Begrotingsrede: ‘Beskerm die armes, belas die rykes’

spaarvarkie_geld.jpg

Argieffoto.

Terwyl die land asem ophou vir Tito Mboweni, minister van finansies, se eerste begrotingsrede vanmiddag het die vakbondfederasie Cosatu ʼn beroep op die minister gedoen om nie poste by staatsondernemings te sny nie.

“Ons soek duidelike omdraaiplanne vir die staatsentiteite wat nie sal veroorsaak dat duisende werknemers by die SAUK, SAL, SA Express, Denel, Prasa en Transnet sonder werk gaan sit nie,” het Cosatu in ʼn verklaring gesê.

Dit kom nadat die National Union of Mineworkers (NUM) verlede week gedreig het om in die komende verkiesing sy steun van die ANC te weerhou indien pres. Cyril Ramaphosa voortgaan met sy plan om Eskom te verdeel.

Cosatu het gesê hy besef die staat word deur ʼn fiskale krisis in die gesig gestaar, maar die fokus moet eerder daarop wees om verkwistende uitgawes en korrupsie hok te slaan, begrotings beter te bestuur en besteding te verhoog wat armes sal bevoordeel en ekonomiese groei sal aanwakker.

“Die regering moet geteikende besteding verhoog om die armes te beskerm en op te hef en noodsaaklike ekonomiese groei te stimuleer, terwyl hy terselfdertyd begin om die onvolhoubare vlakke van staatskuld te beperk en te verminder. Hierdie is ʼn saak van dringendheid en iets wat net gedoen kan word met sterk politieke wil.”

Cosatu meen munisipaliteite versuim gereeld om hul begrotings korrek te bestee en sê openbare geld word vermors op “nietige projekte”.

“Dit is onaanvaarbaar dat R12,5 miljard geallokeer word om vyf departementele hoofkantore en ons konsulaat in New York te bou. Dit is tyd dat ons regering leer om werkers se belastinggeld slim te bestee.”

Cosatu het ook aangevoer daar is ruimte om rykes se persoonlike belasting te verhoog sodat die tesourie die belastinglas op die werkersklas kan verlig.

“Hoewel Cosatu kennis neem van die beperkings rakende hoe hoë belastingskale verhoog kan word, glo ons die rykes betaal nie hul regverdige deel nie. Daar is ruimte om korporatiewe inkomstebelasting, persoonlike belasting vir mense wat meer as R1,5 miljoen per jaar verdien, erf- en boedelbelasting en invoerbelasting te verhoog om plaaslike industrieë en werksgeleenthede te beskerm.”

Analiste sê Mboweni loop op die randjie van die afgrond met dié voorverkiesing-begrotingsrede waar die grootste rooi vlag Eskom is wat op die rand van bankrotskap staan. Die markte en graderingsagentskappe sal met ʼn valkoog dophou hoe Mboweni beplan om die kragreus te red en of hy die nodige herstrukturering sal instel en die oortollige vet by dié maatskappy gaan sny.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

29 Kommentare

Kolle ·

Die rykes sluit die korrupte staat en regering diewe in. Gaan hulle ook meer betaal? Ek glo nie.

Belinda Erasmus ·

Almal moet belasting betaal, nie net die rykes nie. Hoekom moet diè wat baie hard werk vir hulle geld, al hoe meer weggee? Ons kry alreeds niks in ruil vir die belasting geld. Is dit nie tyd dat Cosatu en ander vakbond “leiers” op n kursus gestuur word waarin hulle geleer word hoe die ekonomie werk. Vakbondleiers stel eintlik net in hul eie sakke belang, glad nie die van die werkers nie.

Cherokee ·

Ag nee Belinda! Ek wou dit gesê het!
Ja, ek het onmiddelik daaraan gedink dat dit debatteerbaar is of dit regverdig is om een wat meer suksesvol te werk gaan, (en miskien harder werk) hoër te belas.

Anel ·

Dit is so die komunistiese beleid! Jy mag niks meer besit as jou buurman nie. Jy mag nie beloon word vir harde werk nie. Of jy nou werk en of jy nie werk nie, almal moet dieselfde kry.

Hendrik ·

Ja dis reg . Suig die wat die ekonomie aan die gang hou leeg en sien waar kry julle nog !!!!

