‘Begroting was teleurstellend’

Minister Malusi Gigaba. Foto: Elmond Jiyane, GCIS

Suid-Afrika se begroting wat deur min. Malusi Gigaba aangekondig is, is in vele opsigte teleurstellend en het net onderstreep hoe groot die land se finansiële probleme werklik is.

Só meen Pieter Groenewald, leier van die VF Plus.

Volgens hom het Gigaba nie die geweldige skuldlas van die regering wat deur voormalige pres. Jacob Zuma se administrasie veroorsaak is daadwerklik aangeraak nie.

“Die verwagte groeikoers van 1,5% vir 2018-’19 en 2,2% in 2020 is nie genoeg om die ekonomie sodanig te laat groei dat dit ʼn wesenlike invloed op werkskepping gaan hê nie, veral nie as in gedagte gehou word dat meer as ʼn miljoen mense jaarliks die arbeidsmark betree nie,” het Groenewald gesê.

Om te sê die regering gaan oor die volgende drie jaar R85 miljard spaar, wek wel die regte indruk, maar bloot die rente op regeringskuld beloop tans al R198 miljard per jaar. “Die besparing is dus ʼn druppel aan die emmer,” het Groenewald gesê.

Gigaba het ook geen aanduiding gegee van beplande stappe om besparingsmaatreëls in te stel nie.

“Wat BTW betref, is die VF Plus tevrede dat dit met een persent verhoog is aangesien dit belangrik is dat die land se belastingbasis verbreed word. Die VF Plus het lankal reeds gevra dat BTW verhoog moet word, eerder as buitensporige verhogings van persoonlike belasting.”

Groenewald het gesê daar word tans van sowat 5 miljoen belastingbetalers uit 55 miljoen landsburgers verwag om die belastingjuk alleen te dra. Daar kan tog nie van ʼn sekere groep verwag word om net al meer belasting te betaal nie.

“Stapelvoedsel soos meel, bruinbrood en rys word uitgesluit van BTW en die verhoging sal die heel armstes feitlik nie raak nie. Die bykomende heffing van 52 sent op die brandstofprys moet na regte ook nie bloot in die belastingmandjie beland nie, maar uitsluitlik aangewend word vir die Padongelukkefonds (POF) en die land se paaie-infrastruktuur.”

Laastens het Groenewald bygevoeg: “Wat gratis hoër onderwys betref, is ʼn voorwaarde noodsaaklik dat studente wat wel in aanmerking kom hul akademiese jaar móét slaag, anders sal dit ʼn blote vermorsing van belastingbetalers se geld wees.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

23 Kommentare

Willie ·

Dis n groot teleurstelling.. as CR erenstig was, sou daar al koppe gewaai het, en instansies verkein word… Hy gana later probeer Hero speel… dink did ietwat strategies van aard

PB ·

Hoe kan mense sê die verhoging 1% raak nie die arm mense nie. Hul het tog ander behoeftes behalwe bruin brood, meel en rys. Wat in elk geval gaan duurder word met die verhoogde heffing in brandstof.

CJ ·

PB. Jy vra: “Hoe kan mens sê die verhoging van 1% raak nie die arm mense nie.” Ek weet nie dat enige iemand dit gesê het nie. Lees asseblief weer wat gesê is.

Jacques Venter ·

Die arm mense gaan deur hulle nekke betaal, terwyl niks aan Gigaba se kollegas gedoen is nie. Daar is nie aan ministers se oordadige voordele geraak nie

Ouma ·

Ek voel ook dit onregverdig.
As die staat wil betaal vir onderwys. Moet daar seker n plan in aksie gebring word geboorte beperking. Bring China se Wet in 1 kind per GESIN. Geen buite egtelike kinders.

Koos1 ·

En Pieter, die wat nie slaag nie moet die geld terug betaal. In die “Public Financial Management Act” word vrugtelose uitgawes breedvoerig gedek. ‘n Student wat druip, is niks anders as ‘n vrugtelose uitgawe nie, en die wet verplig die staat om die vrugtelose uitgawe te verhaal.
Daar moet nog baie water in die see loop voordat hierdie Zuma malheid kan realiseer.

Alida ·

Hy homself is terleurstellend en moes NOOIT eers aangestel gewees het nie.

