Begrafnisganger op plaas doodgeskiet

[OPVOLG] Lees die opvolgberig hier.

Argieffoto: Nico Strydom

ʼn Man sal vandeesweek in die hof verskyn nadat hy na bewering ʼn begrafnisganger op ʼn plaas in die Otto’s Bluff-gebied naby Pietermaritzburg in KwaZulu-Natal doodgeskiet het.

Kapt. Nqobile Gwala, woordvoerder van die polisie, het gesê die voorval het Saterdag omstreeks 13:00 gebeur. Volgens Gwala het talle mense ʼn begrafnis van die Lembethe-familie op die plaas bygewoon.

Die 66-jarige verdagte het glo met ʼn vuurwapen by die begrafnis opgedaag en daarop aangedring dat die mense die plaas verlaat. “Toe een van die begrafnisgangers met hom gaan praat het, het hy hom na bewering geskiet voordat hy in sy voertuig van die toneel gevlug het,” het Gwala gesê.

Die 30-jarige slagoffer is in sy bolyf gewond en is op die toneel dood verklaar.

ʼn Soektog na die verdagte is van stapel gestuur en hy is later die dag in hegtenis geneem op aanklag van moord. Hy sal later vandeesweek in die hof verskyn.

Gwala kon nie mediaberigte dat die verdagte ʼn boer is of dat die voorval op sy plaas gebeur het bevestig nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

17 Kommentare

Wat ookal ·

Wat ookal, dat mens vir jouself soveel op die hals kan haal.

Chris ·

Selfbeheersing, kophou, selfdisipline, verantwoordelike gebruik van vuurwapen – wat het hy gedink? Wat het hom besiel? Weereens word die Boere as n groep se beeld geskaad – en ja, ons besef dit is alles nog net bewerings en bespiegelinge maar die berig is reeds uit en afleidings word gemaak. So onnodig en skadelik met huidige politieke klimaat en rassespannings wat aangejaag word met duistere agendas

Boer dalk aangeval ·

Die boer was tien teen een aangeval of met die dood gedreig, ek sit al my geld daarop want ek was in soortgelyke situasie en was met dood gedreig.

Chris ·

Op die meeste plase waar plaaswerkers dikwels al geslagte lank werk vir die betrokke plaaseienaar(s) en ook woon, was die gebruik dat familielede van die werkers op die plaas begrawe word. Mettertyd het nuwe wetgewing tot gevolg gehad dat werkers deur plaaseienaars elders gehuisves is en daagliks na plase vervoer word waar dit moontlik was. Natuurlik vind begrafnisse van werkers en familielede op plase steeds plaas en gewoonlik word plaaseienaars se toestemming daartoe versoek. Sodanige toestemming sal nie onredelik weerhou word nie. En dikwels woon plaaseienaars en hul gesinne die begrafnisse by en word gevra om iets te se oor die oorledene.

seekat ·

Sou ook graag wou weet…en klaarblyklik nog sonder die nodige toestemming van die eienaar…

Pop ·

Lynette nee mens mag nie n ander se eiendom sommer betree nie , maar die vraag moes wees. Mag mens iemand sommer op jou eiendom doodskiet?????

Sjo! ·

Wel as hy my dreig veral op my grond en se hy gaan my nou doodmaak sal ek myself ok verdedig en ek sal nie agterbly sodat die res ban die skare my ok kom probeer doodmaak nie!Maar wie weet wat regtig daar bebeur het?

Cor ·

As die oorledene se ansisters vroeer op die plaas gebly het en daar begrawe is mag hulle die mens by sy ansisters begrawe, maar moet eers die eienaar van die grond ken in die saak. Hierdie is seker weer n plotboer of n naweek boer wat rambo wou speel en toe kry hy vir hom genoeg moeilikheid . Sodoende word aldie boere nou weer onder die selfde kam geskeer. Wag maar vir ou Juliuis se kommentaar.

Gerrit ·

Hoekom word die woord “boer” in hierdie berig genoem vir sensasie hoekom is julle bang om beskuldigdes te identifiseer as wit of swart die res van die wêreld doen dit.
Weereens swak feite.(swak beriggewing)

Flippie ·

Chris, het jy die video gesien? Dan sal jy sien die man se lewe was in gevaar. As hy nie gedkiet het nie, was hy dood. Dan sou iemand weer ‘n ‘n relaas gehad het oor daar nie geskiet is nie.

Punt is mense het op privaat grond oortree. Hulle weet die polisie steur hulle nie daaraan as blankes betreding aanmeld nie. Hulle weet ook dat hulle op die polisie se gretige en entoesiastiese samewerking teen die grond eienaar se optrede. In ons howe is daar geen begrip oor die konsep van eienasrskap nie. Die howe beskou privaatheid grond as openbare gebied – behalwe as dit die Zuma of Gupta kompong is.

Gawie de Beer ·

Daar is altyd drie stories per aangeleentheid …… ons het nou een storie kom ons wag vir die tweede storie en dan die waarheid voordat on op hol raak en beledigings of opinies skryf waarvan ons niks weet nie!

Muffin ·

Flippie ek stem 100% met jou saam. Waar sien jy die video.

Leon ·

Ek het ook die video gesien.
Daar was nie net EEN man om met die boer te praat nie, daar was ‘n hele groep en ten minste drie het hom gekonfronteer. Die boer het deurentyd agteruit beweeg – in die bosse in – terwyl die ander groep heeltyd vorentoe gebeur het.
Naderhand was die boer deur die bos en die mense het hom nog steeds gekonfronteer, nie gepraat nie! Duidelik kan gesien word dat ander mense om die bos hardloop om te poog die boer van agter te takel. Hy moes homself verdedig teen hierdie aggresiewe oormag.

sarel ·

nee die berig se n man as dit n boer was sou die berig gelees het n boer wat rasisties is het n arme begrafnis ganger dood geskiet omdat hy kom vra het of hulle sy plaas kon gebriuk om n begrafnis diens te hou so wie se dis n boer wag tot dit bekend gemaak word self die polisie weet ook nie watter ras nie want hulle hou nog uitkenning perade

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.