Beetge wil nie inligting bekend maak nie

Tessa Beetge

Tessa Beetge

Tessa Beetge, die veroordeelde dwelmmuil, het die departement van internasionale betrekkinge versoek om geen inligting oor haar bekend te maak nie.

“Beetge het aan ons gesê sy wil nie hê ons moet kommentaar lewer oor haar omstandighede nie,” het Nelson Kgwete, woordvoerder vir die departement, Dinsdag gesê. “Ons kan slegs die inligting bekend maak wanneer die persoon toestemming daarvoor gee.”

Volgens ʼn berig verwag Beetge se familie haar terugkoms van Brasilië na Suid-Afrika teen die einde van Maart.

Beetge is in 2008 by die Guarulhos internasionale lughawe in Sao Paulo met 10.2 kg kokaïen in haar bagasie betrap.

Haar ma, Marie Swanepoel, is in Oktober in ʼn hospitaal in Oos-Londen oorlede ná ʼn kort siekbed.

Beetge is deur Sheryl Cwele gewerf om die kokaïen van Suid-Amerika te smokkel. Cwele is die eksvrou van Siyabonga Cwele, die minister van staatsveiligheid. Cwele en haar medebeskuldigde, Frank Nabolisa, is in Mei 2011 deur die Pietermaritzburg-hooggeregshof skuldig bevind aan dwelmhandel. Die twee het die hoogste hof van appèl genader om hul skuldigbevinding om te keer, maar die hof het hul vonnisse van 12 na 20 jaar verleng. -SAPA

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.