Begroting: Reusebegrotingstekort, skuldlas wag

Tito Mboweni, minister van finansies. (Foto: Kopano Tlape GCIS)

Die Covid-19-pandemie en gevolglike afsondering het ʼn tekort van 15,7% van die Bruto Binnelandse Produk (BBP) vir Suid-Afrika veroorsaak, wat uitloop op ʼn begrotingstekort van R761 miljard. Dit is meer as dubbel die aanvanklike tekort van R370 miljard (6,8% van BBP) wat die regering voor die uitbreek van Covid-19 in Suid-Afrika voorsien het. ʼn Moontlike skuldkrisis staar ook die land in die gesig.

Só het Tito Mboweni, minister van finansies, Woensdag gesê toe hy die aanvullende begroting in die parlement voorgelê het.

Dié begroting is die eerste van sy soort en moet Suid-Afrika se besteding wysig om op te maak vir die stappe wat die regering noodgedwonge moes doen om die verspreiding van die koronavirus teen te werk. Mboweni het gesê die regering sal na verwagting in die komende boekjaar ʼn verlies van R300 miljard in belastinginkomste hê.

Volgens Mboweni is Suid-Afrika se grootste ekonomiese risiko egter die stygende vlakke van skuld. “Skuld is ons swakpunt. Ons het veels te veel skuld en hierdie insinking (weens die Covid-19-pandemie) sal nog meer skuld veroorsaak.”

Skuld sal na verwagting tot 81,8% van BBP (R4 biljoen oftewel trillion) toeneem in die huidige boekjaar, voor dit in 2023-’24 op 87,4% stabiliseer.

Mboweni sê uit elke R1 belasting wat die regering invorder, sal 21c (21%) nou aangewend moet word om die land se skuld te vereffen. “Hierdie hoë vlakke van skuld verdoem die land tot hoër inflasiekoerse. Indien ons ons skuld kan vereffen, sal inflasiekoerse ook verlaag en sal ons die weg kan baan vir beleggings en ekonomiese groei,” sê hy.

Mboweni het boonop onderhandelinge met die Internasionale Monetêre Fonds (IMF) vir ʼn bykomende lening om Suid-Afrika se finansies aan te vul as “moeilik” beskryf. “Ek dink wel ons kon tot ʼn vergelyk kom en personeel van die fonds sal nou hulle uitvoerende raad vroeg in Julie hieroor nader,” sê Mboweni. Suid-Afrika wil $4,2 miljard (R71 miljard) by die IMF leen.

Volgens Mboweni is die enigste lening wat tot dusver goedgekeur is dié van $1 miljard (ongeveer R17 miljard) vanaf die Nuwe Ontwikkelingsbank.

“Dié geld sal egter ook in ʼn stadium terugbetaal moet word,” het Mboweni benadruk.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

21 Kommentare

marius ·

Covideruption is die siekte wat alles verteer het , en hulle sal nooit ophou daarmee nie . Die nuwe ontwikkelingsbank is seker in sy hoofman se droom stad . Vra vir die antie wat Botswana leeg gesteel het vir ‘ n lening .

Jaco ·

die oplossing is baie eenvoudig: haal net die wit mense uit die ekonomie uit. verbreek die wit beheer oor die ekonomie. Dis goed wat alles al lankal gese word en waarmee so min of meer gedreig word. En nou in hierdie krisisbegroting word daar niks daaroor gese nie. vreemd.
Vat ons werk en ons besighede en ons werk en ons huise en plase alles af. Deporteer ons dan na Europa, amerika, Kanada en Australie. Stempel groot in elke paspoort: This passport holder is prohibited from returning to South Africa:”. Dan is daardie lande gedwing om ons in te neem.
Ek begin met liefde van onder af in ‘n land waar my ondervinding en kwalifikasies en bereidheid om hard te werk 100% in ag geneem word en ek nie “gestraf”word omdat my velkleur “verkeerd” is nie.

BoerSonderRoer ·

Ja maak dit amptelik dat ons ook “refugee” status kan kry.

Jan ·

Daar het ons dit nou. In die k@@#$ deur die anc . Bedrog en diefstal deur die goverment. Moet die skuld kry.Keer die skelms aan en kry die geld terug. Ek hoop nie hulle verwag om daai skuld met ons geld te betaal nie.

JohanR ·

Jan….weet nie of jy nog werk, of op pensione is nie maar die ANC kom jou geldjies haal. Hulle kom al ons geldjies haal!

BoerSonderRoer ·

Ek weet nie of jy gesien het nie Johan maar hulle vat klaar 50% elke maand.

johanf ·

Inkomste belasting sal van die 2021/2023 klim soos nog nooit……so ja, hoes sal ons, nie eers ander belastings in ag geneem Jan, Johan

Verder gooi hulle biljoene weg met hul verspotte tabakprodukte inperking, en horde onsinnige hofsake.
Sterkte

Johann ·

Nee rerig? Is oom TITO seker sy somme is reg? Oom Cerol sê dan net nou die dag als is ok en ons gaan ok wees? Net ongelooflik hoeveel als op die virus se skouers gepak word? So asof ALS honky dory was.die dag voordat Covid ge Covid het…

johanf ·

My kop verstaan nie meer die redenasies, hul toekoms visies, ens nie……. .

Pieter ·

Gaan vir kamstige dr zuma sy maak baie geld met die sigarette

johanf ·

Definitief een van ons groot Belasting Tekorte….maar dit sal nooit erken word nie…!

JohanR ·

En dan het ons ‘n kopdoek tannie wat se moenie bekommer oor al die geld en belastingting wat ons verloor van sigaret verkoope nie. Die onwettige sigaret verkope sal vir dit op maak. Hoe nou Cyril?

Jan ·

Covid virus is die nuwe aparheid perd hy gaan holrug gery word en al die skuld kry !

Sharnelle ·

Ja neh, en julle gaan seker die gelde moet terugbetaal uitbons pensioen fondse neh. Dis julle ANC wat skuld maak, waar anders kom al die miljoene en miljarde rande vandaan. In vandag se tyd moet mens seker skuld maak om te oorleef waar julle lekker op die soustrein ry.

Pierreli ·

Dit was eers Apartheid wat die skuld vir alles gekry het, nou is dit Apartheid & Corona.
Die anc sal nooit erken dat hulle ook deel gehad het aan die land se ondergang nie.

Fedup ·

The circus was not forced to lend or spend like they did.
Stop blaming the virus for your greed, incompetence and corruption.
We ain’t stupid. We see and hear what you are doing.

johanf ·

Verder gooi hulle biljoene weg met hul verspotte tabakprodukte inperking, en horde onsinnige hofsake……
Red eers die Ekonomie, dan kan hulle verder speel met hul transformasie drome.
Dit neem generasies om ń eerlike nalatingskap vir jou kinders daar te laat, en om ń middelklas aftrede te geniet, maar die regering neuk dit in 90 dae op…….
Soms voel ek “If you can’t beat them, join them”……

BoerSonderRoer ·

Ek kry lekker as ek sien hoe die manne geld soek, maar het geen probleem om hulle hoogs gekwalifiseerde belasting betalers met rasse wette te forseer om te emigreer nie.

Ons gaan een van die dae by Sjina inval. Sjinese burgerskap is ons voorland.

Alida ·

Wonder of Tito al R56m X 90 dae bereken het? Dit is nie kleingeld nie maar kopdoek reken ons het dit nie nodig nie! Red hierdie land met sulke mense.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.