Potlood ·

Vir my is dinge eenvoudig. Ek het R5 om te spandeer. As jy dit ook wil vat is jy welkom. Weet net dat die R5 die ekonomie anders sou stimuleer, so nou gaan iemand anders sy / haar werk verloor want my R5 (en soveel ander) is nie meer daar nie.
Dis steeds net R5 op die ou einde. Ek gaan nie meer verdien agv tax increases nie…
Hulle soek hulle broodjies orals gejam, sommer op die kante ook.

Johan H. ·

Cosato het teveel se.. se julle ons waar moet die geld vandaan kom
.. lyk my julle is net so stupid soos die vorige presedent,,,

Antoinette ·

Nou wat van my – ek is nie ryk nie maar ook nie arm nie. Net so middelklas? Daar gaan teenstand wees. Dink net hoe gaan die ou spul met hulle Rm+ salarisse belasting hoes …of dalk nie?

Hennie ·

Die Unies, wat in die bed is met die ANC idiote, gaan die hele ekonomie ineen laat stort. Die Unies dink hulle is in beheer en het die laaste sê, maar hulle het nie. Ek sou ook wou weet, as die Unie se inkomste sodanig verminder dat hulle self mense moet aflê, wie gaan daardie mense se regte en belange beskerm? Ek gee nie regtig om nie!

Gert van Wierdapark ·

Welvaarsbelasting is die antwoord, waar die superrykes, asook die “gewone” rykes met ritse eiendomme maar bietjie gemelk kan word. (belasting ontduiking). Verder sal ‘n belasting op politici ook goeie geld inbring vir al die ekstras wat hul gratis kry en die min wat hul daarvoer doen – dws’ n Parlementere Belasting. Daarmee saam kan Leefstyl-oudits van verdagte korruptes en korruptes reeds uitgewys gerus gedoen en aan die Groot Klok gehang word! Bv die vorige Ceo van Jan Taks en voormalige Tronkbaas, vriend Tom.

Arak ·

Pragtig Cosato, dit is tog julle manne wat julle so mooi ondersteun wat die land in hierdie toestand in “bestuur” het. Gelukkig gaan julle ook nie meer lank bestaan nie, want ons gaan binnerkot almal sonder werk sit.

Piet Pompies ·

Staatsamptenare moet hulle sokkies optrek en hulle werk doen waarvoor hulle aangestel is. My bestuurder lisensie is Aug 2018 hernu, het hom nou nog nie gekry, dit neem my 2 dae van telefoon oproepe na die diens sentrum net om te hoor dat hy nog in Pretoria is. Oproepe word net nie beantwoord, die telefoon lui net.
As hierdie mense net hulle werk doen sal die situasie rondom belasting verbeter.

Nettie ·

Hmmmm ……

Die “armes” moet ‘n slag leer om te WERK vir wat hulle wil/moet hê en nie heeldag en aldag op hul alies by die huise rond te lê terwyl hulle vir hul volgende SASSA-“pay day” wag nie.

En ja! vir verhoogde belastings aan die “rykes” (gelukkig val ek nie in dié kategorie nie) – maar onthou net, dit moet julle kaders wat hulself so lekker help aan die staatskasinkomste insluit – dit moenie net gemik wees op die “ryk” Afrikaanssprekende blanke persoon wat hárd wérk om te bereik wat hulle bereik nie.

Alida 2 ·

Nettie, met jou eerste stelling stem ek saam. Hande uit en werk.
Met jou tweede stelling stem ek nie saam nie. Hoekom moet die wat meer verdien so gestraf word? Hulle betaal reeds op ‘n glyskaal. Dit is die mense wat ook meer spandeer en die ekonomie aan die gang hou, op elke rand wat die rykes spandeer kry is daar reeds 15% BTW. vir die staatskas. As hulle belastingkoers nog verhoog word het hulle ook minder besteebare inkomste.

Sandra ·

Wanneer gaan die narsistiese, slu Gavin Watson gearresteer word?

Maggiie ·

Ek Wil net se ekt nie die Powerball geeen nie…. Dis nie ek nie ???

D B ·

Cosatu, julle lede is ten minste 50% verantwoordelik vir die swak ekonomie, so bly liewer stil, nog beter, VERDWYN!

Belas die rykes nog meer. Hulle gaan die laaste bietjie geld wat in die land is oorsee vat, so soos gewoonlik ‘n baie DOM idee!

Jack Sadie ·

Hoe word die rykes ryk? Deur te werk. Hoe word die werkers armer? Deur te staak. Dan is daar die politici……..

Wil weet ·

Wat word as ‘ryk’ beskou? Sekerlik iemand met ‘n inkomste van ten minste 3 miljoen plus ‘n jaar?

