Begrotingsrede 2017: Só word jou sak geraak

Pravin Gordhan tydens sy 2017-begrotingsrede. Foto: Kopano Tlape/GCIS

Pravin Gordhan tydens sy 2017-begrotingsrede. Foto: Kopano Tlape/GCIS

Pravin Gordhan, minister van finansies, het Woensdag sy begrotingsrede gelewer.

Gordhan het gesê die boodskap van sy begrotingsrede is dat Suid-Afrika weer by ʼn kruispad staan. “Ekonomiese groei is te stadig en die werkloosheidsyfer is te hoog.”

Volgens Gordhan moet daar ʼn bykomende R28 miljard in belastinginkomste gegenereer word. “Ons moet besteding met R26 miljard verminder oor die volgende twee jaar. Die voorgestelde uitgawes vir 2017/18 is R1,56 duisend miljard. Staatskuld staan nou op R2,2 duisend miljard, of 50,7% van die BBP.”

Gordhan het gesê Suid-Afrika het vir baie jare die voordeel geniet van die invordering van inkomstebelasting wat ekonomiese groei oorskry. “Dit het bygedra tot ons vermoë om openbare dienslewering uit te brei.” Gordhan het gesê daar word verwag dat die totale belastinginkomste vir 2016/17 op R1,144 duisend miljard te staan sal kom, wat ‘n toename van 7% teenoor die vorige jaar is.

Dit is veral ryker Suid-Afrikaners en rokers en drinkers wat meer gaan hoes vir belasting:

• ’n Nuwe belastingkerf van 45% is ingestel vir individue met ’n belasbare inkomste van meer as R1,5 miljoen per jaar;

belastingdrempels

belastingskale
• Die brandstofheffing sal op 5 April met 30c per liter styg en die Padongelukkefonds-heffing met 9c per liter; en
• Sondebelasting op alkohol en tabak sal ook met tussen 6% en 10% styg.

sondebelasting

Teen 2020 sal maatskaplike toelaes 18,1 miljoen Suid-Afrikaners bereik, hoofsaaklik kinders (12,8 miljoen) en bejaardes (3,6 miljoen).

Die kinderonderhoudstoelaag sal na verwagting met R25 in 2017/18 verhoog, terwyl die pleegsorgtoelae met R30 sal verhoog. Die ouderdomstoelaag sal verhoog met R95 per maand in 2017/18.

toelae

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

51 Kommentare

Johann ·

Die arme man het staal in sy are. Hy moet ons land elke dan en wan red van die onbesonheid van Zuma en sy Zumaikies en hul laaaaang vingers. En vandag betaal ONS…die belasting betalers NOG vir daai fondse. Kaste vil staats geld wat geraid word deur selfvoldane korrupte ANC kronies. Ja wel…

Richard ·

Ja nê, ek het gedink my persoonlike belasting gaan hoër wees as die 41% wat ek nou betaal, maar ons word tog gebyt op ander manier ook…….

Johan ·

Ek is n oorlog veteraan. Waar doen ek aansoek? Of is dit nie vir my beskore nie, ek is wit.????

Danie ·

Gaan doen aansoek. Ek dink dit word by binnelandse sake gedoen. Hoe en wat nodig is weet ek nie. Dit sal dalk help om op die internet daarvoor toe soek.

Whatever ·

Ja kyk ek het onmiddellik gewonder wie die oorlogveterane is? Is dit net Umkhonto Ziswe se sogenaamde ‘soldate’? Dan wil ek weet in watter OORLOG het hulle geveg want sover ek weet was daar nie ‘n oorlog wat deur hulle gelei of gewen was nie? Die arme wit en anderskleurige manne wat op die Namibiese grens diens gedoen het wat werklik in die oorlog was mag nie se hulle was daar nie, want dan word hulle uitgekryt as apartheidssoldate. Dis vir my erg om te dink ‘n oorlogsveteraan soos Umkhonto Ziswe wat kort kort oorlog teen die wittes verklaar eet elke maand my belastinggeld op?

