Begrotingsrede: Dít gaan jou sak tref

Tito Mboweni, minister van finansies, lewer die 2019-begrotingsrede [20 Februarie 2019]. (Foto: Elmond Jiyane, GCIS)

Tito Mboweni, minister van finansies, het Woensdag in sy begrotingsrede gesê die belasting wat in die komende boekjaar ingevorder gaan word, sal miljarde rande minder wees as waarop daar in Oktober verlede jaar gehoop is.

Mboweni het in Oktober 2018 tydens die mediumtermynbegrotingsrede beraam dat die 2018-’19-belastinginkomste R1,3 biljoen (trillion) sal wees, met besteding op R1,5 biljoen (trillion). Die verwagting was dus dat daar ʼn tekort van R215 miljard sou wees. Die verwagte ekonomiese groei vir 2018 was 0,7%.

“Maar baie van die risiko’s waaroor ons gewaarsku het, het ʼn werklikheid geword,” het Mboweni gesê. “Ons verwag nou ʼn stadiger maar steeds stabiele herstel ná 2018 se tegniese resessie. Die verwagting is nou dat die ware BBP-groei in 2019 sal styg tot 1,5% en matig sal verstewig tot 2,1% in 2021.”

Die minister het gesê Suid-Afrika word beïnvloed deur die stand van die wêreldekonomie en makro-ekonomiese toestande het bygedra tot swakker ekonomiese verwagtinge.

Volgens Mboweni is belastinginkomste afwaarts aangepas met R15,4 miljard sedert die mini-begrotingsrede. In 2019-’20 sal bykomende belastingmaatreëls ingestel word. “Daar sal ʼn effense opwaartse aanpassing van die belastingvrye perk vir persoonlike belasting wees, en geen verandering in die huidige persoonlike inkomstebelastingperke nie. Saam sal dit R12,8 miljard invorder,” het hy gesê.

Alkoholverbruikers en rokers sal soos gewoonlik in die komende boekjaar meer vir dié plesiertjies opdok met aksynsbelasting wat verhoog sal word.

Goeie nuus is dat die regering saam met die Onafhanklike Kommunikasie-owerheid van Suid-Afrika (Okosa) wil werk om spektrum te lisensieer en sodoende te verseker dat die koste van data afgebring word. Die regering sal in dié verband vir Okosa die nodige hulpbronne gee om die mandaat uit te voer.

Soos gewoonlik sal maatskaplike toelae ook in die nuwe boekjaar verhoog. Ouderdomstoelae, gestremdheidstoelae en versorgingstoelae sal met R80 verhoog. Pleegsorgtoelae verhoog met R40 tot R1 000. Kindertoelae sal in April verhoog word tot R420 en in Oktober tot R430. Altesaam R567 miljard is toegewys vir die betaling van maatskaplike toelae.

Die algemene brandstofheffing gaan met 15c per liter toeneem en die padongelukkefondsheffing met 5c. Die algemene brandstofheffing verhoog tot R3,52 per liter petrol en R3,37 per liter diesel. Die padongelukkefondsheffing verhoog tot R1,98 per liter vir petrol én diesel. Die heffingtoenames sal op 3 April in werking tree.

Koolstofbelasting op brandstof van 9c per liter op petrol en 10c per liter op diesel sal op 6 Junie in werking tree.

Waar kom die geld vandaan en hoe word dit bestee?

Hoe beïnvloed die verandering in persoonlike inkomstebelasting jou?

Die belastingskale vir 2019/20

Toename in belasting op alkohol en tabak (sondebelasting)

Verhoging in maatskaplike toelaes

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

38 Kommentare

John ·

Vrede en veiligheid? Verwag die ANC ‘n inval deur ruimtewesens… of het die cannabiswetgewing dit genoodsaak.

Ramkat ·

Wonder of hulle begroot het vir korrupsie. Die motoriste ly alweer die meeste.

Judge Dredd ·

Vir die pensioenarisse wat ingeloop word. bv Transnet – ja ek voel jammer vir hulle.
Vir die pensioenarisse wat nie vir hul oudag gesorg het of hulle pakket uitgemors het – tough luck.

Sandra ·

Om nie van die armes te praat nie, Ek weet nie wat gaan word van diegene wat nie ‘n pensioen het om van te lewe nie, want die SASSA toelaag is nie eers ‘n tip nie. Jy kan nie eers jou maand se aankope daarmee doen nie, wat nog van lewe? Ek praat nie eers van die petrol nie. Ek sal regtig nou ‘n poegie moet aanskaf.

Louis ·

Dit is n skande dat die pensionarisse so min kry, waar gaan jy die geld kry om n poegie aan te skaf? Die pensioen moet soos die minimum salaris van R3000.00 per maand betaal word.

Ger ·

Great !!! Ek werk vir belasting en net om my die werk uit te kom..

Ruiklont ·

Werk vir ‘n korrupte regering, hard verdiende geld word aangewend om die gate wat gemaak is deur korrupsie te vul. Die dienste wat ontvang word vir die belasting betaal is pateties. Vir die jong mense bied n eerste wêreld land, waar waarde vir belasting ontvang word, ń beter uitkoms .

willem Botha ·

Het sa nog polisie ,in die dorp waar ek bly hoor mens net van hulle maar sien hulle nooit

zoom zoom ·

Dankie aan aal wat weereens bydra om eskom te help. Môre bestel ek solank vir my ‘n nuwe Porsche mwt die bonus wat ek gaan kry vir al my harde werk. Dankie Tito

Hendrik ·

Soos suurpap. Stook eerder jou eie mampoer :-) Ek wonder of mampoer ook vrygestel is, dis mos ook tradisioneel? Of diskrimineer hulle al weer teen ons wittes?

