Begroting: ‘Strop om belastingbetalers se nekke al nouer’

Pres. Cyril Ramaphosa saam met adjunkpres. David Mabuza en Tito Mboweni, minister van finansies. Saam met hulle is Mark Kingon, waarnemende kommissaris van die Suid-Afrikaanse Inkomstediens, en Dondi Mogajane, direkteur-generaal. Die foto is geneem nadat Mboweni sy begrotingsrede in die parlement gelewer het [20 Februarie 2019]. (Foto: Elmond Jiyane, GCIS)

Hoewel Tito Mboweni, minister van finansies, nie ingestem het dat die staat van Eskom se skuld sal oorneem nie, is die R69 miljard-reddingsboei wat hy aan die kragvoorsiener sal lewer vir verskeie kritici ʼn rede tot kommer.

Mboweni het Woensdagmiddag tydens sy 2019-begrotingsrede gesê die staat sal R69 miljard oor die volgende drie jaar aan Eskom betaal om die sukkelende staatsinstansie van bankrotskap te red. Die minister het gesê dié reddingsboei is afhanklik van die aanstel van ʼn onafhanklike persoon verantwoordelik vir die herstrukturering van Eskom.

“Dit bly egter onregverdig dat die belastingbetaler weereens aanspreeklik gehou word vir die massiewe vlak van wanbestuur by Eskom, veral gegewe die feit dat Eskom onlangs weer aansoek gedoen het om ’n tariefverhoging,” sê Natasha Venter, woordvoerder by AfriForum.

Ook dr. Pieter Groenewald, leier van die VF Plus, is nie ingenome met Mboweni se reddingsboei aan Eskom nie. “Die minister faal om ʼn werklike oplossing vir die kragvoorsiener se finansiële krisis te bied. Die R23 miljard wat bewillig is om Eskom finansieel te ondersteun, is nie genoeg om hom van ondergang te red nie,” sê hy.

“Dit is teleurstellend dat die minister nie die privatisering van Eskom aangekondig het nie aangesien die VF Plus dit beskou as die enigste oplossing vir die krisis.”

Hy meen die aankondiging dat die aanvanklike vooruitskatting van die begrotingstekort en die omvang van die staat se skuld laer was as wat dit in werklikheid is, is net nog ʼn vuishou in die maag vir belastingbetalers.

Die ANC het op sy beurt die hoop uitgespreek dat die reddingsboei aan Eskom sal help om die huidige elektrisiteitskrisis op te los. In ʼn verklaring van Jackson Mthembu, hoofsweep van die ANC, se kantoor sê die regerende party hy stem saam met Mboweni se siening dat finansiële ondersteuning aan staatsbeheerde instansies onderhewig moet wees aan duidelike voorwaardes.

Pres. Cyril Ramaphosa en Tito Mboweni, minister van finansies, deel ʼn ligte oomblik by die 2019-begrotingsrede [20 Februarie 2019]. (Foto: Elmond Jiyane, GCIS)

“Dit is belangrik om kennis te neem dat besteding en belastingaanpassings versigtig ontwerp is om die bykomende finansiële ondersteuning aan Eskom en die inkomstetekort teen te werk,” lui die verklaring.

Venter het egter haar kommer uitgespreek dat dit op die ou end belastingbetalers is wat die las gaan moet dra van die regering se pogings om Suid-Afrika se spartelende ekonomie en ondernemings in staatsbesit te red. “Die reddingsboeie onder meer aan Eskom en die finansiering van die voorgestelde Nasionale Gesondheidsversekering (NGV) sal die strop om belastingbetalers se nekke al nouer trek,” sê Venter.

“AfriForum is van mening dat die NGV polities gemotiveer is en dat dit nie die gesondheidsuitkomste van die armste en kwesbaarste lede van die samelewing wesenlik sal verbeter nie. Die misbruik van belastingbetalers se geld is ’n nasionale krisis en hierdie skema sal net tot die krisis bydra.

“Wanneer ’n mens die hoë vlakke van armoede en werkloosheid, die klein belastingbasis en die swak prestering van die openbaregesondheidsektor in ag neem, is dit moeilik om jou voor te stel hoe ’n regeringsgefinansierde stelsel – wat ‘gratis gesondheidsorg vir almal’ beloof – vir Suid-Afrika geskik is. Die NGV-skema is op ’n regeringstoegediende-, sentraal beheerde-, enkelbetaalmodel gegrond. Hetsy direk of indirek, sal die regering die beskikbaarheid, finansiering en lewering van gesondheidsorg vir almal beheer,” sê Venter.

