Begrotingsrede 2016: Só word jou sak geraak

Pravin Gordhan. Foto: GCIS

Pravin Gordhan. Foto: GCIS

Pravin Gordhan, minister van finansies, het Woensdag in sy begrotingsrede gesê die koerse vir persoonlike inkomstebelasting gaan verlaag word, maar volgens ʼn kenner is dit slegs ʼn skynverligting. Belasting op tabak en alkohol is verhoog.

Gordhan het in sy begrotingsrede ’n vermindering van R5,65 miljard in persoonlike inkomstebelasting vir individue aangekondig, wat volgens hom “gedeeltelik vergoed vir inflasie en hoofsaaklik gefokus is op laer- en middelinkomstegroepe”.

belasting

Volgens Paul Joubert, senior ekonomiese navorser aan die Solidariteit Navorsingsinstituut (SNI), is Gordhan se aankondiging van belastingverligting, soos in vorige jare, erg misleidend.

“Om die kastige ‘verligting’ te ontvang, moet jou inkomste konstant bly teenoor die vorige jaar. Indien jou inkomste konstant bly, beteken dit eintlik dat jy armer word, omdat inflasie jou koopkrag verminder. Iemand wat in die 2015/16-belastingjaar belasbare inkomste van R300 000 gehad het, sou 17% (R50 986) daarvan aan inkomstebelasting moes afstaan. Indien die persoon ʼn verhoging van 6% in sy inkomste kry, sal hy R318 000 verdien, waarop hy in die 2016/17-belastingjaar R55 360 inkomstebelasting sal moet betaal – dit is 17,4% van sy inkomste. Dis nie moeilik om te sien dat 17,4% hoër is as 17% nie. Jy het dus ʼn keuse tussen om jouself deur inflasie te laat verarm, of om inflasie die hoof te bied, maar dan deur hoër belasting verarm te word.”

Die brandstofheffing sal intussen vanaf 6 April met 30c per liter styg. Dit sal die algemene brandstofheffing na R2,85 per liter petrol en R2,70 per liter diesel verhoog.

Gordhan het ook nog slegte nuus gehad vir sommige verbruikers met die aankondiging van belastingverhogings op tabak en alkohol:

sondebelasting

Die regering het intussen ook voorgestel dat daar vanaf 1 April 2017 ’n belasting op suikerversoete drankies gehef word om die oormatige inname van suiker te verminder. “Vetsug wek wêreldwyd kommer, maar Suid-Afrika se vetsug-posisie is tans die ongewensste in Afrika suid van die Sahara. Dit het ’n groter risiko vir hartsiektes, diabetes en kanker tot gevolg.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

PJ ·

Hoor in begroting dat Gordhan n limiet op regeringsamtenare se voertuie(pryse) geplaas het maar my geheue my nie in steek laat het hy dit in sy vorige termyn ok gesè maar was totaal geignoreer en kan nie onthou dat enige iemand vervolg was nie

moeks ·

Ek onthou dit ook. Twyfel of enigiemand hulle daaraan gaan steur.

philip ·

Nou hoekom moet ek wat nie vet is nie belasting betaal vir die vettes? Ek oorvreet my mos nie!
Sit ‘n skaal by die kas register en as ‘n persoon oorgewig is dan betaal hy/sy self vir die lekker eet. Nie dat ek iets het teen vet mense nie , ek sien nie hoekom moet ander betaal vir hulle nadelige gewoontes nie. As ‘n persoon baie drink en hy kry babelas kan jy nie almal laat betaal omdat hy babelas kry nie, so geld dit ook vir vetsug.

Dina Brits ·

Dit is reeds vir die wat nie vet word nie, en hulle dood eet en drink.

pieter ·

Jy kan nie wen nie nou kom die munisipaliteite ,eskom en noem ma op hoe belaglik belasting op bande want dit beland op ashoop bog man dit word langs die paaie verkoop onveilig , bande handelaars hou my ou bande ma ek moet belasting betaal ,belasting op plastiek sakke wat n grap ons dorpe nog net so vuil ,nee ons gewone en getroue sa burgers moet vi niks betaal nie

Tiaan ·

Elke jaar dieselfde toespraak en elke jaar word die belasting opgestoot

Patrick Jumat ·

Baie danki Maroela Media,julle is regtig n uitsteken media monstuk!Hou so aan met die goeie werk wat julle doen!

Lana ·

So met ander woorde ons betaal nou vir groot boggerop wat die regering gemaak het die laaste 20 jaar?

job jobson ·

Wil weet word belasting aftrekkings op alle staats amptenare gedoen,ongeag ras,want ek weet van i geval waar persoon A verdien R300 000,00 per jaar, aftrekking R980,00 per maand en persoon B verdien R228 000,00 per jaar, aftrekking R1500,00per maand- Moet dit so wees. Reply

Hannelie ·

Gelukkig rook en drink ek nie!!!
Ek wil Maroela media bedank dat ons as lesers heeltyd op hoogte van alle nuus gehou word!! Julle is die beste.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.