Kannimeer ·

Het die komp ʼn idee wat die verskil tussen miljoen, biljoen en triljoen is? Miljoen het 6 nulle, biljoen het 9 nulle en triljoen het 12 nulle. Maar seker tel ʼn nul nie. So, is ons biljoene in die rooi of triljoene. Want dis ʼn duisend maal meer.!

Werner ·

Baie Europese tale het n miljard ook. Soos Afrikaans
1 000 000 Miljoen (million)
1 000 000 000 Miljard (billion)
1 000 000 000 000 Biljoen (trillion)

Dalla ·

Wonder met hoeveel gaan die Regering se salarisse en bonus op.

Soos gesegte sê : n goeie Pres kyk eerste na sy mense, maar in SA se geval eerste na hulle eie sakke.

Eddie ·

As dit nie ‘n verkiesingsjaar was nie sou dit nog erger gewees het ,byt op jou tande vir volgende jaar !!

Penellope Jones ·

Wat presies word bedoel met “vrede en veiligheid” . . . . . .

Ours can dae ·

Die ou menses kan beswaarlik uit kom met wat hulle kry wat gaan R80 maak!

willie ·

Gaan hulle verligting gee, met werklike optrede teen onwettige verbruikers , vir die biljoene rande krag wat onwettig getap word sonder beheerde stelsels, waarvoor ons nou moet opdok,of gaan dit nie verder ondersoek word en afgeskryf word, verpligte belasting betaler sal mos betaal.

Ruiklont ·

Nee die onwettige gebruikers is hul stembasis. Die onwettige gebruik van elektiseteit sal nie hokgeslaan word nie

Bekommerd ·

Sjoe, gee geensins om om die armes te help nie, maar die hoeveelheid van Ons land wat daar an afhanklik is is kommerwekkend.

Staak saam ·

Kom ons vergelyk so bietjie:

Duidelik die blanke oumens wat n staatspensioen ontvan het nie sy eie eiendom nie, hy moet huur. As twee blanke bejaardis n kamer kan huur vi n R1000 dan sal hulle ook n minsupale rekening he wat +- R2000 sal wees.

Nou kan ons maar na n bejaarde paartjie gaan loer in Soweto waar niemand vir krag of dienste betaal nie, hierdie paartjie huur ook nie want hulle het n RDP huisie, hulle pensioene gaan net so vir voedsel en noodsaaklikhede.

Die blanke paartjie eet egter dogmore en geblikte kat kos.

Ons ou mense verdien meer as dit, R80?! Ek wonder wanneer Tito laas iets gekoop het wat R80 kos?

Adam ·

Ek hou van die formaat van julle uiteensetting van die impak van die begroting. Welgedaan en dankie MM.

Selfbeskikking ·

Dis ons eie skuld dat ons so doodgemelk word, want ons onderhandel nie vir selfbeskikking nie.

Hanna Hoekom ·

Vrede en veiligheid? In Afrika? Nee wat, die man rook seker boom (dis nou wettig) wanneer hy vrede, veiligheid EN Afrika in een sin noem. Onmoontlik.

Rudolph van Wyk ·

Verlaag die belasting op drank en sigarette. Plaas belasting op vleis, suiwel, vis en pluimvee. Hoekom? Rokers en swaar drinkers benadeel net hulself. As ek diereprodukte gebruik word diere mishandel, die omgewing word besoedel en my gesondheid word benadeel

Jacques Coetzee ·

Nee wat.Dit is tyd om Hellen Zille se Belasting revolusie ten volle te ondersteun.

Hendrik UAE ·

Ek kyk so na daardie persoonlike belasting en dit is darem M….baie om weg te gee sodat n fat cat kan rondrits in weelde ,petrol en alle ander uitgawes betaal.

Jacques ·

Die regering skree vinnig minimum loon , wat van die ou mense se toelae ? Hoekom is die minimum loon nie daar van toepassing nie ? Seker omdat dit witmense ook insliut ??
Wonder maar net . Vir die res van die witmense , moet daar vir die meerderheid gesorg word ,want hulle is te sleg om te werk . Brand en breek eerder af en “demand” is al wat hulle kan doen .

Dienspligtige ·

Waarom kry die ou MK lede n toelaag , maar al die dienspligtiges wat ook in die oorlog(struggle) geveg het niks nie ?

wonder ·

Ek dink regtig hulle moet die bejaardes te toelaat meer verhoog en minder aan staats amptenare spandeur. Die oumensies wat nie kinders het nie moet met R1800. tevrede wees en verblyf by n ordentelike ouetehuis is meer as R4000. per maand hoe moet hulle lewe? Hulle moet die mense wat 5 en meer kinders het wat toelae kry verminder, want die mense maak net kinders vir meer toelae???

Martien ·

Hahahaha…. Jul is reg. Die publiek Se sak GAAN geskud word Vir die drinkers en rokers en Ek lag my dood wAnt Ek spaar want Ek rook Nie en Ek drink Nie……

Ray ·

Weet nie of jy nog so lekker gaan lag as daar minder mense rook en drink nie, want dan gaan al die 0000000000’s wat hulle verhaal van hierdie belasting by jou verhaal word

JM ·

Die verhooging van toelae word gevat met die verhooging in belasting, so jy verloor al die pad. Tipies regerings beleid. Gee jou tien rand en vat dan twintig terug.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.