Jerry ·

As Mboweni maak soos die vakbonde se is daar probleme en as hy nie maak soos die vakbonde se nie, is daar ook probleme. Mboweni is dus in n “catch 22” situasie. Hoe dit ookal sy, wetsgehoorsame belastingbetalers het die spit afgebyt met staatskaping en wetsgehoorsame belastingbetalers gaan die spit afbyt in die begroting en vir solank n sosialistiese staat regeer sal die gewone hardwerkende burgery se bloed aangehou tap word, totdat daar uiteindelik niks oor is nie. Onder Zuma was die NDR plan van die ANC om die ANC elite en revolusionere strukture te verryk en te versterk ten koste van wetsgehoorsame belastingbetalers, binnelandse beleggers en buitelandse investering. Onder CR is die NDR plan van die ANC om die ANC elite en revolusionere strukture verder te verryk en te versterk ten koste van wetsgehoorsame belastingbetalers, binnelandse beleggers en buitelandse investering. Deur nie die geldkraan na die staat vir staatbeheerde entiteite toe te draai nie en die staat nie te dwing om te privatiseer nie, raak die ANC staat en revolusionere strukture ryker en sterker en die res armer en swakker! Sosialisme is SA se voorland as wetsgehoorsame burgers nie opstaan en saamstaan om druk uit te oefen om staatsbeheerde entiteite te privatiseer omrede die NDR prosesse tot selfverryking n proses is wat homself herhaal met miljoene revolusioneres wat nog in die ry staan en ook hul kans afwag om te kan plunder totdat niks uiteindelik oor is om te plunder nie!

Jaco ·

Great idiee! Oorbelas die mense wat werk skep en die ekonomie aan die gang probeer hou, jaag hulle weg en kyk dan waar sit julle! Ons is almal keelvol keelvol keelvol!! Ek dink lande soos Kanada of Austarlie sal mense wat eerlik en hard werk vir hul geld meer waardeer. Ek sê die heletyd vir myself, dalk sal dinge beter raak, gee dit net nog so paar maande kans, (ek dink meeste van ons doen) maar nee wat! Ek is op die punt van op pak en te trek na die buiteland….dan kan my gewese werkers maar vir die ANC gaan vrae vir kos of teen daardie tyd grond om te eet…

Adrian ·

Laat alle ANC kaders plaaslike anc beheerde stadsrade parlementeers en comrades superbelasting betaal vir wat hul gedoen het asook ondersteun het, die kaders het die land op sy kniee gebring so … pay back time

DWS ·

Iemand moet vir Filamon help:
met sy 10 kinders en die lekker “Social grants”:
2 * kleintjies wat nog tuis is
2 * 18 jarige Graad 8’s
1 * 20 jarige Graad 11
1 * 24 jariges wat hul graag verniet homself by Tukkies wil verbeter
4 * tiener dogters wat reeds werk het aan hulle “Social grant” toekoms

Iemand moet tog betaal op die ou end!
Wat is 40% in elk geval tussen vrinne?
Dis nie asof ons al lankal self betaal vir:
Medies
Skole
Sekuriteit
Tolgelde
en nog vele meer waarvoor belasting eintlik voor moet sorg…….

Noddy ·

Ek stem saam met Hennie. ’n Paar jaar terug het die petroljoggies ’n onbeskermde staking gehad. Vir 3 weke het hulle Unie se manne saam met die personeel buite gestaan en vlae geswaai, kryg liedere gesing en gekyk hoe pensionarisse en studente help om kliënte se motors vol te maak.
Drie weke later, nadat hulle ’n ooreenkoms bereik het van ’n 5% verhoging, spring die Unie manne in hulle BMW’s en word hulle onder groot gejuig afgesien. Die joggies sal 2 jaar moet werk om hulle verlore lone vir die 3 weke se onbeskermde staking in te haal. Die volgende oggend staan die eienaar se kantoor donker met joggies wat nou wil geld leen, want die kos kaste is leeg en die krag is af.

Snowflake ·

Vakbonde regeer en beheer , wat hulle se en doen is wet!!! M.a.w als is chaos , want hulle create die chaos!!

Dries Moolman ·

Oorbevolking!!! Daar moet ‘n slag ordentlik gekyk word na gesinsbeplanning, dan sal daar minder mense wees wat werkloos is NIE belasting betaal en net parasiteer op ‘grants’. Die poel van belastingbetalers teenoor die grant-ontvangers raak al hoe kleiner. Word wakker!!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.