Begroting: Landbou enigste sektor wat groei

(Foto: Maroela Media)

Terwyl belastinginkomste vanjaar met 17,9% gedaal en nagenoeg R312,8 miljard minder in die staatskoffers beland het, was die afname in sektorale groei oneweredig en het die landboubedryf trouens gegroei.

Landbou, bosbou en visserye het vanjaar met 11,7% gegroei en het ʼn stewige handelsoorskot in die hand gewerk. Dit was veral danksy surplusse in die produksie van sitrus, mielies, appels, makadamianeute en suikerriet. Daar is ook hoë verwagtinge van vanjaar se koringoes, waarvan die omvang nog bereken moet word.

Die mynboubedryf het in die eerste ses maande van vanjaar met 19,8% ingekrimp en die vervaardigingsbedryf met 18,3%.

Die elektrisiteit-, gas- en waterbedryf het met 8,7% verklein en hoewel vlak 5 van die afsonderingstydperk Eskom die kans gegee het om sy posisie te versterk met herstelwerk, bly die elektrisiteitstelsel ten beste wankelmoedig.

Die boubedryf het in die eerste ses maande van die jaar met 19,2% agteruitgeboer en 10,8% van konstruksiewerkers het hul werk verloor.

Die vervoer-, stoor- en kommunikasiesektor het met 15,1% in die eerste ses maande van die jaar gedaal, terwyl die finansiële sektor 1,8% ingeboet het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

7 Kommentare

jongste oudste gewildste
Rentia

Elke sektor krimp. Behalwe landbou. Maar die boere word op strepe vermoor. Waar gaan die kos vandaan kom as almal vermoor is?

JohanR

En dan probeer die alliansie van ANC – gee die geld/EFF gee die opdrag/Taxis – ry aan hulle bes om landbou, of die wat landbou gaan die gang hoe….die boer….dood te maak…go figure!

Jakes

Kos kom mos van Pick&Pay af.

Mariana

Nou kan gesien word hoe belangrik boere op werkende plase is. Maar net jammer die brandstigters en EFF sien dit nie raak nie. Nee hulle wil net hê ten alle koste.