Begroting: Belasting verhoog; provinsies se begrotings veel kleiner

Die minister van finansies, Tito Mboweni. (Foto: Kopano Tlape/GCIS)

Provinsiale en munisipale regerings sal hul rieme veel dunner moet sny, want hul begroting gaan volgende jaar in reële én absolute terme aansienlik verklein.

Dit is ondanks nuwe belastings wat R5 miljard in die volgende boekjaar moet insamel.

Die enigste provinsie waarvan die begroting in absolute terme styg, is Gauteng, waar dit toeneem van R108,3 miljard tot R109,3 miljard.

Die Oos-Kaap se begroting gaan daal van R69,2 miljard tot R66,8 miljard, die Vrystaat s’n van R28,9 miljard tot R28,5 miljard, KwaZulu-Natal se begroting verminder van R107,6 miljard tot R105,1 miljard, Limpopo s’n van R60,3 miljard tot R58,9 miljard, Mpumalanga se begroting van R42,6 miljard tot R42 miljard, die Noord-Kaap se begroting krimp van R13,7 miljard tot R13,6 miljard, Noordwes van R36,3 miljard tot R36,1 miljard en die Wes-Kaap van R53,6 miljard tot R53,4 miljard.

Die munisipale toewysing word voorts aangepas en van volgende jaar af sal munisipaliteite spesifieke toewysings ontvang wat hulle verplig sal wees om aan infrastruktuur te bestee.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

twaalfboor ·

Nope….. Net minder dienslewering en die verskoning gaan wees dat die begroting gesny is.

Jr ·

Kry dit by die 10% wat hulle taxes betaal vir die 90% wat niks betaal en alles verniet kry. Sorry ek het my twee wettige kinders en ek sorg vir 5 goggos 5 pregnant ma’s 5 disabled jobless mans. 10 pregnant teenagers en 20 kinders wie se ma’s ek glad nie ken nie.

Kokerboom ·

Weereens het Tito geswig!!Hy het nie die guts om drastiese maatreels te implementer!!

Pierre ·

Die Wes Kaap kry maar n klein gedeelte van die begroting, seker maar omdat dit die beste bestuur word gebaseer op jaarligs AG verslae.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.