme diere. Ek hoop die Here het hulle van hulle vreeslike pyn verlos. Mag die wat dit gedoen het ook kry wat hulle toekom!!

Annatjie Alblas ·

Ek het Africa Addio gekyk jare terug en kry nou nog nagmerries daaroor. Ek is jammer maar sulke dinge maak my hoe en wat ek is vandag.

Steve N ·

Gelykes, naastes, broers, medemense? Nee dankie. Nooit nie.

Hendrik ·

‘n Volk se blak van beskawing kan gemeet word oor hoe hy teenoor diere optree. Of dit nou mishandeling soos hierbo, of hoenders doodskop by n skool is, dis laakbaar!

Alwyn ·

Alles wat deur God geskape is hetsy mens dier of wat ookal moet met respek behandel en hanteer word.Die booshede wat aan die orde van die dag is en so ooglopend deur regerings toegelaat word om plaas te vind sal verseker nie ongestraf bly nie.God het die wereld lief maar ons maak n bespotting van dit wat ons uit sy hand ontvang. Ons kerke moet wakker skrik voordat te laat is.Die gesegde mense is erger as diere behoort verban te word.Die verskriklike optrede teenoor weerlose diere is n klad op die huidige beskawing se naam.Ons is almal deel van die huidige beskawing en daarom is die huidige mensdom ook net so skuldig vir die wandade van die huidige volkere van nasies,

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.