Begrafnis uitgestel weens “vermiste” tong

Argieffoto

Argieffoto

Die polisie van Mpumalanga het Woensdag ontken dat ʼn tong van ʼn lyk by ʼn privaat lykshuis in Nelspruit gesteel is.

The New Age het berig dat die familie van Smanga Zwelithini Silinda Sondag die lykshuis besoek het en ontdek het sy tong word vermis. Volgens die berig moes Silinda se begrafnis uitgestel word hangende die uitkoms van ʼn ondersoek oor die voorval.

“Toe ons by die lykshuis aankom, het die werkers ons aangesê om vir ʼn ruk lank buite te wag voordat hulle ons ingelaat het,” het Silinda se ma, Thandi Maseko, aan die koerant gesê. “My seun se mond was oop toe ons hom gesien het. Ons het in sy mond gekyk en ontdek dat sy tong vermis word.”

Kol. Leonard Hlathi, woordvoerder van die polisie, het gesê ʼn nadoodse ondersoek is Dinsdag uitgevoer en die tong was toe aanwesig. “Die tong word nie vermis nie. Al die liggaamsdele is daar,” het hy gesê. – Sapa

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Eben ·

Kyk in sy maag … met die nadoodse ondersoek het hulle dit seker per ongeluk in die maag toegewerk.

Nienie ·

Stem saam met Eben. En nou kan hulle nie vir die familie sê dat sy tong elders is nie.

Slik Daan ·

Sien n bekende kettingwinkel-groep bied geweldig afslag op hul gepekelde beestong. Loop ons dieselfde paadjie as die donkie biltong verneukery?

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.