Beeste sterf in botsing

Argieffoto

Argieffoto

Drie beeste is dood nadat vier motors Vrydag teen hulle gebots het op die N2 in Umgababa naby Winklespruit, KwaZulu-Natal.

“Een van die koeie was dragtig en het geboorte gegee nadat sy deur een van die voertuie getref is,” het Chris Botha, woordvoerder van Netcare911, gesê. “Ongelukkig is die kalf ook op die toneel dood.”

Botha sê geen mense in die ongeluk beseer nie alhoewel een van die motors omgeslaan en verskeie kere gerol het.

Maroela Media het vroeër berig dat die N2-snelweg naby Amanzimtoti Donderdag vir verkeer gesluit moes word nadat ʼn trop beeste op dié besige pad beland het. ʼn Bakkie het een van die beeste getref. Die bakkie is erg beskadig en die bees is op slag dood. Die bakkie se insittendes is ongedeerd.

Lees ook:
Beeste maak amok op hoofweg

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.