Begeleide konvooi dalk op pad na KZN

Argieffoto

Organisasies beraam tans planne om voorraad met ʼn konvooi veilig na geteisterde gebiede in KwaZulu-Natal te vervoer, aangesien die N3 nog nie oopgestel is ná gewelddadige onluste nie.

Sou die N3 teen Sondag nog nie oopgestel word nie, sal voertuie deur middel van gewapende veiligheidswagte en lugsteun van Gauteng na KwaZulu-Natal begelei word. Skenkings vanaf welsynsorganisasies vir bejaardes en kinders sal ook deel van die konvooi uitmaak.

Piet le Roux, uitvoerende hoof van Sakeliga, sê “gebeurlikheidsbeplanning” word in dié stadium gedoen, sou die beveiliging, herstel en skoonmaak van die N3 nie teen Sondagoggend voltooi wees nie.

Die konvooi is ʼn gesamentlike inisiatief van die sakeorganisasies Sakeliga, Saai en Neasa, terwyl die sekerheidsbegeleiding deur die private militêre maatskappy Dyck Advisory Group verskaf sal word.

“Voorbereiding word tans getref vir ʼn konvooi van tot 20 voertuie om Sondagoggend via alternatiewe roetes te ry, sou die N3 dan nog nie veilig wees nie.”

Aanduidings uit die geteisterde gebiede is dat veral mediese voorraad en babavoedsel soos formulemelk benodig word.

Le Roux sê ondernemings wat daarin belangstel om hul voertuie en vrag in die konvooi te laat reis, asook weldoeners wat voertuie of vrag wil stuur, kan Sakeliga hiér inlig.

Deelnemende ondernemings moet wel gewillig wees om tot 10% van plek in hul voertuie beskikbaar te stel vir skenkings wat deur welsynsorganisasies na KwaZulu-Natal vervoer word.

“Organisasies wat self voertuie wil skenk waarin hierdie voorraad vervoer kan word, word aangemoedig om dit te doen, aangesien ons beperkte vragkapasiteit vir noodlenigingsvoorraad vanaf welsynsorganisasies het. Dié skenkings, wat kos en ander noodsaaklike items vir ouetehuise en kinderhuise insluit, sal op ʼn sentrale punt op- en afgelaai word. Mense wat graag skenkings wil doen, word aangemoedig om dit deur welsynsorganisasies soos Helpende Hand te doen, aangesien dié organisasies reeds stelsels gereed het om skenkings behoorlik te koördineer.”

Welsynsorganisasies wat aan die projek wil deelneem, word ook aangemoedig om self reëlings te tref om voorraad vanaf die sentrale verspreidingspunt in Durban op te laai en verder te versprei.

Organisasies wat aan die projek wil deelneem, word versoek om Sakeliga by [email protected] te laat weet, sou hulle by die konvooi betrokke wou wees.

Voornemende lede van die konvooi moet beskikbaar wees om Saterdag persoonlik te vergader om sodoende die reis te beplan.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

13 Kommentare

gatgogga ·

Mense en sakeondernemings maak nou self planne, en doen iets. Pragtig.
Die sluimerende Ramaphosa en sy ANC is nie meer relevant nie.

Blikkantien ·

Hoop dat daar nie van die onluste in daardie rye gaan staan vir hulp nie.

Tipper ·

Ek sê dit lankal hier is vreemde intekenaars wat afduim gooi,ek het al Maroela gevra maar niks gehoor nie.

Tiptol ·

Dit is duidelik iemand wat niks positief kan aanbied vir die samelewing nie. Moet julle net nie aan die persoon steur nie. Hy verdien geen reaksie nie.

Harley Davidson ·

Dit is hoe dit gaan in die DRC alles word begelei deur gewapende konvooie, wil die ordentlike en beskaafte burger in SA so lewe of wil hulle liewer in ‘n onafhanklike tuisstaat bly ?

Menan ·

THE N3 IS OPEN
July 16th – 10h10: FleetWatch has just been officially informed by the RTI that the N3 is open. Although the road will be open 24/7 as opposed to the original plan to open it only during daylight hours from 6.00am to 6.00pm, the RTI is recommending that everyone try as best as they can to travel during the day for safety reasons. They have also asked FleetWatch to please pass on the message to all truckers to take extra care in terms of safe driving as they are concerned about people rushing and crashes leading to hold-ups on the road. Law enforcement personnel are being deployed at all the identified hotspots. The road is open.

Baardman ·

En wie gaan in die ry staan om skenkings te ontvang, seker dieselfde mense wat geplunder het.

Tipper ·

Meer rykes sal emigreer,want daai einste Looters en bendes sit nog lekker versteek daar en gaan nêrens heen nie.

Anoniem ·

Daar is heelwat berigte wat reken dat sekere faksies, waaronder oud MK lede getrou aan Zuma agter die onrus sit. Ramaphosa behoort nou vir eens en vir altyd ontslae te raak van MK, hulle is jare gelede by die SANW ingelyf en het geen bestaansreg nie. Korporaal Niehaus & Kie het hulle kans gehad om in die SANW opgeneem te word, maar het waarskynlik verkies om terroriste te bly.

hattie ·

Ek kyk eNCA en wonder, hoe daar nou so baie helpers is om skoon te maak (KZN), saam ons president sing, en omtrent almal splinternuwe goudgeel t-hemde dra, komplimente van ANC. Sjoe, gaan daar yskaste en kos uit die hemel val? Die mense wag al van 1995 af daarvoor????

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.