Begrotingsrede 2016: ‘Regering sy eie grootste vyand’

Minister Pravin Gordhan. Foto: GCIS

Minister Pravin Gordhan. Foto: GCIS

Die sakeregte-waghond AfriSake is van mening dat Suid-Afrika tans deur een van die uitdagendste tydperke sedert die draai van die millennium in die gesig staar word met inagneming van die begrotingsrede wat Pravin Gordhan, minister van finansies, Woensdag gaan lewer.

Stefan Pieterse, AfriSake se nasionale woordvoerder, voorspel dat staatskuld, onbekwame staatslui, sosiale oorspandering asook swak politieke en ekonomiese beleid geensins ingeperk gaan word nie, maar eerder gaan toeneem en uitbrei, veral met die oog op die komende munisipale verkiesings en gepaardgaande verkiesingsbeloftes. Nasionalisering sal ook opnuut as oplossing vir die land se finansiële verknorsing voorgehou word.

Volgens Pieterse het die regering ernstige finansiële probleme. “Terwyl die regering nuwe projekte soos die nasionale gesondheidsversekering (NGV) wil implementeer – ʼn projek wat belastingbetalers nagenoeg R256 miljard per jaar uit die sak gaan jaag – voer hulle self aan dat die ekonomie teen 3,5% per jaar moet groei ten einde dit te implementeer,” het Pieterse gesê.

In hierdie stadium is die regering dus sy eie grootste vyand weens groeiende staatskuld sowel as die implementering van vernietigende beleid en wetgewing, soos byvoorbeeld die onlangse wetsontwerp op onteiening, wat buitelandse beleggers en maatskappye landuit jaag.

“Pres. Zuma voer aan dat Suid-Afrika oop is vir besigheid, maar die feite vertel egter ʼn ander storie,” het Pieterse gesê.

Volgens Armand Greyling, regs- en beleidsanalis van AfriSake, lyk dit nie of daar radikale nuwe beleidsrigtings verwag kan word nie. Ten spyte hiervan kan Gordhan steeds maatreëls aankondig om die land se ekonomie terug op koers te kry.  So ʼn inisiatief sal bestaan uit twee dele, naamlik:

Wat die staat moet ophou doen:

  • Hou op om reddingsboeie aan mislukte staatsinstellings te voorsien;
  • Staak die finansiering van die mislukte grondhervormingsproses, en kontrakteer die grondrestitusieproses uit na die private sektor. Dit sal Suid-Afrika se grondpolitiek vinnig tot bedaring bring teen ʼn laer koste;
  • Stop die groei in sosiale welsynbesteding, en wentel dit af.

Wat die staat behoort te doen:

  • Belê in belastingbetalers deur belastings te verlaag, eerder as om belastinggeld in groot egosentriese projekte te bestee. Dit sal die bykomende voordeel inhou dat korrupsie en wanbestuur gelyktydig sal afneem.
  • Skrap Swart Ekonomiese Bemagtiging en Regstellende Aksie;
  • Privatiseer alle staatsinstellings;
  • Dra alle grond in staatsbesit oor aan arm mense en formaliseer informele nedersettings en tradisionele grond.

Volgens Greyling is die beste manier waarop inklusiewe ekonomiese groei in Suid-Afrika bereik kan word, deur ʼn volkome vryemarkstelsel te implementeer. “So ʼn stelsel sal geleenthede daarstel vir alle landsburgers om op ʼn gelyke basis met mekaar mee te ding, en sal geensins beperkings plaas op hoe of met wie handel gedryf mag word nie. Slegs deur die aanvaarding en toepassing van vryemarkbeginsels sal alle landburgers tot hul reg kan kom. Individue en gemeenskappe wat self verantwoordelikheid vir hul toekoms kan neem, sal lei tot ʼn sterker en inklusiewe ekonomie.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Topster ·

Dit is nie die kritiekste tyd vanaf die millenium nie maar die kritiekste tyd vanaf die land verkoop is deur F.W.de Klerk .Hy het seker gedink Suid Afrika gaan net van krag tot krag gaan nou het ons nie eers krag nie en die staats kas is vrot gesteel en armes is nog armer en na vandag se toespraak nog armer

Loeis ·

Greyling maak baie goeie punte, maar ons weet dat die mense wie die mag het, nie daardie goed gaan doen nie. Wat ons voor die eintlike probleem bring: politieke mag.

Ons moet saam staan vir selfbeskikking. Die KP en ander het dit reeds in die laat 80’s en negentigs voorgestel, maar toe steun mense mos vir de Klerk sodat hulle na die wereldbeker kriket kon kyk. Gekke en dwase.

Dee ·

Die KP het die regsgesinde stem verraai deur die HNP te opponeer met identiese grondbeginsels.

m ·

Die belasting sal seker weer opgestoot word want dis mos die handjie vol belastingbetalers in hiedie land wat vir alles betaal. Die res staan in die tou vir social grants..

HEVW ·

Daar sal seker weer uit sekere geledere gese word hou op om na fw en die verlede te gryp. Die punt is egter ons beleef die wrang vrugte van sy oorgawe van dag na dag. en terwyl SA aan die brand is swyg hy beskermd en vol geeet in sy luukse verkry deur omkoopgeld.

Karma ·

Ek beny mnr. Gordhan se posisie en taak glad nie! My opinie oor “gesonde” finansies vir SA is:

Hou op om semi-staats organisasies soos SAL, ESCOM en die Poskantoor kort-kort te “red” met uiters belaglike reddingspakkette – privatiseer en kry mense met die regte agtergrond om dié instansies te bestuur

Klim uit die Guptas se gatsakke en gee kontrakte aan mense wat die werk die eerste keer reg kan doen vir ‘n redelike prys

Stop die miljoene kinder-toelae (hoer-pensioene!)

Beding vir beleggers uit die moderne Westerse wêreld en moenie staatmaak op ander derdelandse lande en kommuniste nie en (beste van alles):

Verhoog BTW sommer met 2% (dan betaal ieder en elke boggher in die land belasting en nie net die hardwerkendes nie) en verlaag persoonlike belasting – behou maatskappye- en invoer/uitvoerbelasting soos dit is.

CWS ·

Wil net se ons oud geword in SA en goeie jare onder NP gehad…baie respek vir F.W-MANDELA en PRAVIN GORDON… Klippe gooi help niks..Bou eerders as Breek..

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.