Sy het bygevoeg die burgerregte-organisasie verwelkom wel die besluit dat persoonlike belasting byna onveranderd gelaat is, aangesien belastingbetalers reeds gebuk gaan onder die juk van verskeie versteekte belastings.

Tito Mboweni, minister van finansies, met adjunkminister Modli Gungubele en direkteur-generaal Dondi Mogajane weerskante van hom kom by die parlement aan vir die 2019-begrotingsrede [20 Februarie 2019]. (Foto: Elmond Jiyane, GCIS)

“Verder het Suid-Afrika een van die grootste kabinette in die wêreld en dít moet verminder word sodat slegs ministerieë wat noodsaaklik is vir die doeltreffende bestuur van die land behou word. Staatsbesteding is astronomies en moet ook besnoei word. Die aankondiging dat parlementslede, provinsiale wetgewers en uitvoerende beamptes by openbare entiteite nie vanjaar verhogings gaan kry nie, is daarom ’n stap in die regte rigting.”

Groenewald voeg by dat die begroting geen verligting vir die reeds oorbelaste belastingbetaler bring nie. “Die teendeel het tewens gebeur met ʼn verhoging in brandstofheffings en ʼn bykomende koolstofverhoging wat op 1 Junie in werking tree. Daar is ook nie verligting wat persoonlike en maatskappye-belasting betref nie. In die lig hiervan sal daar moeilik ekonomiese groei plaasvind aangesien Suid-Afrikaners se besteebare inkomste al hoe minder word,” sê hy.

“Die VF Plus is van mening dat daar ʼn gunstige omgewing vir die privaat sektor geskep moet word om te belê en werk te skep. So ʼn omgewing is slegs moontlik indien beperkende regulasies en wetgewing verslap word, asook belastingkortings ingestel en beleidsekerheid soos oor onteiening sonder vergoeding daargestel word.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

33 Kommentare

Johann ·

Ja ma waa is dai geldtjies wat CEREL by die China Mall ga leen het? Of het hy n dorpie of provinsiki of stukki van SA gaan RUIL vi die tjinese tjing? Kan ok ni byhou met wie wat van ons weggee of vat of verkoop of verpand of verbrand of inruil of pawn nie?

Koos de Meyer. ·

Dis maar net weer ons wat gemelk word. Ons leef in ‘n siek land.

Reg ·

Hoë bome gaps hulle sakke vol en die belastingbetaler moet hoes. Dit maak n ou warm onder die kraag.

Johan ·

Het net Afriforum en die VF+ kommentaar gelewer op die begroting? Kom nou, Maroela media. Probeer darem nog objektief wees, toe!

Mariné Lourens ·

Dagsê Johan

Dankie vir jou kommentaar. Maroela Media het nie net oor AfriForum en die VF+ se reaksies berig nie. Lees gerus hier meer oor die IVP, DA, EFF en ACDP se reaksie op die begrotingsrede. Die ANC se reaksie word natuurlik ook in hierdie berig genoem. Klik ook op hierdie skakel om Maroela Media se volledige dekking oor die begrotingsrede te lees.

Hoop dit klaar die verwarring op.

Groetnis
Mariné
nms Maroela Media

Abe ·

Laksman,
Totaal onvanpaste kommentaar en in uiterste swak smaak.

jaco ·

Meeste belastingbetalers is wit en meeste slagoffers van regstellende aksie is ook wit. Iets maak nie sin nie. As ek Ramaphoza was, het ek wit mense se stemreg weggevat maar ook gesorg dat hulle almal werk het.

Alida 2 ·

Jaco ek dink jou maak ‘n fout.
Meeste belastingbetalers is nie blank nie. Wie sit in bykans al die staatdiensposte? Bankamptenare, onderwysers, polisiemanne , weermagpersoneel ens. ens. is almal belastingbetalers . Ons is net ‘n handjie vol blankes en sommige betaal ook nie belasting nie.

VanAfrika ·

Jaco, blankes se stemreg moet weg gevat word??? Ek dink jy is nou die klits kwyt. Ek sal nie soos n niemands kind in my land behandel word nie. Ek as blanke het meer reg om in hierdie land te stem as enige ander persoon

Groen Ertjie ·

Jaco
Ek is seker die werksmag is in die meerderheid swart mense – dus is hulle aandeel in belasting meer as wit – is dit nie ooglopend nie – waar is jou statistieke?

