Begrafnisgangers vermoor twee; stort hul liggame in graf

kruise-grafte-oorloggrafte

Foto: Hhach/Pixabay.com

Die polisie in Tubatse buite Burgersfort in Limpopo het ʼn soektog na ʼn groep verdagtes van stapel gestuur nadat hulle Saterdagoggend twee mans aangeval en vermoor het.

Lt.kol. Moatshe Ngoepe, woordvoerder van die polisie, sê gemeenskapslede van Tubatse het glo ʼn oorlede vrou by die Mashifane-nedersetting-begraafplaas begrawe toe die groep skielik twee mans aangeval het.

“Van die begrafnisgangers het die mans met verskeie voorwerpe aangeval en gegooi voordat een begrafnisganger ʼn vuurwapen uitgehaal en hulle doodgeskiet het,” sê hy.

Volgens Ngoepe het die gemeenskap toe die mans se liggame aan die brand gesteek, hulle liggame in die graf gegooi en toe die oorlede vrou se kis bo-op hulle laat sak.

“Die polisie is na die toneel ontbied waarna die liggame van die twee mans en die vrou opgegrawe is vir ʼn polisieondersoek,” sê hy.

Ngoepe sê daar is in dié stadium geen motief vir die dubbelmoord bekend nie.

Lt.genl. Nneke Ledwaba, provinsie polisiekommissaris, het die voorval ten sterkste veroordeel. “Hierdie neiging [van die gemeenskap wat reg in eie hande neem] moet nou stop. Diegene wat hul skuldig maak deur die wet te oortree, sal boet,” sê hy.

Enigeen met meer inligting word gevra om brig. James Espach te bel by 082 576 0743.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

LB S ·

Die mense raak MOEG vir die MOORDE op hul geliefdes. Hoeveel moet nog hierdeur gaan? Mens kan hulle nie kwalik neem nie.

Chris Ws ·

Tronkstraf skrik misdadigers nie af nie want dis vyfster verblyf.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.