Behandelingspakkette vir verkragtingslagoffers eindelik op pad

Argieffoto

Behandelingspakkette vir verkragtingslagoffers is ná baie jare van oponthoud en vertragings uiteindelik op pad na alle polisiestasies nadat ‘n toepaslike tender vir die verskaffing daarvan onderteken is.

Genl. Bheki Cele, minister van polisie, het geantwoord op ‘n parlementêre vraag deur Andrew Whitfield, die DA-LP wat nou al geruime tyd ʼn veldtog voer ten behoewe van beter behandeling van verkragtingslagoffers deur die polisie.

Die rede vir die vertraging met die lewering van die behandelingspakkette die afgelope drie jaar was volgens Cele dat tenders vir die verskaffing van die pakkette gepubliseer is, maar dat geeneen van die tenderaars aan die tendervereistes kon voldoen nie, sodat daar redelik gemeng en gepas moes word om die pakkette van verskillende leweransiers af saamgestel te kry – wat uiteraard nie ‘n optimum-situasie was nie.

Daar is verskillende behandelingspakkette. Onder meer verskil die behandeling van volwasse slagoffers van die behandeling van kinderslagoffers, en ook van beskuldigdes.
Vanjaar het ‘n maatskappy wat aan al die vereistes voldoen, uiteindelik vir die kontrak getender, te wete Acino Forensic.

Die waarde van die driejaarkontrak beloop altesaam R498 miljoen.

Cele het nie ‘n presiese aanduiding gegee van wanneer elke polisiestasie in die land behandelingspakkette sal hê nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Devil ·

Ek verbeel my die regering het al verlede jaar die versekering gegee dat alle polisiestatsie ALREEDS oor die pakkette beskik?

Astrain ·

Korrupsie, tenderbedrog kan ek waarborg is alweer hier betrokke…

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.