Befondsing van politieke partye ondersoek

geld ekonomie suid-afrika

Argieffoto

ʼn Ad hoc-komitee sal saamgestel word om die befondsing van politieke partye wat in nasionale en provinsiale wetgewers verteenwoordig word te ondersoek.

Dit volg ná die Nasionale Vergadering Dinsdag tot ʼn besluit gekom het.

Die parlement het in ʼn verklaring gesê die komitee sal die moontlikheid om wetgewing aan te pas oorweeg indien dit nodig is.

“Die ad hoc-komitee sal die model van openbare- en privaat befondsing in oorweging neem. Dit sal ook ondersoek of daar ʼn behoefte aan die regulering van privaat befondsing in al sy vorme is, sowel as beleggingsmaatskappye wat deur politieke partye besit word,” het die verklaring gelui.

Dié komitee sal uit 11 lede bestaan. Ses lede van die ANC, twee van die DA, een van die EFF en twee lede wat al die ander partye in die Nasionale Vergadering verteenwoordig.

Die komitee moet teen 30 November weer aan die Nasionale Vergadering rapporteer.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.