Begroting: Só word jou sak geraak

Minister Malusi Gigaba en sy span met hul aankoms by die parlement. Foto: Parlement/Twitter

Malusi Gigaba, minister van finansies, het Woensdag tydens sy begrotingsrede aangekondig dat Suid-Afrikaners vir die eerste keer sedert 1993 meer belasting op toegevoegde waarde (BTW) gaan betaal.

Gigaba het aangekondig BTW word met een persentasiepunt van 14% tot 15% verhoog van 1 April 2018. “Die verhoging van BTW sal na verwagting die minste nadelige gevolge op groei in die komende tydperk hê.”

Die persoonlike inkomstebelastingskortings word ook verhoog en belasting op die drie laervlak belasbare inkomstebelastingsgroepe word aangepas om gedeeltelike verligting vir die effek van inflasie te voorsien. Volgens Gigaba verwag die regering om ‘n bykomende R36 miljard in 2018/19 in te vorder met die verhoging in BTW en die aanpassings in persoonlike inkomstebelastingkerwe.

Volgens Gigaba word daar verwag dat die ekonomie met 1,5% sal groei in 2018 en 2,1% teen 2020.

“Hierdie tempo van ekonomiese groei word verwelkom, maar dit is steeds te stadig om werkloosheid en armoede op te los. Die vernaamste begrotingsvoorstelle behels die bevordering van openbare finansies deur die verhoging van belasting, die vermindering van uitgawes en herprioritisering.”

Die algemene brandstofheffing sal met 22c per liter verhoog en die padongelukkefondsheffing sal met 30c verhoog. Dit verhoog die algemene brandstofheffing na R3,37 per liter brandstof en diesel na R3,22 per liter en die padongelukkefondsheffing na R1,93 per liter vir beide brandstof en diesel. Die verhoogde heffings tree met ingang van 4 April 2018 in werking.

Volgens Gigaba sal besteding op ander terreine verlaag word en ʼn hertoewysing sal aan ander prioriteite oor die volgende drie jaar gemaak word, hoofsaaklik gratis hoër onderwys en opleiding vir laer inkomste groepe.

Oudpres. Jacob Zuma het in Desember 2017 gratis hoër onderwys en opleiding vir studente van families wie se inkomste minder as R350 000 per jaar is, aangekondig. Volgens Gigaba is ʼn bykomende bedrag van R57 miljard toegeken om die stelsel oor die mediumtermyn te befonds.

“Dit sluit ‘n subsidie aan universiteite in om die zero-fooieverhoging vir studente van gesinne met huishoudelike inkomste van tussen R350 000 en R600 000 te finansier.”

Hy het gesê die Nasionale Studente Finansiële Hulpskema (NSFAS) sal beurse vir voorgraadse universiteits- en tegniese en beroepsonderrig en opleiding (TVET) kollege-studente met ’n huishoudelike inkomste van onder R350 000 voorsien.

Volgens Gigaba sal die regering steeds R191 miljard in 2018/19 moet leen ondanks die verhoging in BTW en die aanpassings in persoonlike inkomstebelastingkerwe. “Die vooruitsigte vir die nasionale skuld is egter nou op ʼn volhoubare pad. ʼn Volhoubare begroting is die eerste stap om die ekonomie weer op koers te kry en vinniger te laat groei.”

Hoe beïnvloed die verandering in persoonlike inkomstebelasting jou?