Cherokee ·

Ek hou van jou repliek op die begrotingsbeplanning, Pieter. Betreffende al die verskillende vorms van belasting bly dit roof want wanneer die werklike syfer uitgewerk word wat belasbares betaal, is dit ‘n lastige syfer. En wanneer petrol goedkoper behoort te word omdat die randwaarde versterk teenoor die VSA-dollar, skep die regering nog groter.

ferdi ·

Kyk di uitspattige gesnyde pakke klere wat hy dra elke keer ander pakklere hy leef uitspattig saam sy vrou dan moet ons sy begroting opeet vi soetkoek skande

cor ·

Ferdi dit is nie sy begroting nie maar wel CR sin. Die snyers pakke het sy mamma hom geleer om te dra en nou is hy op die gravy trein van die zuptas en sy party wat hom toelaat om so op te dress.

cor ·

Ja so moet ons vir die zuptas en die koruptenare se vergrype betaal. Dan gaan daar seker weer vir pres. CR se nuwe kabinet se nuwe floot van beemers, mercs en range rowers met blou ligte en horde lyfwagte ook weer betaal.

Rooi Jan ·

Stem saam oor voorwaardes vir die studiehulp. My dogter weet van ten minste een “arm” professionele student wat nou al ten minste 2 jaar op die nfas stelsel teer. En die “arm” student dra net label klere loop met die nuutste iphone, iwatch en ry met n splinternuwe kar.

Hanco ·

Kan ek weier om inkomste belasting te betaal? Dis tragies dat ek as pensionaris 30% van my rente moet oorhandig aan ‘n gebroke regering.

H.A. ·

Dit is hoe kommuniste floreer. Ons is mos ñ kommunistiese staat. ‘communist is ALIVE and RISING’ !

Jan ·

Enige iets wat hierdie gupta zuma pop gaan sê is teleurstellend. Hy het sy vlug verpas en nou probeer hy sy “pose” hou. Deesdae maai hulle mense in die land soos boere met sekels. CR moet bietjie oes in die kabinet man

WC ·

Ek haal Winston Churchill aan;

“For a nation to try to tax itself into prosperity is like a man standing in a bucket and trying to lift himself up by the handle”

Callie ·

As jy 4+ onderskeidings kry met die regte vakke en jy teken kontrak om terug te betaal en jy kan geen skuld maak tot dit terugbetaal is nie, dan kan jy gehelp word. Swak doen eerste termyn word jy weggewys. Geen kleur tel. Slegs matriek uitslae.

Hart ·

Als word net duurder en duurder maar die mense kry nie meer salaris om by die stuigings aan te pas nie. Jy kan nie eers meer n gesonde bord kos op die tafel sit nie. Moet lewe van brood.

James ·

Ek is baie spyt dat BTW net met een persent op is – ek het gehoop dis drie persent. Laat die 50 miljoen wat GEEN persoonlike inkomstebelasting betaal nie, hulle eie drome – soos gratis onderrig, huise, dienste ensomeer begin befonds. Jy kan ‘n koei net solank melk, voor die uier droog word. BETAAL, julle wat net die hele tyd DEMAND. Of jy nou arm is, is nie my probleem nie – dis jou regering wie jy nou al vir 25 jaar aan bewind hou se probleem, want jy wil nie LUISTER na REDE nie. Jy DEMAND mos net, met geen idee waar die geldjies vandaan kom om jou demands te bevredig nie. BETAAL! Jammer dis net 1% meer…

Ou Swarrie ·

Wat huil die wittes so? Wat het hulle dan verwag? Het hulle gedink dat die land eweskielik op ‘n Westerse of bekwame wyse bestuur gaan word? Dit wys jou net hoe links en naïef die spul wittes van SA is. Pateties. Daarom emigreer die slim mense op strepe.

MT ·

“Die besparing is dus ‘n druppel aan die emmer….” ???Moet dit nie wees “in'” die emmer nie??

Sune van Heerden ·

Dagsê MT

Dankie vir jou navraag.
Albei vorme word erken: “Druppel aan/in die emmer”.
Die HAT, WAT, Woordeboek van nuttige Afrikaanse kombinasies (Kollokasiewoordeboek) en die boek Wat praat jy? dui aan dat albei vorme erken word.

Dit wil voorkom of daar ‘n effense betekenisverskil kan wees, waar “druppel in die emmer” dui op ‘n onbenullige hoeveelheid en “druppel aan die emmer” dui op ‘n onvoldoende hoeveelheid.

Groetnis
Suné
nms Maroela Media

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.