‘Begrotingsprobleme’ in Mpumalanga; werkers nie betyds betaal

ekonomie-finansies-geld-sakrekenaar-knyp-spaar

(Foto: Stevepb/Pixabay)

Sommige veiligheidsbeamptes by verskeie klinieke en ander gesondheidsinstellings in Mpumalanga het begin staak omdat hulle nog nie vandeesmaand salarisse gekry het nie.

Die departement van gemeenskapsveiligheid in Mpumalanga sê hy ondervind sedert verlede maand “begrotingsprobleme” en dat dit die tydige betaling van maatskappye wat gekontrakteer is om dié dienste te lewer, gepootjie het.

Moeti Mmusi, woordvoerder van dié departement, het gesê die vertraging met betalings het beteken dat sommige maatskappye nie hul werkers betyds kon betaal nie, maar dat die departement steeds van hulle “verwag om hul werkers se salarisse tydig te betaal”.

“Die maatskappye is geëvalueer, gegrond op hul vermoëns wat finansiële en menslike kapitaal insluit,” het Mmusi gesê.

Hy het gesê die betaal van salarisse is deel van die dienskontrak wat die departement met die maatskappye aangegaan het. “Werkers by sommige persele het dus begin staak omdat hul salarisse nie betaal is nie.

“Wat betref die begrotingsuitdagings het die departement reeds die provinsiale tesourie en die kantoor van die premier genader. Daar is ook met diensverskaffers vergader om dringend ʼn oplossing vir die kwessie te vind.”

Die departement sal geldelike hulp kry en diensverskaffers sal na verwagting nie later as 1 Februarie betaal word nie, het Mmusi gesê.

“Die departement is bewus van die dringendheid van die saak en doen ʼn beroep op alle belanghebbendes, ook werkers en vakbonde, om geduld met die regering te hê in dié moeilike tye.

“Die departement vra om verskoning vir die ongerief wat moontlik veroorsaak is.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

TDW ·

Wat ‘n klap in die gesig;”die departement verwag steeds dat die maatskappye die werkers se salarisse tydig betaal”
Wat van die departement is ‘n voorbeeld van betaling. Maatskappye kan nie werkers betaal as hulself nog nie betaling gekry het vir dienste reeds gelewer.

Koos wk ·

Ek kan jou n brief gee al die departement se salarisse was almal betyds in die bank!! Klomp ass…

Werner ·

Tipise Afrika mentaliteid ek hoef jou nie te betaal nie maar jy moet betaal dit is hoekom ons rommelstatus verby is

KP ·

Maar BBBEEEE maatskapye kry sommer 100% van kotrak vooruit, voor enige dienste gelewer.

Gestonk ·

Wonder ons nog waar is die geld? Is ons nog geskok om sulke strooi te hoor? So val als uitmekaar met ons kaders as leiers!

lunsriem ·

O treurigheid op note, so val die kaders oor hul eie pote!

Alex ·

Watter moeilike tye? Beleef die regering en sy departemente dan moeilike tye? Het die geld soos niet verdwyn? Die soustrein is seker laat.

McG ·

Bietjie minder dans bietjie minder sing dan sal meer gedoen kom. So dis ‘n kwessie van ons hoef nie te betaal op tyd nie, so just be patient… laat dit nou met een van die ‘besluitnemers’ gebeur dan kyk ons bietjie

PK ·

Iemand op MM het eenkeer geskryf; “As die kaas begin opraak, eet die rotte mekaar.

Hanno ·

Destyds het die wittes keer op keer vir die NP gestem. Tot heel op die einde toe alles weggegee is. Deesdae stem die swartes keer op keer vir die ANC. Tot heel op die einde waar alles tot niet gaan. Bewys dat alle lede van homo sapiens eintlik maar identies is.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.