Die bedrag wat ʼn individu kan verdien voordat hulle verplig is om belasting te betaal, is as volg aangepas vir die belastingjaar wat strek vanaf 1 Maart 2018 tot 28 Februarie 2019:

Nuwe belastingskale:

Toename in belasting op tabak en alkohol

Spesifieke aksynsbelasting op alkoholiese drank sal met tussen 6% en 10% verhoog en spesifieke aksynsbelasting op tabakprodukte sal met 8,5% verhoog. Die toenames in aksynsbelasting is as volg:

Waar kom die geld vandaan en hoe sal dit in 2018/19 bestee word:

Die geld wat die regering bestee, kom van belasting en heffings.  Daar word verwag dat R1,345 biljoen (“trillion”) in 2018/19 ingevorder sal word. Aangesien die inkomste nie genoeg sal wees om al die uitgawes te dek nie, sal die regering R191 miljard in 2018/19 moet leen:

Toelaes

Nagenoeg 18,1 miljoen Suid-Afrikaners sal teen 2020 maatskaplike toelaes ontvang. In die 2018-begroting sal die regering maatskaplike toelaes teen ʼn hoër koers as voorheen verhoog om die armes te vergoed vir die toename in BTW. Dit beteken dat die kindersorgsubsidies met R25 per maand in 2018/19 sal toeneem, terwyl die pleegsorgtoelaag met R40 sal verhoog. Die ouderdomstoelaag sal in 2018/19 met R95 per maand toeneem:

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

46 Kommentare

Michelle ·

Ons belastingsbetalers het die waterdraers ȇȠ donkie meule geword.

willie ·

Die gansies wat die goue eiers lê word vermoor en uit werk uit gesit, maar nie ñ woord gerep hoe die staat gaan bespaar nie!

Katvis ·

Enige kommentaar oor besparing op staatsbesteding, SAA, Eshkom. Sal verbaas wees as hy het. Nee, suig ons eerder leeg.

Eish ·

Het die man die begroting uit sy hoof aangebied?
Ek het hom nie eenkeer na sy elektroniese notas sien kyk nie!

Danie ·

Agter die blom rangskikkings was 2 audio reders waar hy kon lees, maar hy het dit onooglopend gedoen..

Eish ·

Verbeel ek my of is die toespraak foutloos uit die hoof uit voor gedra? Ek het nie n enkele keer gesien dat hy sy notas raadpleeg nie.

Eddie ·

Ek is regtig verbaas en dankbaar dat BTW nie met meer as1% verhoog is nie !
Stadig maat seker word ons finansiël gewurg en die fondse roekeloos deur die Staat wangebruik !

Gerhard Rossouw. ·

Die verhoging in die BTW koers is in der waarheid 7,14%. Meer as die inflasie koers. Ook beskryf as 1 persentasie pint.

Kobus ·

Hallo Eddie, die koers is van 14% na 15% verhoog MAAR dit is 15/14 =1.0 7145 of dan 7.14% verhoging.

Nico ·

Veronderstel n produk kos R100, btw uitgesluit. Sluit nou btw in. Op 14%=R114, en 15%=R115. Dus die werklike toename is 115/114=1.00877 of 0,877%. Groete

Johann du Plessis ·

Hulle het dit verkeerd. Hulle moet se waar gaan hulle die regering koste sny en seker maak dat daar dienslewering is. Om die werkers te straf beteken eenvoudig net mense met vaardighede gaan land uit. Tydbom toespraak die.

Cherokee ·

Korreksie Johan, mense met vaardighede word buitendien ten spyte van die toespraak, landuit gestem deur die DA , die ANC en EFF met dit wat hulle so graag ‘regstellende aksie’ noem. Die DA, ANC en EFF glo mos vas dat meer as 60 miljoen mense beskerm moet word teen 4½ miljoen mense. So, vaardige verlaat buitendien die land.

Nettie ·

Stop al daai onnodige SASSA-toelaes, soos vir pleegsorg deur Ouma/Oupa/Tannie/ Suster/Broer en slegheid-toelaes (vir werksongeskiktes-wat-nie-regtig-ongeskik-is-vir-werk-nie) en kindergeld (vir-kinders-wat-kinders-het) en sny die Parlement met 2/3 van die Ministers, Adjunk-Ministers, Skadu-Ministers en Adjunk-Skadu-Ministers wat in elk geval net heeldag sit-lê en slaap in hul stoele of in hul neuse grawe (soos daai EFF-antie wat ‘diamante’ uit haar neus gegrou het, terwyl Ramp-a-poser sy inhuldigingstoespraak gelewer het) en ons inkomste-tekort sal aansienlik krimp!!!

