Begroting kán skuld aandurf – Ramaphosa

Pres. Cyril Ramaphosa. Foto: Elmond Jiyane, GCIS

Pres. Cyril Ramaphosa is oortuig daarvan dat die planne wat in vanjaar se begrotingsrede uiteengesit is, genoeg is om Suid-Afrika se ekonomie weer op die been te kry ná die skade wat die Covid-19-pandemie en die algehele afsondering in 2020 aangerig het.

Dit sluit in die delg van openbare skuld en die omsien na landsburgers.

“Kortom, dit is ʼn begroting wat poog om niemand agter te laat nie,” sê Ramaphosa in sy jongste nuusbrief oor die begroting wat sy minister van finansies, Enoch Godongwana, verlede week ter tafel gelê het.

“Die begroting rig hulpbronne na gebiede met die grootste potensiaal vir groei en werk, spesifiek strukturele hervorming, infrastruktuur en ondersteuning vir klein ondernemings. Dit ondersteun terselfdertyd jongmense deur middel van openbare en maatskaplike indiensnemingsprogramme en brei maatskaplike beskerming vir die mees kwesbares uit.

Ramaphosa sê die begroting skets ook ʼn duidelike pad na volhoubare vlakke van openbare skuld.

Hy verwys spesifiek na die skuld wat die staat in 2020 moes aangaan in sy reaksie op die pandemie. Talle ondernemings moes daardie jaar hul deure weens die algehele landwye afsondering sluit, terwyl twee miljoen mense hul werk kwyt is.

“Minder inkomste is gedurende die piek van die pandemie ingesamel en meer geld moes bestee word om ons gesondheidsreaksie te versterk en maatskaplike ondersteuning te verskaf. Gevolglik moes die land meer leen en dít teen ʼn groter koste.

“Die rentekoers wat ons op ons skuld betaal, is hoër as ons groeikoers, wat ʼn risiko skep dat ons skuld buite beheer kan raak indien dit nie versigtig bestuur word nie. Ons land bestee nou meer aan skulddienskoste as aan gesondheid, basiese onderwys en polisiëring.

“Onvolhoubare vlakke van skuld is sleg vir alle Suid-Afrikaners, maar veral vir die armes. Die koste van skuld verminder die hoeveelheid geld wat die regering het om dienste te verbeter, maatskaplike beskerming te bied en in sosiale en ekonomiese infrastruktuur te belê.

“Met hierdie begroting is ons nou op koers om ons begrotingstekort – en dus ons leenvereistes – te verminder terwyl ons reageer op die uitdagings wat Suid-Afrikaners nou en voortaan in die gesig staar.

“Die begroting demonstreer ons vermoë en toewyding om hierdie balans te bereik. Dit is ʼn moeilike balans, maar met die doeltreffender gebruik van hulpbronne, die beëindiging van vermorsing en korrupsie, en die verskuiwing van besteding van verbruik na belegging kan ons fiskale volhoubaarheid bereik terwyl ons voortgaan om groei te ondersteun.

“Ons land se pad na herstel is steil en sal uiters uitdagend wees. Maar met die maatreëls wat ons in die staatsrede uiteengesit het, met die begroting wat voorgelê is, en met die samewerking en betrokkenheid van alle Suid-Afrikaners sal ons daarin slaag,” sê Ramaphosa.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

21 Kommentare

domheks ·

Moet nou nie laat ek my dood lag nie! Geld is vrylik in kaders se sakke gedurende die ‘pandemie’
Laat elke huisgesin toe om toelae vir 2 kinders te eis, dan sal jy sien hoe word voorbehoed middels, wat vrylik beskikbaar is, gebruik!

Di ·

“dream on Rampie” Julle het geen idee hoe om ‘n land te bestuur nie. SA is VROT in die skuld, wag tot julle nie meer kan betaal, dan kom vat julle skuldeisers die land

HJvdb ·

“te verminder terwyl ons reageer op die uitdagings wat Suid-Afrikaners nou en voortaan in die gesig staar” – ja uitdagings wat die ANC regering geskep het.

“en met die samewerking en betrokkenheid van alle Suid-Afrikaners” – ja nou moet ons almal inklim om die k_k te help uitsorteer.

Gee ons weer n vrye mark, stop BEE ens, stop min loon wet, GEE BESIGHEID WEER TERUG AAN DIE BESIGHEDE sonder om jul naiewe belyd op ons af te dwing.

Anel ·

O gonna, waaaaaar val hy uit? Wat verstaan hy van die ekonomie?

Johann ·

Komende van n multi miljoener wat nie weet wat n brood, melk, olie, mielimeel, vleis, vetsekering, petrol, Data, lugtyd….kos nie? Leef in sy eie anargis leun wereld.

Misky ·

Die vent droom steeds nadat hy paar jaar gelede van sy ‘droom stad” tydens opening vertel het. Iemand moet die ou wakker skud, want ons land is ten gronde en hy sien dit nie.

Kokerboom ·

Rerig Mnr Ramaphosa? Alles is moontlik maar NIE terwyl jou ANC party aan bewind is.

Witbaard ·

Mnr??? Sou hom as mnr aangespreek het as ek enigsins respek vir hom gehad het.

Stofdonkie ·

Jaag die zimbabwe mense terug na zimbabwe, die mosambiekers terug na mosambiek, die lesotho mense terug na lesotho en Zambia mense terug na Zambia. Dan kan ons land se mense hulle werke kry en hoef daar minder sosiale toelaes betaal te word en kan die geld in ons land bly en nie met busse uit die land gery word terwyl ons eie land se mense verhonger nie. As meer van ons mense werk het sal dit ook nie nodig wees vir elke werkende mens om 12 mense te moet onderhou nie. Dit sal net eenvoudig finansiëel almal bevoordeel in die land. As meer mense besteebare inkomste het kan meer besighede ook meer mense in diens neem

George ·

Het jy al suid afrikaners in diens gehad? Ons probeer juis ontslae raak van die laastes by ons.

johan ·

En more verhoog jy weer staatsdiens salarisss en deel geld uit aan bankkrot semie staats instellings. Die ANC het geen idee hoe ‘n ekonomie werk nie

George ·

Ag asb Ramaphosas right hand doesn’t know what the left hand is doing.

JohanR ·

Is daai useless Bheki Cele al afgedank, of moet hy daar wees om te hulp omjou vir ‘n tweede termyn in te stem?

Frank ·

Die perd het darem wragtag nie `n idee waarvan hy praat nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.