‘Beheerde brand’ langs Tuinroete ruk handuit  

Die vlamme het enkele informele strukture in die Skerpkoppies-omgewing beskadig. (Foto: Verskaf)

Nooddienswerkers en boere het Maandag gespook om vlamme langs die N2 in die omgewing van Stilbaai te blus nadat ʼn gekontroleerde brand buite beheer geraak het.

Die vlamme het enkele informele strukture in die Skerpkoppies-omgewing beskadig, hoewel die totale omvang van skade nie in dié stadium duidelik is nie. Niemand is tydens die voorval beseer nie.

Marlene Nqumse, woordvoerder van die Garden Route-distriksmunisipaliteit, sê die brand was teen Dinsdag heeltemal onder beheer.

Die vlamme het enkele informele strukture in die Skerpkoppies-omgewing beskadig. (Foto: Verskaf)

“Die wind het beduidend bedaar en koeler lug het gehelp om die verbrande gebied af te koel. Mistige toestande wat Dinsdag omstreeks 03:00 ontstaan het, het ook gehelp.”

Nooddienswerkers van die munisipaliteit en brandbestryders van Working on Fire was Dinsdag steeds op die toneel om toe te sien dat gedeeltes wat steeds effens brand of moontlik weer kan opvlam, geblus word.

“Die gebied sal na verwagting later vandag [Dinsdag] weer veilig verklaar te word,” sê Nqumse.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.