Begraafplaas-verkragter kry lewenslank

Argieffoto

Argieffoto

ʼn 29-jarige verkragter wat deel was van ʼn bende wat paartjies naby ʼn begraafplaas in Brits in Noordwes geteister het, is Maandag in die dorp se streekhof tot lewenslange tronkstraf gevonnis.

Kapt. Paul Ramaloko, provinsiale polisiewoordvoerder, het gesê Jimmy Sipho Nguleni en Kabelo Matladi (24) was deel van die bende wat gereeld op paartjies, wat naby die Letlhabile-begraafplaas ontspan het, toegeslaan het.

“Nguleni, Matladi en nog ʼn man het verlede jaar ʼn paartjie by die begraafplaas as gyselaars gehou,” het Ramaloko Dinsdag gesê. “Hulle het die man in sy motor se kattebak toegesluit waarna die verdagtes sy meisie al om die beurt verkrag het.”

Die twee is kort ná die voorval in hegtenis geneem. Die derde man is nooit opgespoor nie. Slegs Nguleni is Maandag gevonnis. Matladi se verhoor duur voort aangesien hy tereg staan op aparte aanklagte van verkragting, ontvoering en roof. Hy dien ook tans drie jaar tronkstraf uit nadat hy in 2014 uit aanhouding by die Brits-polisie ontsnap het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

SNEL ·

Kan nie eers meer jou geliegdes besoek by n begrafplaas nie, wat praat nog van die graf skoon maak en instand hou. Jammer dat dit ons ook nie eers meer gegun word nie.

lorayne ·

Die 2de berig vandag oor POSITIEWE vonnisse in die Brits hof maak my net weer van vooraf trots as ‘n oud inwoner . . . u go Brits!!!!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.