Pieter ·

Ek sal meer as gelukkig wees om my stemreg weg te gee om weer ‘n werk te kan he. Sonder ‘n inkomste beteken stemreg vir my niks nie.

Johan ·

Nog een stappie nader na totale chaos. Kommunisme kruie al nader.

humor ·

Waarom die gelag en vrolikheid onder die sg. hooggeplaasdes. Daar is n slang in die gras. Die belastingbetaler se turf sit weer vir die volgende dekade.

Afrikaner ·

‘n Mens kan maar net die kop in ongeloof skud, jaar in en jaar uit.

John ·

Nou wonder mens wie die wonderlike persoon gaan wees wat Eskom se probleme gaan uitklaar… of eerder wie die moed gaan hè om te sè wat ons almal weet. Gaan die oom ingevoer word van Indiè of Sjina of van waar, of gaan dit weer ‘n baas van ‘n selfoonmaatskappy wees wat mooi weet waar elke winkel in die Sandton Mall is en die pad na Saxonworld toe-oè kan ry.

Ellisras ·

Daar is ‘n hele paar mense met goeie ondervinding wat beskikbaar is. Wat van Gavin Watson, Agrizzi, die hoof van VBS bank beskikbaar. Dan nog Jiba wat gaan werk soek.

Ai. ·

Kyk hoe lekker lag hulle…dink seker by hulself ek het nie n cooking clue wat ek hier moet doen nie maar non the less ek kry mega mulas vir dit terwyl Suid Afrika kripeer…..Ja nee gooi maar nog Miljarde hard belasting betaler verdiende Rande in die water….Die eind resultaat gaan dieselfde bly minus die Miljarde….Die geld hardloop wel uit een of ander tyd…

Wonder mar net ·

Ek sien of lees niks in budget oor verhoging in Sassa pensioene nie. Of kyk ek net skeef

Riaan ·

Hulle lag nou nog oor hulle vir FW,Pikkie,Roelfie en die res van die klomp vir n sucker gevang het.

Probleem is net. Nou betaal ons die prys en hulle het rustig afgetree.Ons kinders moet betaal vir n geskiedenis wat hulle nie eers ken nie.
Hierdie regering sal nooit n sukses van hierdie land kan maak nie.

jan ·

Nee jys verkeerd Riaan al die ouens soos FW was maar altyd aan die ANC se kant hulle is betaal om ons te verraai.Hulle het presies geweet wat hulle doen hulle het die gewone dom publiek vir suckers gevat…

wilma ·

Volgens ‘n nuusberig verhoog SASSA-pensioene vanaf R1 700 na R1 780 – seker vanaf 1 April (en dit is hopelik nie ‘n grap nie)!

IK ·

Dink net ‘n hele 4,7% terwyl die styging in lewenskoste meer as dit is.
Ek wonder of Eskom se bonusse ingesluit is by die sommetjie?

willem Botha ·

Hulle moet die kinder toelaag beperk tot een kind,die belaglike toelaag veroorsaak net n n bevolkings ontploffing wat lei na groter werkloosheid soos n bose kringloop

jennefer ·

ou, jy wil nie weet hoeveel Pampers hier in Limpopo gebruik word nie!

George van Bloem ·

Weereens word Eskom se korrupsie,nepotisme,wanbestuur,blatante
rassisme en onbeholpenheid beloon. Mooi man. So sal dinge mos regkom. Red nou ‘n nasie met die klomp ANC narre.

RG ·

Kan ons net afstig asseblief en ophou tyd mors om besighede hof toe te sleep Afriforum en VF Plus. Ons wil nie meer deel wees van hierdie korrupte vrotspul middelmatiges nie. Dit gaan nooit beter word nie, kry dit in julle akademies geletterde koppe!

jan ·

Afriforum weet hulle hofsake is useless maar hulle doen dit om geld te kry van die dom publiek.Daar is prokureurs in Afriforum en solidarieit wat lekker bank toe lag…op hul eie mense se onkoste…

alida ·

Om nog geld in Eskom en al die ander instansies in te pomp beteken maar net hulle voer die aasvoels wat nog altyd daar was en nog steeds is. Ons moet maar die spit afbyt soos altyd.

Hans ·

Black Capital Monopoly, Kyk net hoe lekker lag die vet varke saam

toy ·

As ek so na die fotos kyk, lyk dit of hulle lag al die pad bank toe. Hulle leef mos in weelde. Maar als het ‘n einde.

Ai tog ·

Siener van Rensburg het dit voorspel dat hierdie regering ons so gaan belas. Maar steeds staan die boerevolk nie saam nie!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.