Die N2-snelweg naby Amanzimtoti, KwaZulu-Natal, moes Donderdag vir verkeer gesluit word nadat ʼn trop beeste op dié besige pad beland het.
Volgens Chris Botha, ʼn woordvoerder van Netcare 911, het die trop omstreeks 15:30 op die noordelike en suidelike gedeelte van die hoofweg beland en rondgehardloop. “ʼn Bakkie wat in ʼn noordelike rigting gery het, het een van die beeste getref,” het Botha gesê. “Die bakkie is erg beskadig en die bees is op slag dood. Die bees is in die vinnige baan getref.”
Botha het gesê die bakkie se insittendes is ongedeerd. “Die metropolisie moes die snelweg vir ʼn geruime tyd sluit sodat die beeste van die hoofweg weggelei kon word.”
Lekker “Ou” Afrika.
Dis hoekom 99% van hulle nooit sukses met boerdery sal kan aak nie.