
Foto: @GTP_Traffstats op Twitter.
Volgens die Nasionale Dierebeskermingsvereniging (DBV) het ʼn groep mense op die beeste, wat daarin kon slaag om hulself te bevry, toegesak. Talle van die diere is ernstig beseer in die ongeluk.
“Hulle bedoeling was om vleis van die lewende diere af te kap. Van die diere kon nie ontsnap nie en is deur die groep mense gesteel of opgekap.”
Volgens die DBV was die polisie, brandweer en ander reddingseenhede op die toneel om die skare te beheer en die beeste wat nog in die wrak vasgekeer was, te bevry. Die beeste wat nie gered kon word nie is op die toneel geslag.
Die bestuurder van die vragmotor is volgens berigte ernstig beseer.
O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.
14 Kommentare
Suid Afrika het ‘n groot probleem, en almal weet wat dit is. maar almal swyg soos die graf, tot die “leier” van die land swyg en laat Gods water oor Gods akker gaan!
Ai dit klink vir my maar baie barbaars en wreed om diere so lewend op te kap.
Mnr Zuma, Malema en kie – die mense is honger.
Zuma. Malema en kie; “gee vir die mense koek”
Dit is siek en barbaars
Honger werklose mense + Nkandla = ANC se arogansie…..