Beeste wreed vermink, geslag

*Waarskuwing: Berig bevat inhoud wat sensitiewe lesers kan ontstel.

Die verwese kalfies het Maandagoggend nog aan die dooie koeie probeer suip. (Foto: Verskaf)

Sewe beeste is Sondagaand wreed vermink en geslag op  ʼn plaas in die Winburg-omgewing in die Vrystaat. Die bul en ses koeie het aan Lucas Sentueli en Jacob Mtlhokoe, twee plaaswerkers, behoort en was altesame R137 000 werd.

ʼn Paar van die koeie was boonop dragtig.

Jan-Harm Joubert, boer en plaaseienaar, sê sy werkers het Maandag kort na 05:00 op die gru-toneel afgekom.

“Sewe beeste is dood. Vyf is geslag waarvan die vleis van vier en ʼn half weg is. ʼn Halwe bees se vleis het nog daar gelê.”

“Die ander twee karkaste was nog heel. Die hakke is gekap en daar is ʼn gat in die kop gekap om seker te maak die beeste is dood en dat hulle nie bulk nie.”

Joubert sê dit lyk of die veediewe, wat met ʼn motor toegang tot die plaas verkry het, die beeste en hul kalfies na ʼn hoek gejaag het.

Daar is ʼn gat in die kop gekap om seker te maak die beeste is dood en dat hulle nie bulk nie. (Foto: Verskaf)

Die verwese kalfies het Maandagoggend nog aan die dooie koeie probeer suip.

“Die polisie was daar, maar die spore was redelik toe weens die reën. Daar is ook messe op die toneel gevind.”

Isabel Kruger, van die veediefstalvoorkomingsforum van die Rooivleisprodusente-organisasie (RPO) in die Vrystaat, sê veediefstal neem beslis hierdie tyd van die jaar toe.

“Daar is ook minder as twee maande gelede 20 beeste op ’n ander plaas in die omgewing só gekap.

“Die dieremishandeling wat met hierdie voorvalle gepaardgaan is afgryslik. Die diere ly verskriklik.”

Kruger sê sy het voorheen al aanskou hoe ’n vers op afgekapte hakke probeer loop.

“Dit maak ʼn mens so hartseer. Dit is grusaam en so wreed. Hulle [die veediewe] het geen genade nie.

Die verwese kalfies het Maandagoggend nog aan die dooie koeie probeer suip. (Foto: Verskaf)

“Hulle steel die vleis en al kry hulle net R50 of R200 daarvoor is hulle tevrede. Vir hulle is dit ’n wins.”

Kruger sê veediewe is boonop gevaarlik.

“Hulle steel nie net ’n skaap of ’n dier en hardloop weg nie, nee, hulle is gewapen.

“Veediefstaleenhede werk hard om dié soort voorvalle te bekamp, maar hulle kan nie oral wees nie. Daar is ook onder meer ’n tekort aan voertuie en mannekrag,” sê Kruger.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.

28 Kommentare

jongste oudste gewildste
Diline

Ek het nie woorde nie, watse tipe “monsters” doen hierdie gruwelike dinge en dit vir GELD. Se weer hierdie tipe is gewetenlose misdadigers wat geen gevoel het vir niks en niemand nie. Dit is in “sekere” mense se DNA om so wreed te wees.

Toy

Gewetenlose gemors. Hulle dag gaan kom.

Gompie

Die wreedheid daarvan, kan dit nie glo nie. Dis hulle wat jy sommer van agter af ook in die hakke kap of skiet.

Willem

Dit herinner ‘n mens aan die Mau-Mau in Kenya.

Andre

Our people