Begrotingsrede 2016: Politieke partye reageer

Pravin Gordhan. Argieffoto

Pravin Gordhan. Argieffoto

Politieke partye het grotendeels positief op Pravin Gordhan, minister van finansies, se begrotingsrede gereageer.

Pieter Mulder, leier van die Vryheidsfront Plus, het gesê Gordhan se begrotingsrede kan as ʼn “terug na basiese ekonomiese grondwaarhede” beskryf word. “Die minister het fiskale dissipline beklemtoon met die voorneme om miljarde te bespaar deur beter beheer oor staatsaankope en deur besparing. Dit is stappe in die regte rigting.”

Volgens Mulder probeer die ANC, “wat Suid-Afrika tot op die rand van rommelstatus gebring het”, nou die land uit die gemors kry deur basiese ekonomiese grondwaarhede te probeer toepas. “Die vraag is of dit nie te min te laat is nie.” Mulder het gesê hoewel die minister geld vir universiteite beskikbaar gestel het, het hy nie kans gesien om ingrypende droogtehulp aan te kondig nie. “Daar was enkele vae beloftes dat dit nog aandag gaan geniet, maar dit gaan te laat wees om talle landbouers te red.”

Die DA het gesê hy is teleurgesteld dat Gordhan nie verdere besparingsmaatreëls aangekondig het nie. Volgens David Maynier, DA-LP, kon Gordhan onder meer aangekondig het dat pres. Jacob Zuma se kabinet tot 15 departemente verminder word en sodoende die fiskus “R4,7 miljard” spaar.

Julius Malema, leier van die EFF, het Gordhan se lof besing. Malema het gesê die land moet die minister en begroting ondersteun aangesien hy gedoen het wat nodig was om die land van rommelstatus te red. “Die minister het gekom en sy begroting in die moeilikste tyd voorgelê. Dit is tyd dat ons politieke en ideologiese verskille een kant toe skuif en verenig.”

Die ANC het intussen Gordhan se begroting as “pragmaties en stewig in lyn met ANC-beleid” beskryf. Gwede Mantashe, sekretaris-generaal van die ANC, het gesê die begroting het voldoende geantwoord op die bekommernisse van betogende studente en vakbonde en dat Gordhan voortgegaan het om besteding op onderwys te prioritiseer.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

Maddox ·

Hier stem ek eenkeer saam die DA. Hulle moes die kabinet kleiner gemaak het en ook alle parlementslede se salarisse met 25% gesny het- Die meeste is in elk geval useless wat daar sit. Dan moes die staatsdiens ook gesny geword het, asook die buitensporige salarisse van plaaslikke munisipale amptenare (Burgemeesters en kie). Geen nuwe vliegtuie vir zoompie en sy pelle nie, en hou Eskom se verhogings in toom (nie meer as inflasie nie)…. heelaas dink ek nie enige iets gaan die land se ekonomie red nie, die rand het klaar negatief gereageer op die nuus- dus dink die wereld niks van die anc se planne vir besparing nie. Ons weet ook die anc sou niks van bogenoemde planne geimplimenteer het nie aangesiende dit ‘n verkiesings jaar is en hulle nie stemme wil verloor nie.

Frans ·

Indien onlangse studente optrede dit kon regkry dat die mininster meer befondsing aan Universiteite toewys, is dit nie tyd dat ons weer met trekkers en implimente opruk Pretoria toe nie? Droogtehulp is nie op Pravin se tot 10 lys van prioriteite nie. Hul reageer net op daadwerklike aksie. Die vervoer bedryf sal ook opruk Pretoria toe, ons moet die wêreld se aandag vestig op wat kom. Hierdie land gaan kos nodig hê en sy produsente kan nie meer nie.

Maddox ·

Vannaand gehoor op die draadloos dat daar geen droogte verligting gaan wees vir die boere nie, en blykbaar die “hulp” wat die regering tot nou toe gegee het is net vir bestaansboere en nie vir die groot kos produseerders nie (maak jou eie afleiding hier). Dalk tyd dat die boere soos een man opruk – blykbaar al wat die regering verstaan.

Topster ·

Ek stem Frans hy gee vir die universiteite meer sodat daar meer verwoes kan word maar vir die blanke wat hom met wit meel voed is daar nie sprake van hulp nie.Ek weet nie hoe ver dit moet gaan nie voordat iemand wakker skrik in die ANC nie

pieter ·

Stem saam maddox om by te voeg da te veel ondersoekspanne vi enige insident wat geld en tyd kos ,kyk na nkandla hoeveel geld is da in na ondersoeke en wat was di uiteinde ,kyk na ondersoekspanne na onderwys ,railway,sal om paar op te noem en ja wat kos regstellende aksie die land en sy burgers nie

pieter ·

En amper vergeet ek stakings ,misdaad,beskadigging van eiendom deur optogte en stakings wat kos dit di land nie vra net

VeldYuppie ·

Nou ja manne, kom trek julle die laer hier om Oom Paul dan sit ons stadsjapies by vir die nodige en ons kuier lekker saam hier in die stad.

Pieter dp ·

Wat n goeie gedagte vir die kos prodiesent. Kom ons trek saam op die groen grasperke van die Unie gebou en wys die kama benadelde burgers hoe word n vreedsaame protes gehou. Geen af breek of vernietiging nie.

Johann Marx ·

David/Des van Rooyen so beter gevaar het. Nee, is. Vra vir Jakob…

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.