Beeste se baas gesoek ná diefstal

Die beeste is op ‘n sleepwa gekry. Foto: SAPD

Twee vermeende diewe het Donderdag vlugtig in die landdroshof op Makwassie verskyn nadat Wolmaransstad se polisie hulle die afgelope week in hegtenis geneem het.

Polisiebeamptes het Dinsdag omstreeks 09:00 ʼn Nissan Hardbody-bakkie afgetrek wat vier beeste op ʼn sleepwa vervoer het. Hulle het Andries Chaka (39) en Maruping William Mathunzi (34) ondervra oor die moontlike besit van gesteelde vee, sê kapt. Sam Tselanyane, Noordwes-polisiewoordvoerder.

Die twee verdagtes kon nie na wense verduidelik waar hulle aan die beeste gekom het nie. Albei is dus aangekla van die besit van gesteelde vee.

Hulle bly in aanhouding tot hulle na verwagting Vrydag weer in die landdroshof sal voorkom terwyl die polisie hul ondersoek voortsit, sê Tselanyane.

Enigiemand wat die polisie kan help om die regmatige eienaar van die beeste op te spoor, kan sers. Aufane Kgakgane by 082 496 9627 bel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Willem ·

Wat is die beeste se brandmerk? Sal help as julle dit kan plaas.

zoom zoom ·

Is die beeste nie bestem vir Zuma nie. Dalk nog ‘n geskenk van die melkplaas in Vrede .

Karolis ·

Die beeste is veronderstel om gemerk te wees.
Was seker op pad strand toe.

J ·

Wat van brand merk op beeste om eienaar te trace. Of is ek verkeeed.

Sarel ·

Dit is een van die groot probleme , baie vee word nie gemerk nie.

Sarel ·

N verdere kwessie is dat ondervraging nie meer behoorlik geskied nie. Die verdagtes weier seker om te se waar die vee vandaan kom.

Co ·

Ek hoop dat sodra die twee boewe skuldig bevind word, die voertuig sowel as die sleepwa gekonfiskeer word en aan die polisie oorhandig word om verder hul (goeie) take te verrig!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.