Paul ·

Die toelaag vir oorlogsveterane is SLEGS beskikbaar aan veterane van die Tweede Wêreldoorlog en die Koreaanse Oorlog.
Ontvangers van hierdie toelaag kan nie ook tegelykertyd die ouderdomstoelaag kry nie.

Die Tweede Wêreldoorlog het in 1945 geëindig. Selfs iemand wat toe 15 jaar oud was en in die oorlog was, sal dus nou reeds byna 90 jaar oud wees, en dus in elk geval vir die 75+ jaar ouderdomstoelaag kwalifiseer.
Die Koreaanse oorlog het in 1953 geëindig. So enige veteraan van daardie oorlog moet dus nou alreeds byna 80 jaar oud wees. Weereens kwalifiseer so persoon reeds vir die 75+ jaar ouderdomstoelaag.

Die rede hoekom hulle hierdie toelaag nie eenvoudig in die gewone ouderdomstoelaag oprol nie, is omdat daardie ooms wat in WO2 en Korea geveg het, trots is op hul toelaag wat hul oorlogsdiens erken.

Raai hoeveel mense kry hierdie toelaag?
‘n Netjiese 185 mense. Nie honderd vyf en tagtig duisend nie, slegs een honderd vyf en tagtig ou, wit ooms, meestal Engelssprekend, wat meer as sestig jaar gelede in Korea en WW2 geveg het.

Feite. Nie aannames nie. Dis maklik om op te soek, maar dis mos sommer makliker om net woes te spekuleer, Johan, Danie en “Whatever”?

Basjan ·

Maroela Media, baie dankie vir hierdie puik opsomming van die begrotingsrede. G’n langdradige tegniese aanhalings nie.

Danie ·

Stem saam. Pravin het omtrent gedweep met transformasie hier en transformasie daar.

Elmien ·

Hoekom nou die brandstof so baie meer maak eer die drank en sigarette.

Dirk ·

Elmien die sigarette en drank is te min om die kortval te finansier daarom moet daar orals bygesit word onthou Zuma moet verhoging ook kry die jaar en sy band of merry men en dan die tenders aan hulle kaders moet alles gefinansier word.

elmien ·

Dan die mense wat so baie kinders het wat nie vir hulle kan sorg nie. kan hulle nie n bietjie verder dink nie. Dit vreet ons ekonomie op. Ek is nie daar om vir n ander se kind te betaal nie. ek het net een want ek kan net een bekostig alhoewel ek graag twee wou he.

Sarie ·

Stem saam . Daar moet ‘n besluit geneem word dat twee kinders genoeg is per vrou om ‘n toelaag te ontvang. Die toelaag moet ook nie in die vorm van geld wees nie maar kos koepons en klere koepons. Hoeveel van hierdie geld gaan vir sigarette en drank.

Ben Jacobs ·

Met so baie toelaes vir almal, geen wonder ons betaal verdomp baie belasting nie.

arie ·

Ek sou seg dat ons almal weet tax moet betaal word ten einde diverse dienste van die regering te kan verwag.
Die probleem wat ons almal het is dat enormous bedreiging geld iewers heen “verdwyn” weens korrupsie en soortgelyke prosecutes.
Die verdwyning van die geld moet baie sterker aan gespreek en verminderde word.

a ·

Jammer Vat nie na 15% nie. dan sal al die armes wat duur cell fone het ook so bietjie bydra

not in wonderland ·

Meer belasting kan verkry word van die selfoonmaatskappye wat in elk geval almal uitbuit. Klink goed “uitbuitbelasting”.

