Beeste maak amok op hoofweg

Argieffoto

Argieffoto

Die N2-snelweg naby Amanzimtoti, KwaZulu-Natal, moes Donderdag vir verkeer gesluit word nadat ʼn trop beeste op dié besige pad beland het.

Volgens Chris Botha, ʼn woordvoerder van Netcare 911, het die trop omstreeks 15:30 op die noordelike en suidelike gedeelte van die hoofweg beland en rondgehardloop. “ʼn Bakkie wat in ʼn noordelike rigting gery het, het een van die beeste getref,” het Botha gesê. “Die bakkie is erg beskadig en die bees is op slag dood. Die bees is in die vinnige baan getref.”

Botha het gesê die bakkie se insittendes is ongedeerd. “Die metropolisie moes die snelweg vir ʼn geruime tyd sluit sodat die beeste van die hoofweg weggelei kon word.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Lawrance ·

Dis hoekom 99% van hulle nooit sukses met boerdery sal kan aak nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.