Begroting: Nóg miljarde vir SAL

(Foto: Facebook)

Die Suid-Afrikaanse Lugdiens (SAL) het toe wél die reddingsboei gekry waarteen die minister van finansies, Tito Mboweni, so hard geskop het.

Benewens die R6,5 miljard wat lankal begroot is vir die stabilisering van die lugdiens se skuld- en ander afbetalings, is ʼn verdere R10,5 miljard begroot om die lugdiens in die lug te hou – presies wat ekonome gevrees het.

Die R10,5 miljard is vir die uitvoering van die SAL se sakereddingsplan. Dit sal verkry word deur geld by ander staatsdepartemente te neem.

Voorts is R84,7 miljoen toegewys aan die Onafhanklike Kommunikasieowerheid van Suid-Afrika (Okosa) vir die toekenning van ʼn hoë-aanvraagspektrum.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

19 Kommentare

jongste oudste gewildste
Fred

Hulle moet erens n plekkie nog he om nog belasting geld te mors. Ons het mos bodemlose sakke om bodemlose putte re voer…

Robert

Ja nee stupid stays stupid, sal nooit verander nie

4ntj13

Tito en kie wil seker hê SAL moet die wêreld se Covid-verspreider nr 1 wees. Anders is dit duidelik net diefstal van geld wat elders uiters dringend benodig word, sodat die ANC nie die Weermag hoef te misbruik vir hul kuiertjies nie.

Ja Wat

Onthou die kaders moet SAL gebruik om die land te verlat as daar anargie is.

Johanncb

Gaan ons, die gewone burger enigsins hierby baat? En op watter wyse?
Watter baat vind Mnr Gordhan hierby? Of wou hy maar net wys hoe ‘n mens jou sin kry?
Wat het geword van die “personeel” wat die SAL sou “koop”?
Hierdie klomp geld wat so gemors word, is werklik sinneloos!