Rynhardt ·

Gordhan se hele toespraak het gegaan oor die uitleef van die Vryheidsmanifes vir SA, m.a.w.transformasie en nogmaals transformasie! Dan se hy verder:”Die ekonomie word gevangene hou deur n klein groepie”. Dit verwys na die wittes! Hy versuim egter im uit te spel hoeveel wit-en bruinmense hul werk verloor het van 1994-2017 met rasse-wetgeing in die vorm van regstellende aksie/transformasie.Gordhan se ook dan:”Ekonomie behoort aan wit en swart”. Werklik? Hoekom word blankes dan verhoed om vir 23jaar n toekoms te he? Hy praat van miljoene werksgeleenthede vir die volgende 3jaar.Hoe gaan Anc dit skep met dooie ekonomie? Verder kan wereld nie uit sy skuld kom terwyl Europa drasties gaan verander wat nie goed vir wereld is nie! Daarmee hou hy nie rekening nie, en maak hy vooruitskattings vir die Anc se jeug wat gebaseer is op fantasie! Gordhan se ook in sy toespraak:”Ekonomie moet drasties transformeer vir meer groei”.Gordhan, hoekom sien ons dan nie daai groei in 23jaar al nie? Gordhan se toespraak is gegrond op die uitleef van Anc se Vryheidsmanifes, n toespraak van ontkenning om sy Anc te blameer vir SA se ellende, en n toespraak van fantasie! Gordhan, onder 5miljoen belastingbetalers kan nie meer 72; 5miljoen (Rapport se syfers in 2014) dra nie! Dan is ook net n formaliteit voordat Brian Molefe (vriend van Anc se Guptas) ooeneem en ellende voortsit! Gordhan weet hy leef op geleende tyd!

Linda van Mosselbaai ·

Ek sal graag wil sien dat die uitgawes van die Staat verminder word – minder mense in die kabinet en dan ook vries die salarisse van die kabinet totdat almal werk het!

Sarie ·

Ook minder aanstellings in die staatsdiens. Mense wat nie die werk kan doen nie en dan konsultante ten duurste aanstel.

Tonginniekies ·

…en daar lees ek toe nou die opskrif as “Begrafnisrede”. Moet tog na my oë laat kyk…

Paul ·

In die 2016 begrotingstoespraak is gesê dat regeringskuld sal stabiliseer op 46.2% van die BBP in 2017/18 in dat dit daarna sal daal. Dis nou reeds by 50.7% en Gordhan sê dat dit oor die volgende drie jaar sal stabiliseer op 48%. So sê vir my hoekom moet mens nou weer vir Gordhan glo?

WONDER MAAR NET ·

Ek wonder net hoeveel van die belasting betalers stem vir die huidige regering. Bly ons dan werklik in ‘n demokrasie ? Is dit dan nie verregaande om te verwag dat dieselfde belasting betalers grondhervorming en ekonomiese transformasie finansier wat hul dan direk gaan benadeel nie. Die politieke beleid makers het ‘n ongelooflike lae IK

Alida ·

Stel die kindertoelae vas op maksimum 2 kinders per gesin. Dit sal al daai skuld in n japtrap betaal. Hulle kry net kinders vir die skamele paar rand toelae per maand. 2 of 3 kinders is genoeg. Wonder of hul al begin skole bou het vir die 2010/11 geboortes?

Paul ·

In middel-2014, die mees onlangse jaar waarvoor ek vinnig statistiek kon opsoek, was daar 6 235 374 ouers (“primary caregivers”) waaraan daar kindertoelae betaal is, ten opsigte van 11 317 684 kinders.
Die manier hoe die “grant” werk is dat net een ouer, meestal die ma, geregistreer word as die “primary caregiver” en dat daardie ouer dan die geld ontvang vir die kind of kinders.

As jy die som maak, sal jy sien dat dit dus gemiddeld 1,8 kinders per vrou/gesin is wat kindertoelae kry.
So die gemiddeld is dus reeds MINDER as die 2 per gesin is wat jy voorstel.

Feite is belangrik.

Paul ·

Verder, Alida, die volle bedrag van die kindertoelaag is R380 maal 12 maal so bietjie meer as 12 miljoen per jaar. So dit werk uit op sowat R56,3 miljard per jaar.
Nou, ek het klaar hierbo aangetoon dat die gemiddelde getal kinders per gesin wat toelae ontvang minder as 2 is, so jou voorstel van ‘n beperking tot toelae vir slegs 2 kinders per gesin sal bitter min geld spaar.
Gestel dit word dan beperk tot slegs 1 kind per gesin. Dit sal ongeveer R25 miljard per jaar spaar.

