Begrotingsrede 2017: EFF loof ‘gebalanseerde begroting’

Pravin Gordhan (22 Februarie 2017) Foto: GCIS

Pravin Gordhan (22 Februarie 2017) Foto: GCIS

Julius Malema, leier van die Ekonomiese Vryheidsvegters, het Woensdag die begrotingsrede verwelkom en gesê dit is “weldeurdag” en “gebalanseerd”, maar het sy kommer uitgespreek oor korporatiewe belasting.

Pravin Gordhan, minister van finansies, het Woensdag sy R1,56 duisend miljard (trillion)-begrotingsrede in die Nasionale Vergadering gelewer onder dawerende applous.

Godhan het ook ʼn nuwe top-inkomstebelastingkategorie aangekondig waar Suid-Afrika se superrykes, diegene wat ʼn belasbare inkomste van meer as R1,5 miljoen of meer as R125 000 per maand verdien, 45% belasting sal betaal.

Malema het in reaksie op die begrotingsrede gesê alhoewel die EFF nie met alles saamstem wat Gordhan voorgehou het nie, verdien die minister toejuiging.

“Ons is besorg dat korporatiewe belasting steeds daal. Individue is diegene wat die grootste bydraers is tot die fiskus van Suid-Afrika waar binne korporatiewe belasting met 3% vanjaar gedaal het.”

Malema het gesê ʼn radikale beleid moet ingestel word vir maksimum belastingheffings van die korporatiewe bedryf en het bygevoeg dat staatsbeheerde maatskappye in strategiese sektore van die ekonomie ook meer geld vir die staat sal beteken.

Hy het bygevoeg Gordhan gee ʼn tipe hoop aan Suid-Afrika, en dat hy die ondersteuning moet ontvang om die donker politieke wolk wat oor sy kop hang, te deurstaan. “Ons stem dalk nie met alles saam nie, maar hy moet geloof word dat hy bereid is om teen korrupsie op te staan.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

·

Malema, kom ek leer jou gou vinnag van besigheid. Jy het ñ inkomste en jy trek die uitgawes af. Daarna betaal jy belasting . Malema:”Staatsbeheerde maatskappy in die strategies sektor van die ekonomie ook meer geld vir die staat sal beteken”. Soos SAL?

Joker ·

Ja jinne en die EFF Is nou ‘n force om mee rekening te hou. Hulle is nou die hoogsgeleerdes en die hoog aangeskrewe persone in die land wie se MENING nou actually tel ne? More brand en breek hulle weer universiteite af, vandag moet ons hulle MENING respekteer? Wat ‘n joke! Is Malema al opgeskroef vir sy R6 m wat hy aan SARS skuld of praat hy net saam en verskuif die fokus na ander goed. As ek SARS ‘n paar rand skuld bel hulle my elke dag, email my, sms my, en Malema wat miljoene skuld kom NIKS oor nie, en hy is elke dag in die openbaar, hy kan mos in hegtenis geneem word? Maar NEE die EFF Rule die land . almal is te bang om aan hom te raak.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.