JOHANNA ·

Jip stem saam met jou Nettie. Daar is oneerlike eise by SASSA. Mense wat salaris verdien maar eis kinder toelae of ouderdom. Dan praat ek nie eens van kinders wat baie geld maak en het – ja miskien deur goeie werk – wat hulle ouers by staats en semi staat instansies indruk waar oumense se hele SASSA toelae gegee word net om te oorleef per maand. Ouers het jou dalk in moeilike tye groot moes maak nou is dit jou beurt om erkening te gee aan hulle.Nee regering het nie ‘n ondersoek span aangestel teen die oneerlike praktyk nie., want seker is daar van hulle se families wat ook voordele trek.Dan is daar soveel persone wat eise in sit by WVF, VETERAAN, OUDERDOM ENS FONDSE wat hulle self in ‘n tydperk bygedrae het nie. Want dis maklik om net eis in te sit geen vrae word daar gevra nie maar die landsburger wat al die jare WVF en BELASTING betaal moet terugstaan vir die spul. Almal wil net hê maar wil nie insit nie. En naskool studies word deur baie net as n leeglê en slegwees verskoning gebruik want hulle gaan nie nou betaal om te leer nie. Is daar voorwaardes van slaag en indien nie ,moet geld terug betaal word wat jy gemisbruik het. Weereens STAAT voorsien lekker tyd.

Tanya ·

Ek stem 100% saaam. My Ma (78) ontvang ‘n pensioen van die bank af waar sy vir amper 40 jaar gewerk het. Van haar vriende eis die SASSA toelaag omdat hulle nie ‘n amptelike pensioen ontvang nie. Intussen het van hulle baie geld, reis oorsee, bly in duur aftree oorde, ry rond met nuwe motors, speel golf, doen hare en naels. Waar die geld vandaan kom weet ek nie, maar as jy weet jy het nie die SASSA toelaag nodig nie, hoekom vra jy dit dan aan? Hulle sê “almal” doen dit, so lyk my dis ‘n geval waar mens jou eie waardes opsy sit omdat “almal” dit in elk geval doen.

Inside Information ·

Deesdae se Sassa toelaes is nie Meer net vir die Armes nie maar ook vir die wat getroud is, Huise Besit, Uitkeer polisse verdien en Tuindienste kan bekostig.
daar is Diepe Korrupsie within the Organization net soos met Bestuurders Lisensies!.
Wat anders is daar nog? Jy betaal net n “bribe” en Walla Alles kom reg?
Ek is nou die dag afgetrek en vind toe uit my Bestuurders lisensie het verval, gedink dit is eers in 2019, toe na n Langgggg Pose se die Amptenaar “so now I have to give you a Ticket. Ek bly dood stil, my “TICKET” het 15minute lank geneem om uitgeskrywe te word, met n FAKE Boek, want my Ticket verskyn nie eers op die Traffic fine System nie, nou vra ek Jou, Watter Boek het die Amptenaar dan nou gebruik?????

Christa ·

Nou gaan SARS nog minder belasting van ons kry. Kostes raak te hoog.

Alida ·

Vir wat word hy omring deur soveel manskappe. Almal van daai verdien helse salarisse. Die Pres draf saam met die gewone mense sonder al daai manne. Wat maak hom so belangrik?

Sê net ·

Onthou, hy het ‘n groot klerekas om te vul…jy kan hom mos altyd deur ‘n ring trek…

Rina ·

Eish! Ek stem saam met jou – ek het dit ook opgemerk! Hy het eers laaaank gekrabbel in die verlede en goeie simpatie ontlok voordat hy begin “vuur” het – sy trant was baie geskoei op huidige president se SONA dog dis maar my persoonlike mening. Hy het hom verseker goed voorberei met tussenwerpsels om dit sy “eie” te maak – weer my beskeie mening. Betaal sal ons betaal!