Daar is R2,2 duisend miljard se skuld. So die R25 miljard besparing sou die skuld eers kon afbetaal in 88 jaar, mits daar GEEN rente op die skuld is nie.
In werklikheid is daar wel rente wat betaal moet word. Die rente is tans jaarliks sowat R169 miljard. So selfs die totale bedrag van kindertoelae sou nie eers die RENTE op die skuld dek nie, wat nog te sê van die skuld afbetaal.
Die totale bedrag wat in 2017 aan ALLE soorte “grants” uitbetaal sal word, is R152,7 miljard. Selfs dit alleen is nie eers genoeg om die R169 miljard se rente op die skuld te dek nie.

Soek die feite op en doen die somme voor wilde aannames en aantygings gemaak word.

Ampie ·

Sjoe, hierdie Paul-perdjie is darem ‘n deeglike mannetjie. Dalk moet jy jou dienste aan die regering beskikbaar stel, hulle soek kereltjies soos jy wat die statistieke vir die regte doeleindes kan beoordeel.

Moeg vir als ·

Maar ons wil standbeelde op sit en mooiste kare ry en belasting betalers se geld steel maar mun word daar gesien die land sien sy gat. Maar toema betasl meer belasting dan is daar meer om te steel

Lewies ·

Ek skat die uitgawe rondom staats amptenare se salarisse beloop so 500 miljard of anders gestel so om en by 30% van die totale begroting. Sonde belasting in die groter prentjie is waarskynlik nie eers ‘n kwart koppie in die emmer nie. Staatsdiens personeel kan in my opnie met lag-lag 20% gesny word (uit gesluit dienste soos polisie, onderwys, verpleging ens.). Daars in elk geval baie meer as 20% van die amptenare wat sit en niks doen nie.

Laurens Goudriaan ·

Ons moet begin werk daaraan as zuma en sy cronies vir brian molefe aanstel in dept van finansies moet ons belasting betaal in n trust rek en die cancer regering op hul kniee dwing geen geld geen KFC en korrupsie.

Ed ·

Watse gevaar Johan?

@MM hoe weet mens wanneer daar antwoord op jou kommentaar is? Kan julle nie soos facebook maak dat jy n notification kry nie?

Sune van Heerden ·

Dagsê Ed

Dankie vir jou navraag. Ongelukkig is daar nie in hierdie stadium ‘n opsie om te kies dat jy kan sien wanneer iemand op jou kommentaar reageer nie. Ons ondersoek moontlikhede om dit beskikbaar te maak, en sal moontlik later vanjaar hopelik goeie nuus hieroor bekend maak.

Bly gerus ingeskakel!
Groetnis
Suné
nms Maroela Media

Magdaleen Ferreira ·

Is die inflassie krediet koers ,ook deel van die begroting. Sien nie dat dit erens genoem word nie. Dankie.

JP Hugo ·

Ek wonder hoeveel van die onderwys begroting gaan net so vir infra-struktuur herbouing, wat verlede jaar afgebrand is.

Piet ·

Graag sou ek wil weet of Minsisters en almal in die Staatsdiens wat meer as 1.6 miljoen per jaar verdien ook superbelasting moet betaal. Of is hulle salarisse vrygestel van belasting ?
Daar is ook genoem dat vanaf 2018 daar moontlik BTW op petrol gehef gaan word. Ons kan maar begin om ons messe daarvoor te slyp. ‘n Baie groot deel van ons petrolprys is mos alreeds belasting. Gaan ons nou verwag word om belasting op belasting te moet betaal ? Die motoris was mos nog altyd maar die melkkoei. En sonder ‘n ryding kom jy in hierdie land nie klaar nie, dis ‘n absolute moet.

Kiepie ·

Piet, om j eerste vraagi te antw. Alle staatdiens personeel van n skoonmaker tot bo by n minister betaal belasting, daar is geen vrystelling nie vi enuge van hulle nie.

