
(Foto: Jean-Christophe Verhaegen/AFP)
Die Suid-Afrikaanse Reguleringsowerheid vir Gesondheidsprodukte (Sahpra) het Woensdag aangekondig dat hy ʼn “beheerde toegangsprogram om menslikheidsredes” vir die gebruik van ivermektien deur mense – vir die gebruik by Covid-19-pasiënte – gaan toelaat.
Daar was die afgelope paar weke toenemend oproepe van nie net gewone burgers nie, maar ook van talle mediese praktisyns desperaat vir ʼn manier om hul Covid-19-pasiënte te help, dat die gebruik van ivermektien toegelaat word.
Sahpra het tot dusver gesê daar is bloot nie genoeg studies en data beskikbaar om die gebruik daarvan vir die behandeling van Covid-19 te regverdig nie. Ivermektien was boonop nie geregistreer vir menslike gebruik in Suid-Afrika nie.
Dr. Boitumelo Semete-Makokotlela, uitvoerende hoof van Sahpra, sê die reguleringsowerheid is deeglik bewus van die tweede vlaag infeksies wat Suid-Afrika in die gesig staar en dat daar beperkte behandelingsopsies beskikbaar is.
Sy sê meer omvattende besonderhede oor die program sal binne die volgende paar dae bekend gemaak word.
Hou Maroela Media dop vir meer inligting.
O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.
30 Kommentare
“Beheerde” beteken seker net “for our people”
Mooi as dit werk gaan ander lande miljoene rande verloor.Dankie vir die wat bygedra het.
In ander lande is dit wel goed gekeur. Dis net SA wat die agter osse is. Siestog.
Dit is tragies om die gebrek aan oordeelsvermoeë by die spul te sien. Die een wil meer korrup wees as die ander.
Hier kom dit nou mense, die wondermiddel waaroor sommiges so gaande was. Ek gaan hierdie resultate met ‘n valkoog dophou, ek hoop dit voldoen aan die voorafgaande “hype”.