Johann ·

ANC ZUMA LEGACY! En so moet ons eenvoudig NOG betaal om die blatante leegdra van SA te finansier. Verkoop Ntlandla en sy ander harem behuising, le beslag op sy pensioen, laat hom klippe klap! En doen dieselfde met al die ZUMAIKIES wat saam met Zuma ZUPTOPIA met. ons geld finansier het!

Jacques Venter ·

Die arm man gaan die hardste geslaan word. Nie net gaan hy 1 persent meer vir sy produkte betaal nie, maar met 52 ekstra sent per liter petrol, gaan taxi fooie deur die dak gaan

B-man ·

Minibus-taxi’s kry korting by pompe, omdat hulle deur die staat gesubsidieër word. Ek dink hulle gaan nogsteeds korting kry, maar tariewe op pendel in elk geval verhoog om meer geld te kan maak.

Jannie ·

Lekker ons moet dit maar begin aanvaar dis maar die begin, ons gaan nog baie betaal vir al die regering se beloftes om stemme te probeer behou.

pieter ·

Niks gehoor van luukse besnoeiing van ministers nie soos duur voertuie van oor n miljoen,lyfwagte ,duur behuising ,onnodige vlugte ens wat uit die belasting betaler se sak kom nie –

Anoniem ·

In die VSA werk die glyskaal anders om, hoe meer jy verdien hoe minder word jy belas, waarom? Om sakereuse uit die hele wêreld te lok om “wettiglik belasting te ontduik”, maar hierdie sakereuse bring miljoene saam met hulle in die land in… So natuurlik groei die ekonomie jaar op jaar.

André ·

Goeiedag Maroela Media

Moet die korporatiewe inkomstebelasting nie eerder 25.9 persent wees nie? Anders tel die nommers nie op na 100 persent nie.
Julle persentasie is 2.59.

Groete
André

Tania Heyns ·

Dagsê André

Dankie vir jou navraag. Die syfers word wel verkeerd aangedui hoewel dit net so van die tesourie se webtuiste afkom. Die BTW moet inderdaad 25,9% wees en die korporatiewe inkomstebelasting 17,2%. Jammer vir die ongerief.

Groetnis

HFC ·

Maroela hoekom verskil jul verhoging van SASSA se R95 van ander nuusmedia wat sê dis R90?

Tania Heyns ·

Dagsê HFC

Dankie vir jou navraag. In die minister se toespraak staan die volgende: “Toelae vir bejaardes, ongeskiktheid en die versorging van afhanklikes sal van 1 April af met R90 styg van R1 600 na R1 690 en dan met ‘n verdere R10 van 1 Oktober na R1 700.” Die bostaande grafika waar dit as R95 aangedui word kom egter net so van die tesourie se webtuiste.

Groetnis

Johannes Meintjes ·

Dit is tyd dat almal in die Nuwe SA fokus op ‘n robuuste ekonomie wat almal instaat stel om te kan leef. Dan sal ‘n verantwoordelike rentmeester regering ook nie hoef geld te leen en BTW of brandstofheffings op te skuif nie. Mens vertrou dat daar streng opgetree sal word teen die wanbesteding van belastinggeld in SA!

honourable member ·

O liewe hel nou gaan die 12 jariges weer kinders kry om die kindertoelaag te kry. Bose ding hierdie social grants.

Koos1 ·

En vanaf 1 April borg ek nog twee tiener meisies om kinders te kry.
En vir wie sê hulle dankie? Die regering.
Vir wie gaan hulle en hulle ouers stem? Die ANC.
Dit is so dem onregverdig.

Henk ·

Maroela Media toon aan dat ouderdoms toelaag met R95 opskuif terwyl ander nuus medias sê dis R90 ?