Kobus ·

Ampie…met hierdie donker geskilderde prentjie…bring jy my lag terug met jou kommentaar…maar gee vir Paul toe…hy werk n begroting tegnies tot op die sening en been uit

Zachrys ·

Ons moet vir ons self sorg, as jy toegang tot grond het bewerk dit en verkoop goeie produkte direk aan verbruiker. As jy dienste kan ruil vir wat ookal jou klient produseer of bied , doen dit. So maak ons, ons los van finansieële verliese aan belastings wat in elk geval misbruik word. Of ons koop kruger rande en gebruik dit as ruil-betaal middel deur rekening oop te maak by leweransiers . Koop direk by boere sluit middel man uit. Dis net my oplossing, dalk is ek net te onortodoks vir ons tyd -dan bied ek my verskoning aan. Maar Sterkte ek het reeds begin met bogenoemde en dit werk reeds vir my…

Jeanetta Taljaard ·

Dankie Zachrys, die enigte een wat ‘n oplossing probeer kry en nie net wil kerm nie. Ons is ook besig om onsself in ‘n posisie te kry waar ons van ons stukkie grond af kan leef. Wittes moet na hulself begin kyk, die regering gaan dit nie doen nie. As jy nie “fancy” huis en kar wil hê nie, kan jy lekker leef.

Gemsbok ·

Lees ek reg dat die staat se lopende uitgawes vanjaar 36% meer gaan wees as sy inkomste? En verder dat reeds meer as 15% van die staat se lopende inkomste gebruik sal moet word om rente te betaal op sy skuld (as ons die koers van 8.8% gebruik wat tans vir die 10-jaar staarseffek geld).

Vir my lyk dit of die land se ekonomie in ‘n spiraal van groter skuld en ‘n al groter deel van die inkomste wat na rente moet gaan vasgevang is.

Die enigste oplossing hiervoor is ekonomiese groei, maar dan kondig die minister maatreëls aan wat groei beperk en die land se joernaliste dink hy is ‘n held.

Amy ·

Ek geniet Paul se feite wat dinge bietjie in perspektief sit. Dis maklik om aan te neem, klippe te gooi en te kla….. Wel gedaan Paul! Ons het meer soos jy nodig.

m ·

Ja kyk hierdie is darem die land met die meeste toelae en die belastingbetaler betaal vir die party al die pad. Dis hoekom daar so aangeteel word want die kindertoelaag word misbruik.

willis ·

Ek stook my eie alkohol teen R15.00 per bottel… bring it on!

Chris ·

Ek weet nie hoekom is almal so opgeklits dat ons wittes beskuldig word dat ons die ekonomie beheer nie. Ek beskou dit as ‘n kompliment. Dit is inderdaad so. Gaan kyk na die suksesvolle medium en kleinsake sakeondernemings in die land. Dit is so n blanke beheer. Gaan kyk na die makro besighede en makro boere, almal wit. Ek sê, so wat daarvan. Dit is ‘n politiekery en die politici weet hulle moet die snert kwytraak om aan bewind te bly. Die begroting beindruk my glad nie. Dit is ‘n tipiese sosialistiese/populistiese aframmel by wie die geld gevat gaan word. Ek dink Maggie Thatcher het gesê, jy kan nie rykdom versprei om van die ryke te vat en vir die arme te gee nie.

Liana ·

Wat is oorlogsveterane toelaag?
Is dit die waarheid dat persone wat in die ou bedeling verpligte weermag opleiding moes deurmaak, nou daarvoor vergoed kan word/aansoek doen vir n toelaag? Hou dit verband met mekaar?
dankie :)

Aletta ·

Nee Liana, kyk Paul se verduideliking van die oorlogsveterane se toelaag hierbo. Slegs mense wat in die 2de Wêreldoorlog of die Koreanse oorlog (1950’s) geveg het, kom daarvoor in aanmerking. Daar is in totaal slegs 185 mans in SA oor wat daarvoor kwalifiseer. Dit is nie waar dat mense wat in die ou bedeling verpligte weermagopleiding ondergaan het daarvoor kwalifiseer nie.

andre ·

nee kyk nou moet ek maar plan maak en die land verlaat en n ander land gaan soek waar dinge beter is.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.