Begrafnisondernemers ongelukkig oor sekstoneel in kis

Die toneel wat begrafnisondernemers in rep en roer het. Foto: Skermskoot/YouTube

Die toneel wat begrafnisondernemers in rep en roer het. Foto: Skermskoot/YouTube

Die land se begrafnisondernemers is in rep en roer oor ʼn sekstoneel wat in ʼn doodskis plaasvind in die kykNET-reeks Vlug na Egipte, het Beeld Vrydag berig.

Die Nasionale Begrafnisondernemersvereniging (NFDA) het na wat berig word, ʼn brief aan die koerant gestuur waarin die vereniging hom distansieer van die “afstootlike” en “onprofessionele” beeld wat deur die skrywer Paul C Venter en direkteur Human Stark uitgebeeld word.

Marthie Bota, sekretaresse van die NFDA, het aan Beeld gesê hulle het talle klagtes van hul lede ontvang oor die gedrag van die begrafnisondernemer en prokureur Tony Fivaz, wat deur Frank Opperman in die reeks vertolk word.

Die NFDA het versoek dat soortgelyke tonele of verwysings na sulke “siek” aksies verwyder word en dat “die beeld van die bedryf herstel word”.

Die koerant het berig dat kykNET en Stark in ʼn gesamentlik verklaring gesê het hulle is jammer dat die bedryf in ʼn slegte lig gestel word en het saamgestem dat die karakter swak smaak het. Maar volgens hulle is dit die doel, aangesien dit deel van die storielyn is. Hulle het verder gesê hulle steun die begrafnisondernemers se standpunt, maar het beklemtoon dit is fiksie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

johannes fourie ·

Aangaande die toneel indie doodskis dis verregaande dit kan op meer subtiele manier uitgebeeld word. Sterkte vir Marli

Dalene ·

Kyknet het swak smaak, al wat ons deesdae sien is ‘n pot snot. Mooi man Karen!

Martha ·

Daar is baie min programme waarna ons op Kyknet kyk. Ons is moeg vir die programme wat oor en oor herhaal word.

Asjas ·

Dat die ou mensdom laag gedaal het, alles in die naam van “entertainment” is ‘n feit soos ‘n koei, maar komaan … dis fiksie. Ons kan darem nog onderskei tussen fiksie en real life. Dis net ‘n karakter, nie almal in die begrafnis bedryf is soos die “karakter” nie.
As ons die heeldag moet kla oor alles wat pla sal ons niks anders doen nie.

Anton Smit ·

Asjas jy is reg dit is net fiksie en niemand het n pistool teen niemand se kop gehou om daarna te kyk party mense kla maar net om te kla

andries ·

Kyknet se programme bereik nou sy laagste punt, die grootste gemors wat jy na moet kyk.

Martyn du Plessis ·

Kan nie kommentaar lewer nie…nog nie `n knippie in `n doodskis gehad nie..dêm!

scalla ·

Dis nou wat jy noem die laaste spyker in die doodskis….. goeie gesegde

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.