Tania Heyns ·

Dagsê Henk

Dankie vir jou navraag. In die minister se toespraak staan die volgende: “Toelae vir bejaardes, ongeskiktheid en die versorging van afhanklikes sal van 1 April af met R90 styg van R1 600 na R1 690 en dan met ‘n verdere R10 van 1 Oktober na R1 700.” Die bostaande grafika waar dit as R95 aangedui word kom egter net so van die tesourie se webtuiste.

Groetnis

TRADISIONELE LEIERS IN SA ·

As ons moet geld bespaar hoekom word daar dan tradisionele leiers betaal uit die belasting betaler se geld – jaarlikse gelde per persoon (ons weet nie hoeveel mense in die poste is nie):
KONING R1 176 730,00
PROVINSIALE LEIER R1 085 592,00
SENIOR TRADISIONELE LEIER R246 942,00
VOORMANS EN VROUE R106 106,00
VOORSITTER VAN NHTL R858 734,00
VOLTYDSE VOORSITTER R707 284,00
VOLTYDSE ADJUNK VOORSITTER – NHTL R656 800,00
VOLTYDSE ADJUNK VOORSITTER – PHTL R606 145,00
VOLTYDSE LID – NHTL R378 339,00
VOLTYDSE LID – PHTL R324 317,00
DEELTYDSE LEDE – NHTL R1 388,00
DEELTYDSE LEDE – PHTL R1 151,00
DEELTYDSE VOORSITTERS – PHTL R1 651,00
DEELTYDSE DJUNK VOORSITTERS – PHTL R1 485,00
TOTALE SALARISSE PER JAAR IS DAN = R6 152 664,00 ????

ek sê maar ·

Ek weet mens wil nie meer VAT betaal nie en armes gaan erg daardeur geraak word, maar aan die ander kant voel ek dis die damn enigste belasting wat NIEMAND kan ontduik, of jy nou taxi ry (mos vrygeskeld van e-tol) of soustrein (mos glad nie nodig om te betaal as jy hier passasier is nie) of watookal. ALMAL meot VAT betaal. Dis al troos wat ek het.

Karen van Zyl ·

Hoekom moet ons wat net armer word, maardarem ‘n werk het daarvoor betaal. Dit is nie regverdig dat ‘n belasting betaler die regering onderhou nie en nou omdat hulle in die skuld is gaan VAT op na 15%.

Fooie ·

Dit gaan gebruik word vir gratis tersiêre opleiding vir arm mense…

Lea ·

Hi Kobus & Gerhard
Ek het lank met hierdie tipe berekenings gewerk en verstaan nie hoe julle die berekening doen om by 7,14 per sent/persentasiepunte styging uit te kom nie. As jy vandag goedere aankoop vir R3000, 00 betaal jy R420, 00 BTW op die genoemde bedrag. Teen die nuwe koers sal jy R450, 00 BTW daarop betaal. Dit gee vir my ‘n totale styging van 0,99130435 dus rofweg 1 persentasiepunt. Soos julle dit aandui as 7,14 per sent/persentasiepunte wil dit my voorkom dat julle doelbewus SA-ners probeer mislei. Verskaf asb aan lesers die volledige berekening sodat ons ook kan sien hoe julle by die 7,14% uitkom. Mens kan nie 15% deur 14% deel en dan by ‘n werklike styging van 7,14% uitkom nie want jy werk eintlik hier met 0,15 teenoor 0,14 dus 15/100 of 14/100. Ons moet waak daarteen om onrus te stook waar dit nie verantwoordbaar is nie.

Frans C ·

Jy is reg. n Basispunt is dan 0.01% of 1 eenhonderste van ‘n percent is.

Noenoes ·

Ek voel net:
AL DIE CHINESE WINKELS, betaal niks GEEN VAT nie maar hulle charge jou VAT op die goed wat jy by hulle koop, dit is dieselfde met die Nigerian winkel ook. Hulle vat alles oor die dorpe die winkel maar hulle gee nie hulle deel nie en ons moet net betaal.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.